Dit was daar Ń knal in die nag Skerper as die dop-klank Van dinamiet in dolomiet En gevaarliker as klapperskiet; Die knal in die nag...
"Dit was daar op stemdag " , sê ek. Dit was... ekt gehoor! Skiet ek my siel uit Teen die leë gehoor
"Dankie my bokkie" ,Met x'e gekys Help nie my hart nie X'e is ook maar ń tipe kruis Ñ tipe graf in afwag Ń tipe nood, ń stille dood.
Dan tref die waarheid my hard Soos ń gewyde plathand Van ń skietman of ń doodsman Dis jou land , dis díe land Hoekom nou skielik bang?
Ekt dit gehoor, ekt dit gehoor Ek sweer op die graf Van die gesneuwelde stem. Maar nou kom noem- Moet ek erken...
Ek vrees die geweerskoot Meer as die galg Wat stil is soos slange Wat my wurg en my walg. Ek is banger vir die knal Wat die hele buurt vang As die halfpad val En heeltyd hang Soos kleintyd speeltyd Van rodswaai en my lyfie Aan toue op hang.
Wats ñ geweerskoot nou Teen die monsters van binne Wat klou om te hou.
Raak rustig , haal asem , toe nou bedaar. Jy weet mos jou denke Was maar nog altyd Jou grootste gevaar.
- wanneer geweerskote in kopskote verander... Raak die wêreld donker