Haar hoekkantoor In elke straat Elke gulsige kliënt Ń vark, n vraat Besig om haar naam te maak Die vrou van dir nag En haar eenmansaak
In die oggend skrop Sy , staalwol Skuur glad Teen haar tenger Figuur maar blou Passie versier en Versuur haar wese
Dis nie moord nie Dis nie dood nie Dis glad die reg nie Dis sonde , ellende Haar bedoelings Was nooit sleg nie
Haar troos is min Haar teespoed swaar Haar siel verkoop sy Vir ń appel en ń ui Want wie kan ń prys Op die liefde sit
Sy tel haar winste In trane en seer Die geld is ń bonus Het sy beweer, Want die vrou van Die nag, kort ook ń soen Sy werk vir liefde En tot die oordeelsdag Sal sy dit bly doen...