Die arendgod was reeds verswelg Agter sleepvoet trapsietjies Wat met motreen sy voetspoor laat
Menigte kleure het deurmekaar gedreun Om hul water afhantlikes met 'n bulderende Brander van stemme te dra
En die skerts wat dans oor hulle skouers Dan af traan om met hulle verwante menigte te vereenselwig
Die gedreun van stemme bereik 'n stilte vol antisipasie Die bekoordes vind hul ligging ... Op hul merke... Gebore vir die oomblik... Kneukels raak wit van koue en klou... Iewers flits 'n meganiese weerligstraal... En ons swem rugslag in die sproeireen