In die asemdroogtes van die nag Word ek gebombardeer deur die warrelwinde van my ongesproke woorde Wat ten laaste my hart van dolomiet versag
Skrapnel vlieg rond in die inner ruimtes van my gesonder verstand In die geweldadige debat tussen die skynbare sinneloosheid van die Woord En die gevoel van jou hand in myne
In geheim bou ek ń koningryk van lugkastele Waarin jou beeld in elke kamer pronk. Maar selfs díe verdwyn in die wasige misgordyn van dade Waarvoor ek self nog swyg