Ek druk my hart onder die kussing en tel tot tien... Honderd... Duisend... Maar dit bly ritmies klop Onder my koue palms
Ek berΓͺ my asem in die verlede Waar dit vermoedelik buite jou bereik was ...maar ek het jou vermoeΓ«ns onderskat En nou krioel my binneste met jou teenwoordigheid
Ek gooi my blik na die vloeibare goud van die Vrystaatse vlaktes , maar jy het my reeds in jou fissier vasgeknoop
En nou openbaar ek my psalms vir die wereld om te lees , maar hoop jy verstaan... Ek hoop jy verstaan