Vat ń slukkie verdriet En ontnugter jou verstand Tot dit niks meer As net ń spookdorp is Wat tolbos oor Jou silwerdoek-lewe nie
Jy voed op energie , maar in ń moeë wêreld Teer jy jouself uit Totdat honger straatkinders Jou ribbes speel soos marimbas Vir net ń laaste trek.
Dalk is vandag Net een van dáárdie dae , waar jy my sou red En jou skouers my vertroosting sou wees- Jou lippe my spiersalf Vir ń hart wat seer geklop is.
Een van daardie dae , maar jy is nog een van Dáárdie mense...