Ek babbel , babbel Soos ń water wat kabbel Teen klippies in ń stroom En oorstroom ons gesprekke Met feite en ekke besproei jou Met druppels van my droom
My waarheid syfer Deur groewe beywer Om my insig met jou te deel Maar deur fyn persepsie Sien hul die infeksie Van ń mens Wat my hart kon steel