Die môre groet jou met ń nat soen En ontplooi haar goue gloed Oor jou fynbos en Olifants-oor Die wind ween oor die rykdom Wat jy deur jare van sweet en bloed, vir jouself terug geëis het , maar streel deur jou grashalms Met die harmonie van hoop wat deur jou are pols... Pols, wanneer 4x4 en ossewa spoor oorkruis!
Hier timmer jy aan my - lê die hoeksteen van ń graniet gebou