Alleen staan ek in die gang Onsigbaar vir die om my My woorde het geen krag Soos ‘n warrelwind is dit gou verby.
Maar die bome ritsel nie eers nie, Die wind verroer nie ‘n blaar. Die warrelwind keer terug na my Om saam met die ander op te gaar.
Hierdie woorde-winde binne my, Worstel in my siel, Dit deurdrenk enige gevoel van samesyn, Soos ‘n slak onder ‘n trok se wiel..
Splat, Squish Eeeuw, gross!
Lê my lewe op die steen
Sies, Ga Ag nee a man
Spoel dit weg saam met die reën.
Wie sal die woorde wil hê? Wie sal die warrelwind kan verstaan? My soektog is nog lank nie verby nie, Maar vir nou berus ek myself op papier en by die Maan.