Jy moet daardie swart hond binne jou beveg
Voordat hy oorneem
Staan teen hom op en wys vir hom wie is baas
Maar hy kan so oordonderend blaf sê jy
Met tye maak hy jou eie stem stil
Hy lieg baie vir jou
Vertel jou dinge wat jy vrees
Hy speel op jou gevoelens
Hy ken jou swakhede
Hy byt waar dit die seerste maak
Maak stil daardie verdomde hond
Jy gee hom te veel kos
Hy teer op jou gedagtes
Hy's deel van jou
Jy wil ontsnap
Maar net waar jy gaan
Daar is hy ook
Soos 'n skaduwee wat volg
Jou enigste wapen is jou gedagtes
Di's al wat jy het om hom te oorwin
Verander jou gedagtes
Verander hoe jy dink
Verander dit nou
26-Sept-2024
Sean Achilleos