Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
1d
Jy moet daardie swart hond binne jou beveg
Voordat hy oorneem
Staan teen hom op en wys vir hom wie is baas
Maar hy kan so oordonderend blaf sê jy
Met tye maak hy jou eie stem stil
Hy lieg baie vir jou
Vertel jou dinge wat jy vrees
Hy speel op jou gevoelens
Hy ken jou swakhede
Hy byt waar dit die seerste maak
Maak stil daardie verdomde hond
Jy gee hom te veel kos  
Hy teer op jou gedagtes
Hy's deel van jou
Jy wil ontsnap
Maar net waar jy gaan
Daar is hy ook
Soos 'n skaduwee wat volg
Jou enigste wapen is jou gedagtes
Di's al wat jy het om hom te oorwin
Verander jou gedagtes
Verander *** jy ****
Verander dit nou

26-Sept-2024
Sean Achilleos
https://g.co/kgs/5W1Wq5k
Sean Achilleos
Written by
Sean Achilleos  50/M/Southern Africa
(50/M/Southern Africa)   
23
 
Please log in to view and add comments on poems