Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Jun 2021
Hier is ek, vyf en vyftig jaar oud, met geen antwoord
hoekom is ek hier en waarheen gaan ek na die dood
wat het my lewe nou eindelik beteken;
en wie is bevoeg om daai som te bereken?
is daar n hel en n hemel, reinkarnasie of nirvana
al die interaksie, die gesukkel, die daaglikse drama
christen, moslem, boedhis, ateis of jood
almal soek iets om aan te roep in hul nood
wie is reg en wie is verkeerd; hoekom weet ons so min
duisende gedagtes, geen tyd om die rede te ontgin
soms huiwer die antwoord vir n oomblik waar my diepste gedagtes woon
en net voor ek dit kan aangryp en verstaan vervaag dit soos in n droom
en los my met niks, die eindelose sirkel, om en om
en die dooies is stom
Written by
Corna Badenhorst
147
 
Please log in to view and add comments on poems