Eina! Die prikkel van n naald Gif vloei soos water in my lewens-strome Val my liggaam aan met geweld Die skeur en afbreek van my drome Elkeen voel ek Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld
Dis die knop wat als begin het, nee Die trek van n kanker stokkie Die waarskuwing op die boksie gee mee My lus kon ek nie meer hou nie
'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn' **** ek soos die rook diep in my longe verdwyn
***** is my voorland Ek kan lankal nie meer op my bene staan My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan
Ek is skaam, so so skaam Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil
O dood, ou vriend Vir my kan jy maar kom haal Ek wag al maande vir jou, Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal
Hy was erger, soveel erger as ek Sy are het al begin kraak Na Elke inspuiting, of behandeling Het hy op alles gebraak
Ek is amper daar, ek voel dit aan my Een van die dae is ek ook aan die dood se sy