Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Apr 2017
Jy
Waar is jy vanaand?
Waar kom hierdie emosie vandaan so onbeskaamd?

Waarom kan ek jou nie vergeet nie?
Waarom kan ek jou teenwoordigheid nie breek nie?
Waarom hou jy my drome gevange?
Waarom bring jou oƫ die hunkering in my verlange?

Ek het aangegaan, ek het vergewe
Ek het ophou wonder en begin lewe
Ek wens ek kan jou ophou soek
Ek wens ek kan ontslae raak van die vloek

Ek verlang na jou lag, jou mond en gevlekte tande
Ek verlang na jou reuk, jou stap en jou mooiste hande
Ek verlang na jou arms, jou drukkies en stywe spiere
Ek verlang na jou lyf, jou vashou en jou oulike maniere

Dalk sal dit eendag weggaan
Dalk kan ek my hart weer verloor onder die maan
Tanya
Written by
Tanya  31/F
(31/F)   
234
 
Please log in to view and add comments on poems