My vingers jeuk om iets te skryf My hart bloei storms Maar my vingers jeuk My gemoed eb en vloei Maar my vingers jeuk om iets te skryf My siel hammer verwoed teen my ribbekas En my vingers jeuk om te skryf
My pen hunker om te vloek Die swart ink wil die wit vel breek en skree My polse wil huil My longe wil verteer En my nek wil omhels word met n tou Maar my vingers jeuk om te skryf
Ék kan nie díe jeuk krap nie. Dít klou aan mý wese En dít krap mý verstand En ek bloei waansin En ek wil skree vir die maan En ek wil vloek tenoor die son.
My vingers jeuk on te skryf En ek gee in tot die demoon Wat honger na n stem.
Iewers sal my woorde weer N lee papier vind... En dan kan ek sy lastergille tem.