Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Dec 2014
Die studies van vraagtekens
wat ons koppe krap
en klont lont laat brand
opsoek na ellipse en vonke spat.

Die wetenskap wat vrae vra
soos die jonges van dae
wat nie einlik wil weet nie
- wat nie die honger vir wonder wil heet nie
-wat uitroep tekens wil uitroep in n vraag
en hoop dat die tronke sal voller word
, want hulle weet n lee kerk is n gebou
en geloof is net te vinde binne jou!

Ek blyk n kenner te wees,
want *** maklik verdwaal ek nie
in n woud van waaroms nie?

As die donker van n liefdelose dag om jou toevou
en jy versekering soek vir jou troesou
van blindstaar en wangdraai,
begin jy jouself toesnou
met vrae soos spieelkrake en lemsnye
ontdek jy die pseuodo metafisika van die siel.
Ek, verkul n wetenskap op my eie.
Pieter Andries Christiaan
Written by
Pieter Andries Christiaan  Bloemfontein
(Bloemfontein)   
1.1k
 
Please log in to view and add comments on poems