Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"vlaktes" poems
Jare van hartseer, jare van pyn. Eendag sal dit verdwyn en die lewe sal wees ja, makliker om te leef. Dag vir dag stap ons deur die woude van gedagtes en *** ons dan herrinder word deur die vlaktes van daai gedagtes. Dan onthou ons die goeie ou dae van vreugde en menigte liefde en so verander ons dag na dag ons lewens van hartseer vlaktes na wonderlike gedagtes. 2016/01/05
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:52 AM UTC
Vlaktes van gedagtes...
Ek druk my hart onder die kussing en tel tot tien... Honderd... Duisend... Maar dit bly ritmies klop Onder my koue palms Ek berê my asem in die verlede Waar dit vermoedelik buite jou bereik was ...maar ek het jou vermoeëns onderskat En nou krioel my binneste met jou teenwoordigheid Ek gooi my blik na die vloeibare goud van die Vrystaatse vlaktes , maar jy het my reeds in jou fissier vasgeknoop En nou openbaar ek my psalms vir die wereld om te lees , maar hoop jy verstaan... Ek hoop jy verstaan
0
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:56 PM UTC
Lipbyt liedjie
Die velde en berge le honderde myle ver, oop tot by die horison. Al wat ek sien is gras, klippe en bome, en drome van n lewe so vry ver in die valley, groen van reen en geen besoedeling van die besige lewe so ewe of dit al is wat ons het… Die vlaktes bring my gedagtes na n rustigheid. Ek kan ver sien so asof ek my lewe kan sien, die rustigheid wat dit verdien. Ek sien die klein dingetjies raak soos die veldblomme wat blom met n glimlag dag na dag, n lady bug op die tak, die springkaan op die blaar, die miere wat trots hulle kos by mekaar maak vir swaar dae. Doudruppels vroeg oggend net so na die sonsopkoms… Dan voel ek dankbaar, dankbaar vir n lewe wat gegee is sonder vrae Danbaarheid vir n Skepper van mens en natuur. 2016/01/24
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:40 AM UTC
Die velde...
Ek raak van tyd tot tyd verlore in die vlaktes van my verbeelding op 'n eindelose reiktog na die goue uitloopsels van more , ander kere skuil ek in die klowe en trek my toe in n berg kombers... daar kan ek skree - en huil -en lag. Daar kan ek die eie self in n lastergil uitlok en wag vir die koue kras kranse om dit terug te werp in my ope arms. My verbeeldingshuis le in die kranse... my drome rol in oor die see se soutwater golwe... en ek, ek le iewers in die middel van perfekte harmonie en absolute chaos. Ek . droom . eindeloos...
0
Nov 7, 2014
Nov 7, 2014 at 4:42 PM UTC
Legio dromer
Ek druk my hart onder die kussing en tel tot tien... Honderd... Duisend... Maar dit bly ritmies klop Onder my koue palms Ek berê my asem in die verlede Waar dit vermoedelik buite jou bereik was ...maar ek het jou vermoeëns onderskat En nou krioel my binneste met jou teenwoordigheid Ek gooi my blik na die vloeibare goud van die Vrystaatse vlaktes , maar jy het my reeds in jou fissier vasgeknoop En nou openbaar ek my psalms vir die wereld om te lees , maar hoop jy verstaan... Ek hoop jy verstaan
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:12 PM UTC
Projeksie teen die spieël