"verlore" poems
Terwyl jy hom ignoreer,
Trek iemand anders sy aandag.
Die liefde val weg.
Die hartseer raak minder.
Gevoel van alleen wees is nie meer sleg.
Ja jy voel beter,
Maar ook maak dit seerder.
Jy verloor hom.
Hy verloor jou.
Se my, waar is dit wat gebou was?
Of was dit ook net n las?
Ek weet, jy weet nie wat ek se nie,
Maar nou hoef ek nie weer by jou aan te le nie.
Oct 22, 2014
Oct 22, 2014 at 3:43 PM UTC
Jou intrieke detail
En fokus, riem deur
Jou werk soos are...
En ontmitologiseer die
Twyfel rondom ń
Onbetwyfelde meesterstuk...
Jou woorde is die huid
Van ń poëtiese mens
Wat sy stem verhef
Oor die onbenullighede
Wat my begaan , en
My fyn moed,
So breekbaar soos ma
Se porselein goed...
Raak jy verlore of
Raak jy aan my hart.
Raak jy dalk moeg
Vir die bleeksiel wat
Vêr verlore raak in jou
Oneindige insig.
Want jou woorde spoel
Oor die blaai in ń
Vloedgolf van misverstand,
soutwater smart streel
Jou alliterende liefde
Wat verby my rym...
Ons was nog altyd ń klug.
Verlief op ń digter.
Onbenullig, die metafoor.
Tussen die lieflike lyne
-Sal ek myself verloor.
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:05 PM UTC
Gebroke sit ek
my hart vol emosies
my gesig uitdrukkingloos
Di masker groei vas-
almal **** ek glimlag
maar my hart skree van pyn
my siel staan snikkend
en my glimlag verlore!
ek wonder oor liefde
ek wonder oor haat
wnt in hierdi eensame wereld
gryp ons almal na hoop
verwagtend di antwoord le daaragter
ek verlang na jo stem
ek mis jo oe op my
en ek wil nt luister *** j asemhaal
wnt sonder jou voel ek leeg!
So hier staan ek mt my hart in my hande...
hopend jy gee wel 'n bietjie om...*
Oct 10, 2013
Oct 10, 2013 at 3:50 PM UTC
die ompad is die beste the detour is the best
gedeelte van die reis part of the journey
as jy nie verlore raak nie if you don’t get lost
kan jy nie die regte pad vind nie you won’t find the right path
as jy ontmiddelik op if unexpectedly you
jou drome come upon
aankom your dreams
sal jy veras word you will be surprised
drome is soos dreams are like
'n fyn skuldery a fine painting
elke streel each stroke
van die verf of the paint
elke kleur each colour
elke toon each tone
elke emosie each emotion
uitgedink thought out
uitgebrei expanded
en dan skielik is dit and then suddenly it is
wonderlik wonderful
May 3, 2012
May 3, 2012 at 12:43 PM UTC
finally na jare se rusteloosheid
jare van verlore wees, rond soek na my
elke avenue na jaag, opskop en my kniee numb pleit
het ek my vrede om jou om my gekry
my en jou se safe place
weg van al die jare s elies en disgrace
ek vat my dae een vir een soos ek kans sien
en dit sal n lieg proe as ek nie se my verlange le diep
het altyd gedink as ek beter was sou ek jou verdien
maar ek was te naief, te jonk, te blind
het myself my gevoelnes verbied
ek was moeg vir wag, die seer, die verwyt
moeg vir die fluister van trane oor my wange en die verlange
ek wou nie die weggeooi meer wees, wou jou weg smyt
bang vir alleen wees, wou nie die faulty een wees, bang
ek het vir ons ons eie soace create
n safe place waar nie ek of jy mekaar ooit weer kan forsake
ek hoef jou nooit weer te soek want ek weet waar jy gaan wees
finally you can help chase away my fears
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 11:54 PM UTC
Jou woorde is ń vlak graf
Wat doodluiters
Op my pad gevly lê
En wag en lê en lag.
Ek wat onder daglig dommel
, verlore in die uitspansel
Wat uit jou hoop lumier,
Val vinnig vir jou vangwip.
Verval in die verkeerde tydstip.
Thenatos, finato , finaal.
Jy wou nog altyd agter
Jou swart kuil wegkwyn,
En die waarheid en seerkry
En skande ontduik.
Bely jy jou donker aan my?
Ag timmer tog jou naam
In my steun en vergeet nie
Jou pedantriese woorde nie.
*** anders dan nou sal ek
Met engelstem die
Uitloop besing van pederastie.
Onthou my vir my
Donquichoterie,
Want jy is nie regtig
Lief vir my nie.
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:06 PM UTC
Die verwoesting van die velede loop uit in die hede.
Hier waar als tot rus kom met die lug wat soos 'n skarlakenrooi duin al *** stywer smeul, met die spanning klop in harmonie met die donker kol in my hart wat die toekoms verniel. Die bloedsaar le rooi op die horison soos 'n verlore asempie van 'n kind en die gefluister van die wind begin praat in die dieptes.
Die verwoesting le in die rooi lug soos 'n sluier...
Jun 23, 2016
Jun 23, 2016 at 5:36 AM UTC
Dit was middernag op ń Saterdag aand
Ek was voor die tv in my warm wolkombers
; hulle was styf teen mekaar gekrul
In die stormdreine van Die Rosestad
Dit was nag.
Dit was 1 uur op ń Sondag oggend
Ek was in ń glasie brandewyn verlore
; Sy was in ń ongeluk in Die Laan bestorwe
Dit was nag.
Dit was 3 uur op ń Sondag oggend.
Ek het aan haar lippe gehang oor die foon
; Hy het homself met ń leerbeld gehang
Oor ń brief in ń hastige hand.
Dit was nag.
Dit was 5 uur op ń Sondag oggend.
My kussing was vol trane.
Die stormdreine was vol kadawers.
Die Laan het geskitter van glas skerwe.
Die brief was vol verdriet.
, maar wie sal omgee?
Wat die oë nie sien nie...
En niemand het gesien nie,
Want dit was nag.
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:44 PM UTC
geselsies oor stomende boere troos
kombuis warm gekuier
stemme weerkaats sagkens van mure
my verlore jong meisie dae
as ek maar kon weet
woorde aan die wind
wys en syd versprei
soos die skerwe van my hart
onherroepbaar weg , stof bedek
die inuitputbare gemis
geen ander skaduwee kan begryp
tyd heel niks
jy leer leef in leemte en skerwes
huis met krake en gebreuke
tot als in tuimel
soet versoening
tot dan
siels kreute, hallelujah
Jun 6, 2014
Jun 6, 2014 at 4:24 AM UTC
My rowe lê al spore
Op my palms wat klou
Aan die yster wat my brand
Ń vlam
In die droewe kou
Ingehok, binne my eie land
Tralie hart staan ongeweer
Teen vloedwater emosie
Wat verbeeldingloos probeer
Om te rebuleer teen die seer
In my terugslag verval
My moed. Ek sal dit
Bymekaarskraap
vir ń Volgende keer.
En my vingers trek nog
Lyne en koppel my
Sondag-oggend sins
En versprei my laaste
Bietjie dignity in
Die zoo se trash bins
Terwyl ek nietig gan confess
-"Oh Father I have sinned"
Kom Jesus more weer om
My in my verlore toestand te
Kom vind....
Koop maar ń seisoenkaartjie
Vir versoening en vatsoene.
More sin ek weer.
Eks mos die duiwel se kind
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:07 PM UTC
Ek raak van tyd tot tyd verlore
in die vlaktes van my verbeelding
op 'n eindelose reiktog
na die goue uitloopsels van more
, ander kere skuil ek in die klowe
en trek my toe in n berg kombers...
daar kan ek skree
- en huil
-en lag.
Daar kan ek die eie self
in n lastergil uitlok en wag
vir die koue kras kranse
om dit terug te werp in my ope arms.
My verbeeldingshuis le in die kranse...
my drome rol in oor die see se soutwater golwe...
en ek, ek le iewers in die middel
van perfekte harmonie
en absolute chaos.
Ek . droom . eindeloos...
Nov 7, 2014
Nov 7, 2014 at 4:42 PM UTC
Wit le sy uitgesprei oor
pendoring gras vanmore.
haar spastiese bewegings
vroegoggend reeds bestorwe.
Stil is die nagtegal se liedjie
die roos is dood van ryp,
wyle weinig traan van simpatie
verlore in die stormpyp.
Die aarde draai en
swoeg in nag se sweet.
in sy nietige pogings om
die noodkreet te vergeet.
Haar naakte lyf le
oopgebaar, en styf
in dood se koue klou.
Dit ryp hier in die rosestad.
En die Flora-
was 'n vrou.
Jun 6, 2014
Jun 6, 2014 at 1:11 PM UTC
die sprankel lied, nou verlore
terwyl ek op hartseer se drumpel staan
n blye hart, nou my verbode
sê ek totsiens aan geliefde dae saam
die koue klou van diepste smart
druk my hart teer
die traan druppels, stroom my af
ai, die gekreun van die kind maak seer
die kinkel stem en glansende lag
die wysheid in haar stem
dit mis ek só, haar warm hand
wat vryf so oor my ken
roep my, toe?
ek hunker so om jou weer eens te sien
om tyd te spandeer, net ons saam
roep my,
ek kom aan gestap
die hemel bring ek saam.
Oct 3, 2020
Oct 3, 2020 at 3:03 AM UTC