"uiteindelik" poems
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval
Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?
Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!
Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.
Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;
Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.
My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.
Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...
Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.
Amen
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
Man hard half blind in twee verdeel
Soekend minwetend diep in sy donker
Vrou luikend sag half vergete verseël
Verlangend moker sy dorre die koker
Laat hulle liefs benader versoenend seel
Vloek roep sy soekend in almal veels te lank na waardige blaker
Hulle móét heimlik verblywend uiteindelik mekaar ontmoet
Gesplete verlede sal so saam versoen die pynlike splinter
Skeurende skyding sal saamvoeg mens verhewe skyn in sy geheel
Minsaam niet verewig sal getroudes liefs mekaar innerlik begin betower
Vrede verligte verpligting sal egte skeiding en miskraam gevoelig streel
Mens half harts lied sal soos lente volkome vol met saamsmelt tower
So word ons eenstemmig bymekaar gevoeg harmonieus om te sing in Liefde se Heilse Groot Koor
https://blominblou.weebly.com/blog/man-verdeel
Aug 5, 2020
Aug 5, 2020 at 8:34 AM UTC
Kapitalistiese gees oortref kompeteer nie meer
Winsbejag kry nou uiteindelik klaar daarmee
Leer om geduldig mekaar te akkordeer
Liefdadig ongelukkige gulsigheid te transformeer
Goedgesind kortsigtigheid te akkommodeer
Welsalig kooplus finaal te verstaan en vrees te transendeer
Werklikwaar! Ons is in staat, potensieel, tot baie, baie meer!
Jul 29, 2020
Jul 29, 2020 at 3:27 AM UTC