"tyd" poems
Rooi rosige wange
En n eerlike mond
n Hart van goud
My Ouma
Ek sal nooit ooit my Ouma met Rooi wange En die mooiste glimlag vergeet nie
En jou lag
Jou stewige lag
Jou Hart Wat so vol liefde was
My Ouma
Ek sal nooit vergeet dat dit was jy Wat vir my afrikaans geleer het
Ek het dit altyd met jou gepraat
My Ouma
Jou geselskap was altyd eerlik En jy het altyd my hart verstaan
My Ouma
Wat so lief vir Facebook was
My Ouma
Van muis stories
En my Ouma
saam met Wie Ek gebak het
My Ouma Van rose
My Ouma Van liefde
My Ouma Van lang goodbyes
En altyd ons ding
Waar ons het gese
Ons is so lief vir mekaar
My Ouma
Ek sal altyd dankbaar wees
Vir ons tyd saam
My lieflike Ouma
Ek sal jou met Rooi wange
En blou grimering onthou
My regte egte Ouma
Ek sal jou lag altyd ****
En jou laaste glimlag sien
En lippe Wat gese:
"Ek is so lief vir jou, my skat. Altyd."
Ouma Ek sal jou nooit ooit vergeet nie
Ouma
Ouma
My mooiste ouma
Van rose
En Rooi wange.
Totsiens my Ouma
Jul 4, 2016
Jul 4, 2016 at 4:14 AM UTC
Opgedra aan ‘n kind wat gebliksem moet word.
Deur: Desperaatheid en vrees
Jy klim in en uit die ***** van bestaan,
beide die rede vir liefde en
die kind wat sy baar.
Jy is ‘n drievoud van godelike hervertellings
, want wie kan regtig liefde
in ‘n enkel sin verhaal?
Geminag , die seun van liefde en haat
- jou einste bestaan ,van die vroegste
paradoksale meesterstukke.
Verewig , verewig tot ‘n kind
tussen die Groottes wat
blindlings onder jou boogpunt swik.
Vir elke nasie ‘n ander droom
Vir elke geloof ‘n ander naam en
Vir elke mens ‘n ander god.
Amor , oh Amor!
Die sinnebeeld van liefde
wat die mendsom verbly
, maar Eros jou ramkat
jou hupse hygelbek!
Jou erotiese aanraak!
(die begeer ek)
En ek?
Met my koker van lig en van goud,
wat hulde blyk en bou en bring
maar bestorwe le voor my Laurel
oor ‘n lood-stomp pylpunt vir haar ‘n treuerlied sing!
Amor, Amor word wakker!
My son le liefdeloos in my bros hart
, wat instaan teen logika
– sterk op die oorlogspad!
Jy wat na my heuning reik
-met honger hande vieslik gryp
en ek wat jou met angel steek
in desperaatheid jou nat vel breek…
“Oh moeder”, roep die wetter na bo
vir die planete om aan te ****
“Oh moeder, Oh liefde “ ,spat die sot se treur,
“ *** kan so bietjie , so klein – so seer!”
En die heumel druis soos die moeder lag
haar humor eg , maar haar woorde sag:
“ My naakseun, my hinksperd
My fallus met vlerke!
Jy ,nog ‘n roosknop.
gaan ook so te werke!
Aanvaar die poëtiese justitie
Stil nou liefstetjie
Lamtietie Damtietie …”
Amor, Amor!
Weerstaan tog skoonheid se wieggelied
en wees my genadig!
Begunstig my ten einde laaste
, selfs vader tyd is verveeld
met die son se enkelpad!
*** lank nog wil jy sluimer?
Amor, Amor!
Tel weer op jou leisels
en bring liefde op die wind
my wereld lê in afwagting
vir die dolfyn en sy kind!
Wees my genadig, Amor!
Deurboor my leemte met goud,
,want die bringer van lig is slapeloos
en my hart is droewig en koud.
Oh Amor, Amor!
Ek weet jys nog jonk,
maar *** speel jy dollos met lewe se vonk…
Amor, Amor!
Word wakker!
Amor…
Dec 22, 2014
Dec 22, 2014 at 2:56 AM UTC
Al wat jy my wys gemaak het is dat seer die selfde voel
Maak nie saak van watter oord dit spoel
Ek en pyn ken mekaar al jare
Jy het my niks nuuts laat ervaar
Daar is geen onderskeid binne my tussen jou seer en syne
Dit le nou als binne my, dis als nou myne
So wat bly oor van jou sogenoemde goeie intensies, wil ek weet
Binne n jaar of wat het jy als hier vergeet
Die bietjie wat ek gehad het, het ek met jou gedeel
Dit was nie wat jy wou he, my hart het jou verveel
Ek was net n goeie tyd wat jy op gedress het en liefde genoem
Terwl ek lee hande daar gestaan het en jou met my hele hart gesoen
Ek wens ek het harder probeer en jy het net geluister
Toe ek hard en saggies, en aanhoudend nee, nee, nee deur jou soene fluister
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 10:24 PM UTC
Dis stasie was stil
en donker gelaat.
Die nag kwyn in lig
en die dag kry sy wraak.
Die spore le koud
verdwyn op die horison,
en ek wag vir 'n stoomtrein
wat nooit sal kom.
Karre jaag die lewe
in die stad duskant die spoor aan
en 'n sateliet voer ons inligting
vanuit sy ordinere wentelbaan,
maar ek verspeel my tyd
deur hier langs die spoor te staan.
My soeke vir liefde
was waar liefde ontbreek,
soos om te wag vir 'n stoomtrein
of om vir kos te smeek.
Ek soek nou vir liefde
op die verlate stasies
van die vandag se tyd
, maar al wat ek kry is 'n taxi
en die wereld lag my uit.
Ek wag vir my trein.
Ek wag vir jou.
Jun 19, 2014
Jun 19, 2014 at 7:36 PM UTC
Daar was g'n tyd vir bybelversies nie
, want die brood van lewe was te duur
En wie wil nou regtig wag om ring
As die manne vir jou hoogliedere sing.
Aan die begin was daar niks nie
Maar hyt gepraat met sy hande
En toe was daar lig en oh die gode
Dit was goed! Dit was goed!
Maar hy was aleen in n wereld met als
En almal was sonder naam
, toe hy sy laaste een gee en ek
Deur bloed en been vir hom geskep is.
Dit was goed, dit was goed
En ek huil snot en trane van seer
Maar die appel proe soet
Of jy hom in die hemel of die hel hap...
Jy is die fontein van lewe,
Ek drink van jou en raak dors
Vir meer as net een aand van sterrevolg.
Mag ek dronk raak op jou wyn?
Of is jy my een reeds voor!?
En ek kan.nie kerk toe hol nie
En die Bybel vloek my skel
Want jou lyf voel soos die Hemel
Maar Hy se jy is die Hel.
Mag ek langs jou bed op kniee neersak
En jou hand in myne neem??
Kom ons raak besope...
Genoeg om liefdesliede
vir mekaar te kreun.
More bid ons om vergifnis
En vergeet wat sonde is
Tot die vlees te veel begeer
En die lewenslig so bietjie blus.
Dit is *** die liefde werk,
Dis my lewe dié
Die struikelblok wat my versmoor
Van n vel religie.
Feb 15, 2015
Feb 15, 2015 at 5:50 PM UTC
'n lewe in konstruksie...
dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf...
ons bou en bou en bou,
en toets dan die produk.
Maar aan die einde, as ons klaar gebou het...
wat is dan daarvan te kom.
'n Lee huis...
'n stil pad...
en wat het ons van onself geleer?
En wat leer ons van die wereld en mense om ons
, vasgevang in die stryd teen tyd...
niks nie.
Ons het net voor onself uitgekyk
na die vaal stene
en die slukkerige sement.
Watter vreugde het dit vir ons gebring.
Niks nie.
Nee,
ek weier.
Ons is tog hier geplaas met vrye wil.
En iewers langs die pad,
raak almal die pad duister...
en word dan deur die samelewing verdoem.
Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word...
In daardie oomblikke is God meer vergete
deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...
die wat lag en vinger wys...
die wat klippe gooi,
as deur die wat die prentjie aanskou.
Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,
om die lig rerig te verstaan...
Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,
voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur.
Daar le wysheid in die donker,
want dit is in die donker waar jy aleen is,
met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.
Net die wind om jou siel te sus,
die stilte om jou uit te rus...
en niemand wat jou god kan wees
of sy woorde
en planne
vir jou kan uitmessel nie.
Die pad het die gevaar geraak.
Dis koud en korrupt.
En ons is dankbaar,
dat ons die kans gekry het om dit te sien,
terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's
en wegsmelt in die donker...
want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...
ons is die gelukkiges...
en hulle loop op die pad na verdoemtenis
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 7:12 PM UTC
Dis nou die tyd om te babbel
En my mond verby te praat
, want hulle sê mos
A drunk man's words is
A sober man's thoughts...
En wie weet dalk vind ek
Die antwoorde in ń diep gesprek met myself...
Sien ek is nie een van daardie
AA lappies wat skeinheilig
Sit en slukkies suip om
Geluk onder in die bottel
Op te spoor nie.
Ek rook skaamteloos en
Omhels die intense stank
Van 10 jaar se lewe wat ek
Mors en longkanker, want
Dit herrinner my an oupa se
Skoot en *** veilig ek was
In daardie asbak woonstel
Waar ek soos white-trash eers my brood moes inspekteer vir
Indringer kokkerotte wat ook
Maar net teen ons kompeteer het
Vir ń krummeltjie kos.
Ek babbel, want wat anders kan mens doen as vrees jou aangryp as die koue staal jou hande brand -
En nee ek praat nie van lemme en inspuitings nie,
Want lemme maak merke waarvan ek reeds te veel het wat nou oor my polse uitgesprei lê en my herrinner *** swak ek was, maar *** sterk ek was... en inspuitings los ek vir die dokters en susters en die bloeddiens
Wat my leeg wil tap om een of ander sad case se lewe te red met bloed van ń bloedjie wat self nog in die verdoemtenis rond dwaal.
Ek babbel, want dis social anxiety en scary stuff om in ń kring te sit en Russian roulette te speel met al 5 van die mense wat ander van jou verwag om te wees. Want wat gebeur as ek myself in hierdie hoerasie van persoonlikhede raakskiet. *** weet ek watter een is ek as elke een die sneller swaar trek en hoop en bid vir ń blank... *** weet ek.
Kliek...
Kliek...
Kliek...
Kliek...
Bang!!
En nou babbel ek maar weer
...
Want ek het so pas agtergekom ek weet ook nie juis *** dit voel om dood te wees nie.
Wie is ek...
*** sal ek weet
Bang!
Bang!
Bang!
...
Ek weet.
Apr 26, 2014
Apr 26, 2014 at 8:23 PM UTC
Yster slyp yster
en staal omhels
in n magtige bymekaarkoms
Die twee spoed monsters
om mekaargevou,
maak liefde, om die trane en seer
Daar was geen flitse
in die donker nag nie
tyd het stil gestaan
maar die hartseer gaan aan.
Yster slyp yster
en dank die Vader
die ronde oe bevat nog kleur
en die gapende monde vloek my
Yster slyp yster
maar my seer is gespaar
vir n ander dag
en 'n ander pad.
Apr 21, 2015
Apr 21, 2015 at 5:25 PM UTC
Jy ry op die hanekraai
en kom le in my oor.
Jou tree 'n bekende geluid.
Jou teer drafstap deur my drome
maak my seerste monsters stil.
En sus my in 'n doodsluiterse rus.
Jou oe laat my handsaamslaan
op die lumier van meer as een.
Jou aansig maak van my gelowig.
Jou luim is 'n seestroom wat stoot en trek
en ek sit vasgekeer in jou rooi getui
en ek mik dieper , ek mik dood!
My liefste jou aanraak stuur gode
deur my dooie are en ruk my terug
vanaf die donker sluiers.
Jy is die maan, die sterre- nee
die nag! wat om my toevou
en my wieg wanneer my arms na niks gryp.
Jy is die openbaring waarna lewelose streef
en die anker waarna vryes verlang.
Bring my terug, na die gelykstreep,
voor die tyd ons invang.
Ek wil jou prys met woorde
wat God se toorn op my sal bring
maar dit hang aan my lippe
soos ek wag vir more se son om jou te besing.
Dit is my vroegoggend gedagtes,
van my lieflike laatslaper,
wie ek nooit akkuraat sal kan prys nie
, want ek is maar net 'n versotte ou dinkgaper.
Dec 25, 2014
Dec 25, 2014 at 7:21 PM UTC
So word ons wakker in ons tent en dit reen...aggenee!! Maar dis koel en ons voel gelukkig.
Ek is vuil, so amper dat ek wil huil, maar huil van lekker soos n krekker want dis vakansie tyd!!
My hare is so waar deur mekaar, maar wat maak dit saak want niks gaan my keer om vir n gogga te wys *** deur mekaar ek rerig kan weesie...
Tanne geborsel en room half gesmeer, laat die dag begin want dis ons en ons ford bakkie die keer...alweer...
Kies n rigting en so voeter ons daarin...
Saans kom ons by die kamp moeg geploeg die bosse in om nou rustig te raak met n koeldrank in ons hand.
Dan word n vuurtjie gemaak deur die braafste ou ini land om n vleisie te braai vir die fraaiste meisie, hand aan hand.
Mens voel gou dankbaar vir klein dingetjies soos n stort... n warme een, die oop velde of selfs die digte bosse, die veld blommetjies so geel of die gras so lank en groen, die voels so mooi volle kleurrig en die jakkals so skaam maar nuuskirig.
En wanneer dit donker word le daar baie voor soos die uile se geluide, die sonbesies wat hulle vlerkies saam klap of dalk n hihena wat na oorskied kom krap.
So geniet ons die bos vol avontuur gepos net vir ons en ons se dankie aan ons Skepper vir n skepping net vir ons. 2016/03/14
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:32 AM UTC
Nog n jaar is verby, waar gaan die tyd dan heen?
Ek was klein en toe verdwyn n paar jaar.
Toe is ek groot en het skoon vergeet van dinge wat verby is.
Ywerig om groot mens te wees was alles tevergeefs want nou dat ek is, wens ek vir n lewens rewind in my mind, om alles weer van voor af te beleef soos gegee was aan my voor die groot mens wees wens. Dankbaar vir genade van bo vir n lewe so groot en ryk vol pragtige mense en wense.
So se ek dan dankie, dankie vir klein en groot, vir die hulpende hande in my lewens boot vir nog n jaar wat sowaar verby is. 2016-08-14
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:23 AM UTC
Hipnotiseer die liggies jou,
As die reuk van karnivaal kos jou in gekarameliseerde geluk toe vou ?
Vlieg jy ook tydelik op die grootste ferris wiel?
So vry soos ņ voël,
Vleg deur die liggies en sterre
Ontsnap weer jou kinder siel.
Deel in die tyd van jou lewe,
Saam jou vriende
(En dalk ń bietjie bier).
Welkom by die skou!
Ons is bly jy's ook hier.
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:38 PM UTC
Onder die laslappie kombers
van die sterre en die maan
het my hart talle male verstik
aan n proetjie eensaam.
ñ koue hart wat reik
Na iets om vas te hou
in bed wat oorloop
Van spasies net vir jou
, maar in die siekbed van die see
Het ek te veel tyd spandeer
Voor n plafon van hoop
Wat met motreen bo my oopskeer.
En in retrospek kyk ek na my bed
Wat nog altyd leeg staan
Nie sonder jou nie
Maar oor die twyfel in my eie bestaan.
My bed was net leeg...
Oordat my hart leeg was
Soos n vol kanvas
Met wit leeg gekwas.
Want ek was daar,
En nou dat ek verstaan
Weet ek die nag is net donker
Sonder die sterre en n maan.
Wat my laat met die vraag...
Was dit die bed of was dit ek
Want wat is werklik leeg-
Die mens , of die plek?
Jul 9, 2016
Jul 9, 2016 at 2:49 AM UTC
Stilgebore in afwagting op
'n môreson uit die legendes.
Die hoopswyg net voor aanvarding
, wanneer selfs vader tyd verboureerd bly staan.
Die onvoldoende doods-uur
Tussen die hap van n gifgoue appel
En die val van onskuld en skoonheid.
Die tingel in die vingers
van die Engel in swart,
nóg genoeg om te gryp
-Nóg genoeg om te los
, net genoeg om in die huiwer te dros
Dus dood wat geduldig
die venster bewasem.
Trek drogbeelde uit skadu's
Soos n laaste asem...
Dis nog hier, nog daar-
Nog vals, nog waar
En ons almal is n kat in n doos
- wandelend in beide lewe en dood
, want die verskeie dimensies
Is maar eintlik grensloos.
Die paradoks van einste bestaan
Word gekonsentreer in n tydstip
Van alles verstaan.
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 12:00 PM UTC
Sy vra: "Hoekom is jy nou so n non"?
Ek sê: **** is mos eintlik net vir die lewendes".
Ek is my eie memento mori.
Jy is die oorsaak van dood.
Laat dit so op my graf geskrywe staan:
-Hier lê die skerwe van iets amper heel-
,want nou sit ek weer aan jou tafel
en my laaste maaltyd is n herkouing
van spoegsels vergete tye saam met jou
En ek kou en ek kou en ek onthou:
*** warm jou hande was teenoor jou hartskou
, *** gretig jy was om my vas te hou
en na die tyd toe te snou.
"Ek sit nou waar jy gesit het"
, grinnik jou wellus oor die porselein rand
en ek wil vir jou sê staan op en gee vet
want almal wat daardie stoel beset
wals met die noodlot en wink vir seer.
"Kom ons probeer , nog n keer"
Sê jou hand langs jou ritsluiter
, maar ek voel n veer
, want kadawers ken nie lustigheid nie
en ek is oorgebalsem met n gelofte.
Los die dooies dat ons rus,
Los daardie "ons" begrawe in die kis.
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:51 PM UTC
Want die more bring die goue
die nuwe , hitte , dag
en wind wat deur die takke skeur
die dood wat huil ;n kind wat lag
en twyfel sypel deur die huurglas
soos tik , of sandstorms
bring die tyd ook wroegings
van interne euforie
en donker oorskry die norms
geen meer swart en wit
geen meer ja , nee
reg, verkeerd
ek weet nie
ek weet nie meer nie
elke dag bring heldersiendheid
met eerste oogoplsag
maar elke more twyfel ek
terwyl Janus vir my lag...
terwyl 'n amper skynbare keuse
op 'n defnitiewe antwoord wag
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:39 AM UTC
geselsies oor stomende boere troos
kombuis warm gekuier
stemme weerkaats sagkens van mure
my verlore jong meisie dae
as ek maar kon weet
woorde aan die wind
wys en syd versprei
soos die skerwe van my hart
onherroepbaar weg , stof bedek
die inuitputbare gemis
geen ander skaduwee kan begryp
tyd heel niks
jy leer leef in leemte en skerwes
huis met krake en gebreuke
tot als in tuimel
soet versoening
tot dan
siels kreute, hallelujah
Jun 6, 2014
Jun 6, 2014 at 4:24 AM UTC
n Moeder het ek al gedink is wonderlikste skepping op arde.
Sy vermaan, verstaan en dan bestaan net oral en die hele tyd gereed om te vergeet wat ek altyd verkeerd doen.
Sy othou die goeie met soveel soenne en drukkies en help altyd met die en met daaitjies.
Haar hart is skoon en woon in n plek wat my hart genoem word en sal altyd myne bly. 2016/01/09
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:47 AM UTC
So ver ek loop ruik ek die droogte, die son se gebak, maar ja ek loop met gemak, al vinniger en vinniger die pad langs.
My droom het waar geword om n ver pad langs te stap en te gesels, met wie anders as met myself, die wind, die vertes en die mindere gebergtes.
Die wind waai om my heen, dit kreun en steun, maar dit leen my n tyd vir alleen wees in my gedagtes, ag daar is net geen klagtes.
Soos ek stap lag ek klip hard want my hart voel so vry, so vry soos die wind wat my verby kry.
Dan haal ek die wind weer in en sing n lied van blydskap teenoor my Heer, my dapper Held en stap Maat.
Soos die dae verby gaan en die vertes nader kom, verstom ek my aan my hart se gejubel van blydskap en geluk.
My hart is vry so ver soos die oog kan sien, ek loop in vreugde en gemak, dag na dag in n natuur so hard maar tog so sag.
My hart smag na my liefde, die maat van my lewe, so ewe te vroeg weg gevat, maar stap, stap hy saam en ons hou net aan en aan tot ons weer by mekaar gaan staan in n veld van omhelsing en blye verwelkoming, hand aan hand net aan die Anderkant.
Ja my hart is vry so ver soos die oog kan bedui.....
2017-11-08
Dec 3, 2017
Dec 3, 2017 at 7:55 AM UTC
Ek raak van tyd tot tyd verlore
in die vlaktes van my verbeelding
op 'n eindelose reiktog
na die goue uitloopsels van more
, ander kere skuil ek in die klowe
en trek my toe in n berg kombers...
daar kan ek skree
- en huil
-en lag.
Daar kan ek die eie self
in n lastergil uitlok en wag
vir die koue kras kranse
om dit terug te werp in my ope arms.
My verbeeldingshuis le in die kranse...
my drome rol in oor die see se soutwater golwe...
en ek, ek le iewers in die middel
van perfekte harmonie
en absolute chaos.
Ek . droom . eindeloos...
Nov 7, 2014
Nov 7, 2014 at 4:42 PM UTC
In die hart van Afrika se suidegrond,
Styg ’n taal, sterk en bond.
Diep in son en sand,
Stemme dra oor hierdie land.
Afrikaans, die taal van hart en kin,
Gevleg met stories van waar ons was en bin.
Van boereveld tot stad se straat,
Sy ritme sterk, sy klank hard.
Woorde wat van berge hoog weerklink,
Stories oud, na die hemel gesink.
Met elke “sê,” ’n belofte gegee,
Van erfenis wat nooit sal verdwyn.
Ons taal sing van lag, van trane en vrees,
Van stryde gewen en drome geheg.
Al verander die tyd, al rol die gety,
Afrikaans bly staan, sterk en vry.
So hef jou stem, laat dit luid wees,
’n Lied van trots, ’n taal om te lees.
Want in elke frase, elke woord en rym,
Dra ons ons Afrikaans, deur elke tyd.
Nov 5, 2024
Nov 5, 2024 at 1:54 PM UTC
party van ons
sit buite tyd
sweef bo die pad
wat net een kant toe kyk
party van ons
sien sirkel pleks van lyn
leef die ewige siklus
sonder om te kwyn
Dec 16, 2022
Dec 16, 2022 at 1:45 PM UTC
die sprankel lied, nou verlore
terwyl ek op hartseer se drumpel staan
n blye hart, nou my verbode
sê ek totsiens aan geliefde dae saam
die koue klou van diepste smart
druk my hart teer
die traan druppels, stroom my af
ai, die gekreun van die kind maak seer
die kinkel stem en glansende lag
die wysheid in haar stem
dit mis ek só, haar warm hand
wat vryf so oor my ken
roep my, toe?
ek hunker so om jou weer eens te sien
om tyd te spandeer, net ons saam
roep my,
ek kom aan gestap
die hemel bring ek saam.
Oct 3, 2020
Oct 3, 2020 at 3:03 AM UTC
Vind jou vrede
Verder as die skerm Woede
'n Skelm van tyd en rus
Voor jy kyk het jy die lewe gemis
Vind jou vrede in die bed
Jou kooi se drome
In winter en somer some
Dit is waar jy tyd vashou in jou hand
Vind jou vrede in wat is
'n Lewe in 'n dop bewus
Een wat kyk en ervaar
Een wat jy moet bewaar
Vind jou vrede in die hede
Soos toekoms uit die verlede
Uit pyn en leed
Kom daar verlossing steeds
Aug 30, 2020
Aug 30, 2020 at 11:32 AM UTC
As jy weer in jou dagboek skryf
Onthou
Dat daar rede genoeg is
Om te bly vashou
Die goue blaar in die somerson,
En die blou moederkappies
Hulle wag nog steeds vir jou
Teen tafelberg
Waar onskuldige bloed nog steeds
Vermeng is met die sout see water
Daai water wat ons voorouers gedra het naar hierdie land van prag en praal
Het jou bevry en weggedra naar n plek ver hier vandaan
Ook al is ek en jy deur afstand en tyd geskei
Hou ek daai oop bladsy
Van jou treurigheid
Langs my sy
Oct 28, 2023
Oct 28, 2023 at 7:12 PM UTC