Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"ook" poems
Met boeke vol helde, soos ek en jy Potgieter, Trichardt, Smuts, Kruger selfs De LaRey Almal met die doel, om hul volk te bevry, Die Afrikaner, uit te brei Om hul families, van leiding te bevry Selfs, De LaRey ‘n Lafhart, wou eers nie beklei Later die held, wat die boere, verder wou lei Familie man, vader seun broer en gesant Ja, die mense was ook bang Maar met passie, Met drang Met dit wat slange vang Het hulle als aangevang Kyk na jou vriend Kyk na jou maat Kyk na die, anderkant die straat Dis jy, wat hul toekoms baat Dis jy, wat hul vereen, ou maat Die Afrikaners, was plesierig Dit, kan julle glo Nou gevul, net met gierig En al hul misnoe Ja, dit kan julle glo Waar is ons eendrag Waar is ons mag Waar is die dae, toe ons nog lekker kon lag Waar is ons helde, van vandag ‘n Held, in elkeen wat die taal verstaan Elkeen, wat n weg vir Afrikaans wil baan Elk, wat sy man wil staan vir die taal, wat min verstaan ‘n Kultuur, wat net ons verstaan ‘n Kultuur, so ryk aan helde soos ek en jy Helde, wat die Afrikaner wil bevry Helde, wat nie bang is om te baklei Helde, soos ek en jy!
0
Oct 23, 2010
Oct 23, 2010 at 2:36 AM UTC
WAAR IS ONS HELDE VAN VANDAG
Terwyl jy hom ignoreer, Trek iemand anders sy aandag. Die liefde val weg. Die hartseer raak minder. Gevoel van alleen wees is nie meer sleg. Ja jy voel beter, Maar ook maak dit seerder. Jy verloor hom. Hy verloor jou. Se my, waar is dit wat gebou was? Of was dit ook net n las? Ek weet, jy weet nie wat ek se nie, Maar nou hoef ek nie weer by jou aan te le nie.
0
Oct 22, 2014
Oct 22, 2014 at 3:43 PM UTC
Verlore liefde.
Opgedra aan ‘n kind wat gebliksem moet word. Deur: Desperaatheid en vrees Jy klim in en uit die ***** van bestaan, beide die rede vir liefde en die kind wat sy baar. Jy is ‘n drievoud van godelike hervertellings , want wie kan regtig liefde in ‘n enkel sin verhaal? Geminag , die seun van liefde en haat - jou einste bestaan ,van die vroegste paradoksale meesterstukke. Verewig , verewig tot ‘n kind tussen die Groottes wat blindlings onder jou boogpunt swik. Vir elke nasie ‘n ander droom Vir elke geloof ‘n ander naam en Vir elke mens ‘n ander god. Amor , oh Amor! Die sinnebeeld van liefde wat die mendsom verbly , maar Eros jou ramkat jou hupse hygelbek! Jou erotiese aanraak! (die begeer ek) En ek? Met my koker van lig en van goud, wat hulde blyk en bou en bring maar bestorwe le voor my Laurel oor ‘n lood-stomp pylpunt vir haar ‘n treuerlied sing! Amor, Amor word wakker! My son le liefdeloos in my bros hart , wat instaan teen logika – sterk op die oorlogspad! Jy wat na my heuning reik -met honger hande vieslik gryp en ek wat jou met angel steek in desperaatheid jou nat vel breek… “Oh moeder”, roep die wetter na bo vir die planete om aan te **** “Oh moeder, Oh liefde “ ,spat die sot se treur, “ *** kan so bietjie , so klein – so seer!” En die heumel druis soos die moeder lag haar humor eg , maar haar woorde sag: “ My naakseun, my hinksperd My fallus met vlerke! Jy ,nog ‘n roosknop. gaan ook so te werke! Aanvaar die poëtiese justitie Stil nou liefstetjie Lamtietie Damtietie …” Amor, Amor! Weerstaan tog skoonheid se wieggelied en wees my genadig! Begunstig my ten einde laaste , selfs vader tyd is verveeld met die son se enkelpad! *** lank nog wil jy sluimer? Amor, Amor! Tel weer op jou leisels en bring liefde op die wind my wereld lê in afwagting vir die dolfyn en sy kind! Wees my genadig, Amor! Deurboor my leemte met goud, ,want die bringer van lig is slapeloos en my hart is droewig en koud. Oh Amor, Amor! Ek weet jys nog jonk, maar *** speel jy dollos met lewe se vonk… Amor, Amor! Word wakker! Amor…
0
Dec 22, 2014
Dec 22, 2014 at 2:56 AM UTC
Amor, Amor!

Continue reading...
72
As ek snags in ons bed met my koue voet jou warm kniekuil kry dan voel ek die ewige geluk ook al is môre dalk alles verby
0
Oct 13, 2017
Oct 13, 2017 at 6:03 AM UTC
Bejaardes
Is moeilik om te begryp, en nie rerig mooi nie. Dis 'n spoegspat soos 'n herrie- 'n gemmors wat langs die kar staan en bedel. Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine. Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig. Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar 'n metafoor. Vir wat? Se jy my! Jy wat my analiseer en dissekteer... want daar is geen meer sterre wat pyn nie, die woorde wat rym ennie ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry in my agterkop waar dit donker is soos 'n land waar hoop 'n feeverhaal is. Dis te donker om nou te rym, maar te donker om in te hou... so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit en bloei nonsens-ink op die blaai. Aan die einde is dit nie net die gedig nie. Dis die ganse wereld wat rym. Elke herrie en spoegspatter elke gerookte ster en hartseer kokkedoor ek , jy - ons almal is 'n gedig. Ons almal rym... ons is net te moeilik om te verstaan en nie altyd mooi nie.
0
Jun 9, 2015
Jun 9, 2015 at 5:07 PM UTC
Gebroke rym
Jou boodskappe die sonstrale wat elke nou en dan my dag wil maak en ook soms 8 minute vat om by my uit te kom maar gee lig en lewe in my donker wereld al is jy miljoene bietjies weg van my af is jou liefde n warm drukkie wat ek moeiteloos in elke donker nag om my bang lyf kan vou jy wat agter die horison jou eie horison sien en dalk self die maan met my deel ,van n ander kant af, dra ek na aan my hart... soos n tietie sonder nippels of n bangmaak boek sonder sy stippels.... is my lewe net plein en puntloos sonder jou. Jy is my duisend-myle-weg , maar altyd daar, chill-jou-guava maaitjie wat my weghol hart bedaar. Familie buite stam en bas bloedloos dalk , maar hegte vas grenslose vriende oor die wereld heen... God se grootste seen. - aan al my vriende wat ver weg bly , maar meer beteken as my eie asem en wat ek dierbaarder ag as my virginity ;) ek is so ongelooflik baie lief vir julle. Carinda du Toit. Aldridt Koltzow. Marli Roux. Tarryn Forster. Frederik Rudolph van Dyk. en al die ander...
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:51 AM UTC
Million-miles awayers
/                   as i am pretty sure all americana feels about "us": oh 'ook, 'ere comes old man europe,            no hemmingway, and no so: as the casual english expression solidifies exchanges: just across the atlantic:                             the, pond... haven't the foggiest...      i'm "new" here,    and even i find these english prims & pomps and idiosyncracies a bit debilitating... today i walked from my home with a knife in my pocket... why... why?!                          apparently it's worse than new york, a belt as a qusimodo boxing glove won't cut it,    given that that:    requires a formal introduction, prior to a fight...     guns guns guns...      over 'ere we 'ave knives knives knives... and politicians can't exactly ban them... no, not really... ban knives, soon you'll be banning forks, then spoons...    and then...    the whole ******* kitchen... we'll all be eating out, in public, cheap cheap cheap, cheap restaurants like the slovakians eat in...     can you even imagine that while in st. petersburg i didn't see, not one mcdonalds...     same so in moscow:                    not a single mcdonalds... it was like a: relief...   a bit like only seeing africanos only, but not elsewhere other than warsaw; erm: afro-saxons?             sure! we have them in england, plenty of afro-saxons...                 so now afro(x) is not pop-up frizzy hair, bundled into a french bun...                     type of... "thing"? **** yeah!                                 hit the spot! oh old man europe...       tired and yet, and yet tired of his riches,    how craving the old trenches of Ypres... the belgian mud, the rain,                         the rats and crows... europe: lament over libya... or even pseudo-neo-rome lamenting over carthage being destroyed... in reverse -               abbrv. into - orior carthago! was it cato the elder who persisted counter to this? as heidegger would have put it: that's not even question-worthy.
0
Jul 19, 2018
Jul 19, 2018 at 7:26 PM UTC
old man europe and carthage

69
Haar hoekkantoor In elke straat Elke gulsige kliënt Ń vark, n vraat Besig om haar naam te maak Die vrou van dir nag En haar eenmansaak In die oggend skrop Sy , staalwol Skuur glad Teen haar tenger Figuur maar blou Passie versier en Versuur haar wese Dis nie moord nie Dis nie dood nie Dis glad die reg nie Dis sonde , ellende Haar bedoelings Was nooit sleg nie Haar troos is min Haar teespoed swaar Haar siel verkoop sy Vir ń appel en ń ui Want wie kan ń prys Op die liefde sit Sy tel haar winste In trane en seer Die geld is ń bonus Het sy beweer, Want die vrou van Die nag, kort ook ń soen Sy werk vir liefde En tot die oordeelsdag Sal sy dit bly doen...
0
Apr 17, 2014
Apr 17, 2014 at 10:17 PM UTC
Vrou van die nag
En wanneer hou ons piekniek op die maan - daar waar die son nie meer skyn nie, kan ek jou donker toevlug wees as die dag se hitte steek? en sal jy 'n skadu gooi oor my en my lieflike hart ons kan saam met strome swem as die branders oor ons breek. Voor vrees jy weer oortrek en my noodloos in die noodlot agter laat in 'n eensame straat, van drome en ander herrennerings wat by my ***** van liefde en so ook my verlede wat jy veronderstel was om te tem. En in die gaap van stilte tyding waar die wysers ons vermy, sing ek my eensaam lied en vra vir jou... **** jy die golwe huil vir die koeelronde maan? Sien jy die spore op die strand? Waar vat die pad van verdwaaltenis my, anders as na Jonker se hand. Vanaand is ek verslae. Die maan se kind trek pêrels en rol hulle oor die hartseer berge. Vanaand le ek en dryf, terwyl ek kyk na die maan, en die sterre... sal jy my wolkombers wees , my glimlag pille vir kersfees, want ek is dalk te arm , maar ryklik met jou geseen. Sal jy my korrel sand , my rooikruis , my boei want my hart is reeds verweer , keur my voor ek ook in die see uitbloei.
0
Jan 6, 2015
Jan 6, 2015 at 3:41 PM UTC
Red my
My kinderjare was Soetsappige drome En ek het weggesluimer Agter suiwer onskuld, Met ń krag van geloof Wat my oortuig het dat My God ook jou God is... Dat elke pad ń onnodige Veiligheidsgordel verg Dat elke beursie ń oneindigheid van R20 Note besit het en dat Elke graf leeg was na die derde dag Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde Uiltjies knip wat my Tot die meerderheids Besef van addolosensie gebring het. Selfs al het ek teen ń Eksponensiële spoed Ń volwasse begrip ontwikkel ,Was my redenasie oor die Hiernamaals nog vaag Met slaap in die oog Eers toe daar een langs my Val En tien aan my sy Het die drakoniese deun Van die doodswek my Uit my snoesige slaap geruk. Met elke groef wat nuwe Paaie teer vir my trane, Elke silwer randjie wat Lostrek van die donker wolke En op my hoof kom rus Soos die koue staal Van ń koningin se swaard Wat my inlyf in die Sidderende realiteit van grootword en lewe Nou is die droom verby Nou staan ek op En vrees om plat te val... Ek oes en saai Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai... Nou word paaie ń lang gebed Ter beskerming van my hart Wat ek so maklik uitdeel En beursies ń kommoditeit Wat skree van die honger Soos die mense van ń land Wat al sy geloof verloor het... Nou brand die sand my voete En die seesout droog my vel... Nou word wraak ń amp En liefde ń kombinasie Van gifte en giwwe , maar ek sal nooit weet Wanneer is dit wat nie... Nou word lewe ń gebed. Ek het ophou my Kinder rympies sê, Nou bid ek pynlik swaar En hoop dat God Nog genade vir my en vir jou Sal hê Amen
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
Proses van besef

64
Haar hoekkantoor In elke straat Elke gulsige kliënt Ń vark, n vraat Besig om haar naam te maak Die vrou van dir nag En haar eenmansaak In die oggend skrop Sy , staalwol Skuur glad Teen haar tenger Figuur maar blou Passie versier en Versuur haar wese Dis nie moord nie Dis nie dood nie Dis glad die reg nie Dis sonde , ellende Haar bedoelings Was nooit sleg nie Haar troos is min Haar teespoed swaar Haar siel verkoop sy Vir ń appel en ń ui Want wie kan ń prys Op die liefde sit Sy tel haar winste In trane en seer Die geld is ń bonus Het sy beweer, Want die vrou van Die nag, kort ook ń soen Sy werk vir liefde En tot die oordeelsdag Sal sy dit bly doen...
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:47 PM UTC
Vrou van die nag
Dig silwer linte dans na die maan in wolkpluime wat na die strerre toe maan ek is weer hartseer weer stukkend gebreek daarom nog 'n siggaret toestaan an my mense bestaan ek beaam my met die kwale van 'n ongebonde wereld wat pleit om liefde en genade wat soene soek in suikersoet wat drome droom so swart soos roet wat binne die lyne bly en so ook verlossing by hul neuse in lei want meisies is net slette as hulle saam die verkere perd saal of die slippie laat val na hul vir die aborsies betaal en seuns is net moffies as hul sukkel om 'n rugby bal te vang vergeet van die agsteman wat gretig na die flank se balle verlang vloek en laster bring God se toorn werk an jou eie vokken balk en los my doring dalk is jou masker meer heel as die van my... maar met elke krakie... is ek darem 'n krakie meer vry - as jy
0
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:19 PM UTC
Vryheid in die krake
Dis nou die tyd om te babbel En my mond verby te praat , want hulle sê mos A drunk man's words is A sober man's thoughts... En wie weet dalk vind ek Die antwoorde in ń diep gesprek met myself... Sien ek is nie een van daardie AA lappies wat skeinheilig Sit en slukkies suip om Geluk onder in die bottel Op te spoor nie. Ek rook skaamteloos en Omhels die intense stank Van 10 jaar se lewe wat ek Mors en longkanker, want Dit herrinner my an oupa se Skoot en *** veilig ek was In daardie asbak woonstel Waar ek soos white-trash eers my brood moes inspekteer vir Indringer kokkerotte wat ook Maar net teen ons kompeteer het Vir ń krummeltjie kos. Ek babbel, want wat anders kan mens doen as vrees jou aangryp as die koue staal jou hande brand - En nee ek praat nie van lemme en inspuitings nie, Want lemme maak merke waarvan ek reeds te veel het wat nou oor my polse uitgesprei lê en my herrinner *** swak ek was, maar *** sterk ek was... en inspuitings los ek vir die dokters en susters en die bloeddiens Wat my leeg wil tap om een of ander sad case se lewe te red met bloed van ń bloedjie wat self nog in die verdoemtenis rond dwaal. Ek babbel, want dis social anxiety en scary stuff om in ń kring te sit en Russian roulette te speel met al 5 van die mense wat ander van jou verwag om te wees. Want wat gebeur as ek myself in hierdie hoerasie van persoonlikhede raakskiet. *** weet ek watter een is ek as elke een die sneller swaar trek en hoop en bid vir ń blank... *** weet ek. Kliek... Kliek... Kliek... Kliek... Bang!! En nou babbel ek maar weer ... Want ek het so pas agtergekom ek weet ook nie juis *** dit voel om dood te wees nie. Wie is ek... *** sal ek weet Bang! Bang! Bang! ... Ek weet.
0
Apr 26, 2014
Apr 26, 2014 at 8:23 PM UTC
Tyd om te babbel

43
Dorslip en droogkeel huig ek in die donker van terg gees middernag vir die soet nektar name waarna hierdie barslip hunker. Skimletters vorm elke klinker net so ryk soos 'n paar gisters terug. Pype weerhou om die klank deur te laat, wat finaal n skerwestorting bring. Is ek aan n groter soeke om woorde te smee- wat getuig van verlange en ander leed ,of aan jou invloed die pryseer te gee. **** jy in heimwee ook dan aan my, dit is al wat ek wil weet of het jy ten einde my liefde by n ander gaan kry?
0
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 11:57 AM UTC
Droee verlange
The following is a true story. Regular words are the teacher, the quoted, myself. ----- Today we are going to play a word association game. I will say a word, and then you do the same. Yellow. "Yellow." Blue. "Blue." That's not what I want you to do! Say something different than what I say: Cup. "Up-cay." Plate. "Late-pay." Book. "Ook-bay." Pencil. "Encil-pay." Okay...
0
May 17, 2010
May 17, 2010 at 3:38 PM UTC
kickass in kindergarten.
Ek skrik die 10de Augustus wakker. Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg. Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker. Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg. Vaagweg **** ek, "I look to you" "And when melodies are gone" "I hear you in a song" Ouma was ons eie Whitney Houston Haar sterk gees was ons rots. Al het ons met tye lekker koppe gebots. Sy was my vestiging, ons familie se trots. Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou. Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou. Ouma se omgee het my soveel keer gered. Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed. Mag die voëltjies altyd bly sing Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring Ouma was altyd bereid om te help Vol genade het ouma, harde harte versmelt Mag oupa altyd verlief bly Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry 'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is Al sit ek heel wat die potte mis Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer. Dankie vir elke koppie soet tee Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee Dankie dat julle vir my alles kon gee Dat hulle harte net liefde kon skree Dankie dat ouma my veilig kon hou Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou. Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou. Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
0
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
H1938 - 2018
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer als wat goed is in die lewe; saam met die suur melk uitgemoer al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas , ek hunker na n glasie brandewyn om die herrinneringe mee weg te was. Want Vader al val 'n duisend aan my sy en tien duisend hier langs my vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby. Ek is moeg vir alleen wees moeg vir bang wees vir koue voete koue hande en 'n hart wat altyd koud sal wees. waars die liefde en genade waarvan ons in ****** en die Bybel lees. Waars my stukkie hemel. Waars my engelkoor. Is dit ook tussen my suur melk... of het ek dit deur bottervingers verloor?
0
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:46 PM UTC
Noem my bottervingers.
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval Verdoem deur drome van 'n wakker oog gee ek in tot die eindelose gekarring. Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld die trane en inspirasie , aangemeld - en saamgesmelt in elke belydenis? Ek spaar toe maar my knieë en sak neer voor die rekenaar en fynkam die intrieke sydrade van ons spinnerakke Vergrootglas die letters, opsoek na: 'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom... NEE MY! Toe speel my storie... Ag ek meen Sy outobiografie af en ek's aleen. Elke nou en dan en dan en wan vee ek oor die rekenaar skerm en skrik as ek sý gesig sien. Hy wou dit nie aanvaar nie! - ek wou regtig nie! Hy wou verander! -ek wou regtig graag verander... ek... - ek bedoel hy; Ons ma's was swertsend selfs godslasterik lief vir ons en haar stickynotes het ons oral vasgekeur , want Levitikus!!! Levitikus sê NEE... Ma sê die Bybel sê: "Ons is dood". Ma se sy wil ons nie verloor nie. Kom sy nie agter dat ons in haar geweierde woorde versmoor nie. My knieë is lank genoeg gespaar. Na 90 minute se snikke en trane val ek neer voor die Heer en almal wat nog wil luister. Ware ellende stort uit perelpoele en plas neer op die koue wereld. Uiteindelik bid ek vir hom, maar my gebede is te laat - met so dertig jaar of wat -. Ek hoop iemand bid vir my... ek hoop die gebede vind my - maar vir my , betyds-. Want ek sit met VIGS van die siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n lifelong companion om die eufemisme mooi te stel... Ek is Hy. Hy is ek. Ons is ons eie tipe mens. Amen
0
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
Nie 'n kas nie, 'n kluis

52
Knuppeldik gaan slaap die stad na 'n feesmaal van smaak en kleur vloei die reuke deur die strate in 'n Brown se beweging van geur. Alle trommels , trommeldik maar maak 'n lee geraas en in die donker , agterstrate begin die ander nou te aas Kom die honger hande uit die sakke en krap met rook-geel vingernael soek die skummel in die swartsak vir 'n laaste dissipelsmaal. Maar jy is skille , jy is doppe jy is alles wat laat gril nie genoeg vir koningstafels maar vir my net genoeg om die knaagdiere te stil. Onerfare soos ek is , vat my hongerbrein ook mis watter mens kan so dan lewe? watter mens kan so dan eet? van die lykswa en die straatveers het hierdie boemelaar vergeet. Ek is mens en nie 'n vark nie, (al moet 'n mens ook eet). En stil vergaan die boemelaar wat kieskeur ook wou wees, nog 'n straatkind se ou lykie nog 'n honger kinder gees... ek wat was het mos gesien *** kos op tafels lyk, en het sodanig hart verloor op kosse kleur en ruik. Met 'n bord vol knubbels le die lykie voor hom , onaangeraak. Al was kos ook wat kos was daar het hy te lief vir die droom geraak. Eerder kwyn en dood verslaan as om die droom te ruineer. Eerder dood van honger, as om hierdie kos , as sulks te eer.
0
Jan 14, 2015
Jan 14, 2015 at 10:37 AM UTC
Liewer vir die droom geraak
S at on the lowest step looking down, down at no one E xhausted just looking up, up at everyone A t the beginners mark, marked with frustration T ook me by surprise, surprised they'd come back for me
0
Sep 4, 2014
Sep 4, 2014 at 10:22 AM UTC
Seat
My bed verlang na ewewig En kantel as ek lê, My arm kweek ń onwrikbare Verlange na ń glimlag wat Daarteen druk en Selfs nou en dan Speels byt. Die ysere Koue wat Dwing om In my oop Arms te Kom rus. My kat spin hard op my bors, Duidelik in haar skik met die Wete dat sy, vir nou Op jou geresserveerde kussing Kan lê En met Daardie Wete Verlekker Sy haarself In my Ellende Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly En giggel Want ek Wag vir Iets wat Dalk nie Kom nie Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie Van dromme Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog Meer leeg As ooit Tevore En sou My contact List net Soos my bed Geraak het... Die wind wat deur my hartskrake seifer, Fluister jou naam En flankeer met My gevoelens.... Hiers ń spasie oop Spesiaal vir jou... Mnr _. -ń tipofrafiese voorbeeld Van digterlike vryheid Verwar vir menslike Eensaamheid...
0
Apr 22, 2014
Apr 22, 2014 at 2:40 AM UTC
waar lê jou...
Dit was daar Ń knal in die nag Skerper as die dop-klank Van dinamiet in dolomiet En gevaarliker as klapperskiet; Die knal in die nag... "Dit was daar op stemdag " , sê ek. Dit was... ekt gehoor! Skiet ek my siel uit Teen die leë gehoor "Dankie my bokkie" ,Met x'e gekys Help nie my hart nie X'e is ook maar ń tipe kruis Ñ tipe graf in afwag Ń tipe nood, ń stille dood. Dan tref die waarheid my hard Soos ń gewyde plathand Van ń skietman of ń doodsman Dis jou land , dis díe land Hoekom nou skielik bang? Ekt dit gehoor, ekt dit gehoor Ek sweer op die graf Van die gesneuwelde stem. Maar nou kom noem- Moet ek erken... Ek vrees die geweerskoot Meer as die galg Wat stil is soos slange Wat my wurg en my walg. Ek is banger vir die knal Wat die hele buurt vang As die halfpad val En heeltyd hang Soos kleintyd speeltyd Van rodswaai en my lyfie Aan toue op hang. Wats ñ geweerskoot nou Teen die monsters van binne Wat klou om te hou. Raak rustig , haal asem , toe nou bedaar. Jy weet mos jou denke Was maar nog altyd Jou grootste gevaar. - wanneer geweerskote in kopskote verander... Raak die wêreld donker
0
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:04 PM UTC
Dis net ek
From grey plaster dwellin’s they come to us fer enough sun t’ melt their lollies but after sun-burnt migrations, some remain as they can choose our shacks fer their castles and their spawn breaks the spines on each weaver and fer their red-faced fuss ‘e is broken. The ‘ermit crab too takes ‘is leave broken. The ‘ome ‘e made now closed to all of us Not passed by ta’ooed ‘ands o' net weavers. The painted shells still litter these streets but suited slugs paint gray on our small castles till only mockin’ shades of age remain. “Shave off, bastards’ll pick till none o’ yer remain” screamed mad John as relaters “fixed ‘im” broken into some plastic ‘ouse from ‘is castle. ‘ow ‘e used t’ tell those old tales to us 'o the deep places and the things there but they ‘ad ‘im by the gills, poor old weaver. Spines down, in nets made by ‘is own weavin. we did it to ourselves, we can’t remain Wi’ nets o’ money, o’ ***** o’ smokes, but black flags still fly, bein’ bent never broken. Cross-bone attractions will be left as us ‘eld by those who took away our castles Stormin’ beaches to kick down our castles the sandy ‘oles and ‘ides of those weavers. Sellin’ our anger like lug, dear to us cast from the sea of us that will remain ‘ook lipped, ring-eared, ink-stained and not broken nothin’ t’ be fixed and no-one changed but In come those nets, I ‘aint been caught yet but that gray, that London gray sweeps my castle away where the concrete can’t be broken t’ reach lug beneath dried surface weavers as gulls break beaks t’ peck at the remains. yes, we’ll eat each-other if they take us. Take enough of us, and leave shell castles no ‘ands to ‘old jolly Rodgers and sing ‘appily swear, or dance on tables but **** that.
0
Dec 2, 2013
Dec 2, 2013 at 8:10 PM UTC
Sand-castles and Weavers

40
Crackling. Rocking. Crackling. Creaking and oscillating, a century old Mahogany Wood seceded to the paSsage of time. Particles of sand, confounded by the Peninsula’s chaotic, blasting breeze now revealed a shade of burnt tar.    Outside of the second floor Maissonette, sways the rocking chair once warmed by Grandpa. A Tactless, impatient, rhythmic Requiem Bashes near the wiNdow pane as the sunset falls Under the frame.                                                               Empty Folklore presides like the Residue of a once lambent effigy…                                               SwOosh. Hush!            Cocktails were a Preamble to lunch like diabetes to Nephropathy. Corrosive Rhetoric seeped in to expose the ego of a Sommelier.      A smile would Parachute down when you needed it like Nicotine to remind that no Precedent had been set, just an Anomaly.                      Cutthroat beginnings, this was no Analog man.         In grade school his Cosmos found Zion and “The world to come”.         This baby’s Cradle, abandoned High atop a mountain was blown by a Chinook towards the Atlantic.                 “I was found swallowed in a stained Table cloth by Balkan children on a treasure hunt, with no Guarantee and no resignatIon. "                      The boTtle narrates these chronicles and a smile parachutes down when you need it like nicotine.                                           Dionysus Crafted his accounts while most Garnered his spiels with Snide.                               As they witnessed dream remembrance; he thought his memory was Presumably accurate, and although his tales were triFling to the gathering audience, they became his Heliocentric history.             Calling me a young Galleon and handing me a map, Grandpa scanned his hand across the vast land        guaranteeing trEasure would be found if I had no resignation.                This Asinine assertion to my teenage sister Symbolized the Barring of her unheeding imagination by time and then a smile parachuted down just when she needed it like nicotine. _TRF
0
Dec 14, 2016
Dec 14, 2016 at 11:13 AM UTC
Periodical Obscurities

18
Tussen my gesteelde fotos En bekoorde akoorde Verstik ek aan twyfel In my verlies aan woorde Ń Oorverdowende stilte In die kuberruim ,Die koperkoord kletskamers En bakkiesblad boodskappe. Trek op jou neus vir Die new-age kakkerlakke. Tik my vingers stompies Op die gladde skerm Rook in die aande as My gemoedsbekakkings kerm Oor die stilte op die foon... Rukkings deur my lyf My harts onwrikbare toorn Ek **** aan jou Ek droom van jou Ek wens en hoop op jou , maar self met die masker Van moderne tegnologie; **** jy ook *** raas die stilte nou?
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:37 PM UTC
Oorverdowende stiltes