"luister" poems
Gebroke sit ek
my hart vol emosies
my gesig uitdrukkingloos
Di masker groei vas-
almal **** ek glimlag
maar my hart skree van pyn
my siel staan snikkend
en my glimlag verlore!
ek wonder oor liefde
ek wonder oor haat
wnt in hierdi eensame wereld
gryp ons almal na hoop
verwagtend di antwoord le daaragter
ek verlang na jo stem
ek mis jo oe op my
en ek wil nt luister *** j asemhaal
wnt sonder jou voel ek leeg!
So hier staan ek mt my hart in my hande...
hopend jy gee wel 'n bietjie om...*
Oct 10, 2013
Oct 10, 2013 at 3:50 PM UTC
I close my eyes
Silently I listen
A voice that's vanished
That will sound forever
The voice that will always slingshot
The poetic words
Of the nightingale
Into the world
For a second I start to dream
I forget
What I saw
When my eyes were still open
Ik sluit mijn ogen
Zwijgend luister ik
Een stem die is weggestorven
Die voor eeuwig zal klinken
De stem die voor altijd
De poëtische woorden
Van de zanger
De lucht inslingerd
Even droom ik weg
Vergeet ik
Wat ik zag
Toen mijn ogen nog open waren
Feb 2, 2015
Feb 2, 2015 at 4:08 PM UTC
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval
Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?
Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!
Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.
Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;
Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.
My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.
Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...
Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.
Amen
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
Die fluister van my hart...
Ek raak stil en luister *** fluister my hart.
Die liggiese geklop in my keel maak my bly oor die lewe wat ek voel. Myne praat van die ope lug so blou, ek hou dit vas, en van die wind wat vry waai sonder om toestemming hoef te vra.
Van die son wat vroeg oggend goud op kom met die begin van nog n nuwe dag, wat warm bak teen jou rug as jy dit die minste verwag.
Van harde hande werk in die kombuis na die tuin wat vra vir bietjie liefde en gesels.
So is die lewe vol lewe, vol kere vir lekker lag.
Ja dit gee mens krag om die mooi te sien, in elke dag. 2016-11-28
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:19 AM UTC
Liefde is:
om die langpad Kaap toe deur te dring met Afrikaans is Groot treffers omdat jy sien *** Pappa sy vingers teen die maat van die ritme tik.
Dis om te weet dat Mamma wel omgee al is sy soms te besig om na jou gunsteling gedigte te luister.
Dis om saam met Boeties rugby te speel al wil jou lyf al vir jare nie meer hardloop en rond gestamp word nie.
Liefde woon hier
Tussen die gee en kry,
Tussen die op offeringe,
Tussen ons almal.
Nov 28, 2018
Nov 28, 2018 at 2:05 PM UTC
Die son het geskyn oor die more
van ons mense,
terwyl die mis stilletjies inbeweeg oor hierdie toe nog rustige waters,
Ja wit skuim soos 'n skim
was met duisende
jare van ons voorvaders se rus en vrede verwelkom.
Met bloed van verwoerd het die wit skuim en die skim gesien hierdie paradys is vir hulle baie goed en met 'n spieel en versteekte dolk en drank
agter die kraag
ons"primatiewe volk" se gehee
sistematies
vertraag, belieg, omgekoop
verslaaf
verkrag
vermoor
ultemiet
ook
soos 'n dwaas
heeltemal
verplaas.
.
Die son skyn oor die more
van ons mense terwyl die mis
stilletjies uitbeweeg oor hierdie
onrustige waters, honderde jare
van marteling kan jou brein so
KONDISIOENEER,
om te luister na die valse profeet wat vir jou
dan!!
met
hulle leuns
BEKEER
en
REGEER.
Skrik wakker my mense
dit het tyd geword
om braaf terug te veg vir ons
EER,
want "hierdie pyn"
is van ....lankal af
SEER
.
Jy is eintlik sy baas
Dit gaan oor waar jy jou kruisie plaas,
BRUINMENS
stem!!!
EG
hierdie plek gewaarborg
deur geskiedenis
is
eintlik
JOU
geboortereg.
Sep 7, 2021
Sep 7, 2021 at 2:29 PM UTC
Daar's 'n plek in ons siele,
War die seer nie kan inkom nie.
Maar waar is hierdie punt,
Waar lê dit binne ons?
In die diepte van ons harte,
Agter die mure wat ons bou,
Kan ons kyk tussen die krake,
En vind 'n Sleutelsteen
Wat ons heel hou?
'n Klein onbreekbare IETS
Waarin ons vergete hoop nog slaap?
'n Picture van wat ons is
Voor die ligte uitgaan
Maar wat sou ons dit noem,
As ons dit selfs kon vind?
Sou ons dit selfs kon herken,
As dit ons in die oë sou staar
En sê: „Ek bestaan“?
Sou ons daarna kon luister,
As ons dit selfs kon **** —
As ons selfs kon onthou
*** om sy taal te praat?
'n Klein onbreekbare IETS
Waarin ons vergete hoop nog slaap
'n Picture van wat ons is
Voor die ligte uitgaan
Daar's 'n plek in ons siele,
Waar die seer kan nie inkom nie.
Oct 19, 2020
Oct 19, 2020 at 9:40 PM UTC
Langwater slaap
langwater duister
ons het verslaap
tot moeder kom fluister
Vind ek myself
tot ek weer soek
die liefde gelees
in die lewe se boek
Seesand getrou
seesand ontbreek
die baai van my jeug
waar dorings nog steek
Ek is nog kind
die eerste geboorte
en so verbonde
is ek nie verstote
En so ver soos dit voel
kan ek nog luister
langwater slaap
langwater duister
Jan 17, 2020
Jan 17, 2020 at 2:36 AM UTC
Luister naar het advies
dat anderen willen geven.
Wees realistisch in de doelen die je kiest,
denk ook aan wat belangrijk is voor je later leven.
Drink minder, meer en eet gezond.
Werk van in de morgenstond,
de avond heeft niet langer
de functie van goud-in-mond vervanger.
Maak concrete lijsteren
opdat onduidelijke taken
je nooit meer kunnen verbijsteren.
Stop met angstig af-en-haken
nog voor je bent begonnen.
Leef wat rationeler, minder onbezonnen.
Het is al even voor de knikkers
en jij bent achterop,
net als op je stage, zonder zonnestickers,
vermijd je rakelings de flop.
Je bent zeker geen mislukkeling,
gewoon onzeker en daarmee
minder consistent.
Maar laat dat niet bepalen,
wat je doet en wie je bent.
Je hebt zo vaak gezegd: 'nu ga ik het doen.'.
Altijd maar met woorden bezig,
wachten, werken, tien.
Laat vanaf nu al aan de start je beste daden zien.
Dan zal je zelf in jezelf kunnen geloven,
hoef je geen loze leegte volledig te beloven.
Dan heb je zelf zelfvertrouwen.
Eet je biefstuk nu, wanneer ze warm is
dan moet je nooit opnieuw zolang
op datzelfde stukje kauwen.
Gegroet, m'n jongen,
het beste, man,
ik geloof het al,
maar vertrouw jij erop
dat je het kan?
Dec 10, 2019
Dec 10, 2019 at 11:15 AM UTC