Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"leemte" poems
Opgedra aan ‘n kind wat gebliksem moet word. Deur: Desperaatheid en vrees Jy klim in en uit die ***** van bestaan, beide die rede vir liefde en die kind wat sy baar. Jy is ‘n drievoud van godelike hervertellings , want wie kan regtig liefde in ‘n enkel sin verhaal? Geminag , die seun van liefde en haat - jou einste bestaan ,van die vroegste paradoksale meesterstukke. Verewig , verewig tot ‘n kind tussen die Groottes wat blindlings onder jou boogpunt swik. Vir elke nasie ‘n ander droom Vir elke geloof ‘n ander naam en Vir elke mens ‘n ander god. Amor , oh Amor! Die sinnebeeld van liefde wat die mendsom verbly , maar Eros jou ramkat jou hupse hygelbek! Jou erotiese aanraak! (die begeer ek) En ek? Met my koker van lig en van goud, wat hulde blyk en bou en bring maar bestorwe le voor my Laurel oor ‘n lood-stomp pylpunt vir haar ‘n treuerlied sing! Amor, Amor word wakker! My son le liefdeloos in my bros hart , wat instaan teen logika – sterk op die oorlogspad! Jy wat na my heuning reik -met honger hande vieslik gryp en ek wat jou met angel steek in desperaatheid jou nat vel breek… “Oh moeder”, roep die wetter na bo vir die planete om aan te **** “Oh moeder, Oh liefde “ ,spat die sot se treur, “ *** kan so bietjie , so klein – so seer!” En die heumel druis soos die moeder lag haar humor eg , maar haar woorde sag: “ My naakseun, my hinksperd My fallus met vlerke! Jy ,nog ‘n roosknop. gaan ook so te werke! Aanvaar die poëtiese justitie Stil nou liefstetjie Lamtietie Damtietie …” Amor, Amor! Weerstaan tog skoonheid se wieggelied en wees my genadig! Begunstig my ten einde laaste , selfs vader tyd is verveeld met die son se enkelpad! *** lank nog wil jy sluimer? Amor, Amor! Tel weer op jou leisels en bring liefde op die wind my wereld lê in afwagting vir die dolfyn en sy kind! Wees my genadig, Amor! Deurboor my leemte met goud, ,want die bringer van lig is slapeloos en my hart is droewig en koud. Oh Amor, Amor! Ek weet jys nog jonk, maar *** speel jy dollos met lewe se vonk… Amor, Amor! Word wakker! Amor…
0
Dec 22, 2014
Dec 22, 2014 at 2:56 AM UTC
Amor, Amor!

Continue reading...
72
Dit is die trane wat niemand sien nie Die seer wat niemand voel nie Dit is die koue gevoel in jou hart wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag Dit is die eensaamheid op naweke Die stilte wanneer jy skree Dit is die afwesigheid van n warm hand Die oorblyfsels van n gebroke sielsband Dit is die spasies tussen jou vingers Elkeen n herinnering van n tekortkoming Dit is die koue winters alleen Die somers spandeer onder skaduwee Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies Dit is al die gebroke beloftes Die "liefde met voorwaardes" Dit is die idee van *** alles moet wees Wat keer dat jy gelukkig is Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag Om jou te herinner van jou seer se mag Dit is die donker aande sonder sterre Jou dood stille foon op die moeilikste tye Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde Die "gaan nie eers probeer" nie's Omdat jy voel niemand sien jou raak En skielik is gelukkig wees, n verbode taak Maar dit is die leemte in my hart Die swaarte krag van al die vrae Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart" Wat die hartste praat Dit is die gewoonte om te voel jy misluk Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
0
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
legkaarstuk
Jy hou van die manier waarop sy jou naam troosvol uitgespreek het na 'n swaar dag wat jy gehad het. Jy is lief vir *** sy jou bekommernis verlig met elke woord wat sy sê dat jy nie presies kan vind *** sy daarin slaag om dinge wat jy nie kan uitdruk nie, uit te druk. Jy hou van *** haar teenwoordigheid jou op jou reënerige dae troos en warmte gee. Jy hou van haar klappergeur wat in jou kar hang nadat sy saam jou iewers heen gery het. Jy hou daarvan om die geluid van haar lag te **** wat die leegheid van jou wêreld vul, soos simfonie jou uit die leemte haal. Jy is lief vir *** sy gedigte geskryf het wat jy altyd weggevoer het, *** hulle gewys het hoeveel sy jou liefgehad het. Jy hou van die manier *** haar klein vingers met joune verbind is, *** dit jou laat voel het dat jy die is wêreld waarna sy draai. Jy is lief vir *** hierdie woorde die helderheid van die sterre diffundeer en *** hulle in die konstellasies hierbo vervang. Jy hou van die manier waarop sy haar lippe saggies die besonderhede van jou gesig spoor soos 'n veer wat sy tydelik in die golwe van die wind laat dryf. Jy hou van die geluid van elke strook van die potlood wat sy gemaak het toe sy die kruiswoorde wat jy op jou tafel gelos het, opgelos het, en besef dat dit nooit reg was nie, maar om na haar te kyk, was 'n antwoord self. Jy is lief vir *** sy alles vir jou gemaak het, so erg dat dit jou laat verdrink het. Jy is lief vir die idee van liefde wat hierin gevorm word.
0
Feb 24, 2019
Feb 24, 2019 at 5:11 AM UTC
Jy was nie verlief op haar nie.
My bed verlang na ewewig En kantel as ek lê, My arm kweek ń onwrikbare Verlange na ń glimlag wat Daarteen druk en Selfs nou en dan Speels byt. Die ysere Koue wat Dwing om In my oop Arms te Kom rus. My kat spin hard op my bors, Duidelik in haar skik met die Wete dat sy, vir nou Op jou geresserveerde kussing Kan lê En met Daardie Wete Verlekker Sy haarself In my Ellende Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly En giggel Want ek Wag vir Iets wat Dalk nie Kom nie Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie Van dromme Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog Meer leeg As ooit Tevore En sou My contact List net Soos my bed Geraak het... Die wind wat deur my hartskrake seifer, Fluister jou naam En flankeer met My gevoelens.... Hiers ń spasie oop Spesiaal vir jou... Mnr _. -ń tipofrafiese voorbeeld Van digterlike vryheid Verwar vir menslike Eensaamheid...
0
Apr 22, 2014
Apr 22, 2014 at 2:40 AM UTC
waar lê jou...
Vrees, vir die geordende paar letters wat jou naam uitspel. Vrees, want jy bedreig my geluk soos 'n dors parasiet. Vrees, vir die monster wat jy in staat is om te wees. Angs, jy maak my bang, jou kaarte is onvoorspelbaar en jy speel satireis sonder reels, grense of stippellyne vervaag tussen wat joune is en wat bly eintlik myne. Angs, jy vat en gee dinge wat moes bly, jy kom en gaan en verwoes ons bly agter, 'n stukkie gronderosie hou op, want ek is nou moeg. Angs, want jou griewelike vure brand helder warm, ek is bedek met die paraffien wat jy oor my uitgestort het. Leuens, jy wat gevul id met ongesonde nyd raak jy nooit moeg, om so vieslik te verwoes? 'n Onverdiende tug beloon my met somber wanhoop Ons almal nodig nou 'n bietjie rus, die leemte wat jy vul sal ons nie maklik mis.
0
Sep 10, 2012
Sep 10, 2012 at 5:53 PM UTC
Vrees
geselsies oor stomende boere troos kombuis warm gekuier stemme weerkaats sagkens van mure my verlore jong meisie dae as ek maar kon weet woorde aan die wind wys en syd versprei soos die skerwe van my hart onherroepbaar weg , stof bedek die inuitputbare gemis geen ander skaduwee kan begryp tyd heel niks jy leer leef in leemte en skerwes huis met krake en gebreuke tot als in tuimel soet versoening tot dan siels kreute, hallelujah
0
Jun 6, 2014
Jun 6, 2014 at 4:24 AM UTC
2014.06.05