"koester" poems
Met jou patetiese pantomiem teen n God wat jy haat
verkrag jy harte en bevestig sy bestaan.
*** seer voel jou vuiste as jy slaan na die wind?
*** groot voel jou ego met die roem wat jy vind?
Swakelinge swig soos skape voor jou opstand en hype
Jou talent is verduister in verganklike tripe.
Jy is nie die eerste of laaste wat laster,
wat liefde verloor met die haat wat jy koester.
Ons is almal maar net wasems wat verdwyn in die mis
tot verniet gaan ons woede en onheilige twis.
Daar is nog genade terwyl die son skyn
om omkeer te maak van die krakende pyn.
Feb 2, 2010
Feb 2, 2010 at 10:33 PM UTC
Ek die lieplapper
Fladder in die wind
Soos ń herfs betaste blaar
Wat in die dwarrelwinde
Tolbos en die reels
Van swaartekrag verag
My kop is op ń blok gesit
Soos die twee vir ń stywers
Wat inner kompaste volg
Na waar die hart mag lei
Sterk oppad na iewers
Maar word deur nikse
En nerense verlydelik gefly
My V formasie vervorm
, vlieg vêr vooruit
Tot waar ek sig verloor
Van veilige jolheid.
Ek verkoop my vryvlieg siel
Aan die voëlwip en sy wag
Onbewus van die somer
Wat oor die waters op my wag.
Ekt my siel verkoop aan
Die winterson...
Prysgegee, môre se geluk
Die stofwolk op die Horison
Môre trap jy oor my
Windverstrooide oorblyfsels
En neurie ń afskeidslied
In jou binnenste.
Jy koester dalk ń traan
Of twee.
Vir die gees van ń
herfsblaar lieplapper
Wat in selfverwyt besterwe
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:09 PM UTC
Vandag vloek-groet ek die verlede
en spuug die suur naam uit
en rig ek al my groot gebede
om gistergoed ook weg te smyt
Maar koester ek die kleine vrees
in die diepste van my hart
sal more net soos gister wees
breek die ook van die smart
en deel ek in vertroulikheid
my woordsopregte eed
as more soos 'n spiel wil lyk
sal dood my uit ellende sleep
Tog, mik ek vir die kruine
- droom my silwer droom
, vermy vergete pyne
van 'n toekoms palindroom.
Want as my lepel andersom
dieselfde as tevore lyk
wees jy ook nie te verstom
as ek na sagte doodsoen reik.
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:47 AM UTC
Onverwags verskyn prag voorwaardelik
Verdoesel my ongemaklike donker twyfel
Natuur bekoor beskeie knus veranderlik
Herinner koel met bot kleurvolle bloeisel
Koester sigbaar aarde hart soet met vrolik
Landskap verwelkom lag lente groen raaisel
Verlig gemoed swaar wat was ondergeskik
Verkwik vaal winter koue geil met verskansel
Blommeryk kyk spruit uit kyk! Is dit nie Wonderlik?
Jul 24, 2020
Jul 24, 2020 at 6:26 AM UTC
Ryk in maniere
wat nie gemeet of
Maklik bepaal kan word
Oorstallig
Rustig
Tevrede
Ryk daarna uit
Na ander oorstelp
Wat nie kan help
Bedroewig
Mismoedig
Begewe
Deel gerus jou harts lied
Sing vir dié in droogse donker
Belaai met verdriet
Vrylik
Lieflik
Begeeflik
Herinner hulle heimlik
Hul oorvloedige innerlike erfstuk
Skink 'n heildronk op die Heilbron
Bespoedig
Begeerlik
Begiet
Buig saam die kop
Ontvang die Heilse heet
Verborge net as jy vergeet
Ligweg
Verhewe
Belewe
Stap dan heelhartig helder
Koester elke kosbare tree
Destinasie onbepaald ewig verder
https://blominblou.weebly.com/blog/skatlik-ryk
Aug 4, 2020
Aug 4, 2020 at 2:04 AM UTC
nóú is alles
dit verdwyn
of jy laat los of klou
glip deur
jou geheue as jy gryp
na die moes en sou
dis die vegeetbare rituele
die nietighede
wat ons op
ons voete hou
vou jou wasgoed
voer jou kinders
koester jou kleinood
onthou
om te onthou
May 13, 2022
May 13, 2022 at 11:01 PM UTC