Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"jouself" poems
**** jy die **** van yster-gordyn wat val en die aarde omhels ten laaste sy afwaartse versnelling. Dit maak seer mamma... Gewere word neergelê as ń universiële teken van hoop en vrede , maar verlang na ń lid van die geledere. Dit maak seer mamma... Ons was almal naïef; in ons drome was daar plek vir twee, Ń eindelose see waar ons kon wegvaar van die ontbindinde spoke van gister, waar ons ons hande in soutwater-poele kon was iewers langs die kus van versoening... Dit maak seer... Niemand sou kon raai dat die jare se snellertrek en loopgraaf grawwe jou eens sagte vel kon magnetiseer nie... *** kon ek voorsien dat jy ń bietjie van die geweld gaan steel het om vir jouself te hou nie. *** sou ek weet dat jou vingers jeuk sonder die dooie staal wat dit streel nie... Een skoot Twee skote Drie skote Ń eenman vuurpelaton reën op my neer en dring deur my ope arms... Jy het nog altyd ń plek in my hart gehad, maar nou het jy dit beset met lood en alle onskuld uitgerook met brandende kruit... Dit maak seer... Dele van jou hang nog swaar op al die plekke wat saakmaak en seermaak en trek my af grond toe... Eina... Liefde ek het altyd geweet ons het mekaar se ruë gehad... ek hey net nie geweet jy was besig om ń rooi kruis vir jou fissier op myne te verf nie... Dit maak seer mamma... Koebaai
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:48 PM UTC
Kuikens na 'n oorlog
Die môre groet jou met ń nat soen En ontplooi haar goue gloed Oor jou fynbos en Olifants-oor Die wind ween oor die rykdom Wat jy deur jare van sweet en bloed, vir jouself terug geëis het , maar streel deur jou grashalms Met die harmonie van hoop wat deur jou are pols... Pols, wanneer 4x4 en ossewa spoor oorkruis! Hier timmer jy aan my - lê die hoeksteen van ń graniet gebou Ek sal strewe om jou te eer. Suid-Afrika , ń ode aan jou.
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:06 PM UTC
Ode aan my land
Sprei jou vlerke My struikel-kind , want die berge se rante Steek skerp teen die wind Vlug vir jou onskuld Vlug na die son Vlieg weg van Gamora ontsnap van ***** Vlieg ver oor die wolke My struikel-kind Daars ń storm wat broei , maar hou jouself blind Want sere en blase Word gou-gou weer heel Maar geen pleister plak toe Die letsel van *** Honger hande neig Om jou kinderlikke onskuld van jou af weg te steel... Sprei oop jou vlerke My struikel-kind Want die berge se kranse Hang laag in die wind Kruip weg vir die hande Wat jou wil verslind En keer terug na jou kinderdae Om jouself weer te vind... Liefde... Van ń kaalvoet-kind
0
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:33 PM UTC
kaalvoetkind
Die studies van vraagtekens wat ons koppe krap en klont lont laat brand opsoek na ellipse en vonke spat. Die wetenskap wat vrae vra soos die jonges van dae wat nie einlik wil weet nie - wat nie die honger vir wonder wil heet nie -wat uitroep tekens wil uitroep in n vraag en hoop dat die tronke sal voller word , want hulle weet n lee kerk is n gebou en geloof is net te vinde binne jou! Ek blyk n kenner te wees, want *** maklik verdwaal ek nie in n woud van waaroms nie? As die donker van n liefdelose dag om jou toevou en jy versekering soek vir jou troesou van blindstaar en wangdraai, begin jy jouself toesnou met vrae soos spieelkrake en lemsnye ontdek jy die pseuodo metafisika van die siel. Ek, verkul n wetenskap op my eie.
0
Dec 22, 2014
Dec 22, 2014 at 2:45 AM UTC
metafisika
Vat ń slukkie verdriet En ontnugter jou verstand Tot dit niks meer As net ń spookdorp is Wat tolbos oor Jou silwerdoek-lewe nie Jy voed op energie , maar in ń moeë wêreld Teer jy jouself uit Totdat honger straatkinders Jou ribbes speel soos marimbas Vir net ń laaste trek. Dalk is vandag Net een van dáárdie dae , waar jy my sou red En jou skouers my vertroosting sou wees- Jou lippe my spiersalf Vir ń hart wat seer geklop is. Een van daardie dae , maar jy is nog een van Dáárdie mense... Een van mý dae... Iets wat jy nie is nie- Myne
0
Apr 23, 2014
Apr 23, 2014 at 2:33 PM UTC
Al een ; aleen
fyntjies fyntjies dans op ‘n lem hou die pyn uit jou stem liggies liggies oor donker water dobber vlak bo-op sink saggies later en dan duik diep deur die duister fluweel van die sagte nagsee gaan terug  na wat jy is swem deur die seer anderkant die doop sal alles dieselfde wees behalwe jy blaas jou eie vlam   smee  jouself vry
0
Aug 18, 2022
Aug 18, 2022 at 12:59 PM UTC
smeltkroes