Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"gesond" poems
My klein Ouma smeer haar liefde soos botter Sy smeer van kant tot kant en gee liefde orals, wat langsaam versmelt in die deug van haar sagte brood My klein Ouma se liefde vul al die gate in die warm brood “Niks is beter as brood nie” Is wat Ouma altyd se En tog, is sy verbasend klein … Sy eet net die krummels en gee vir ander haar gebotterde brood so gesond so lekker My klein Ouma Vol liefde gesmeer
0
Jan 3, 2019
Jan 3, 2019 at 2:44 AM UTC
My klein Ouma
met nat oë en stem rasper-hees sal sy my eers met kaneel en gemmer genees met swaar lyf en kop wat klop salf sy my eers met heuningwoorde gesond en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei met die seer wat nog so rou in haar talm bid sy eers die onrus in my kalm en ek weet saans ween en woed onverbiddelike storms in haar gemoed en dan soggens uitgespoel en broos is sy nooit te swak om haar kroos eersmaal te troos vir speelgrond wond of hart wat breek terwyl daar dubbeltjies soveel dieper in haar insteek die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het vir elke afvlerkkind die lyntjies waar sy op die mooiste wyse haarself met ander verbind waar sy soveel ander se seer verberg ten spyte van alles wat dit van haar verg hier sit ek stil en verwonder my aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
0
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC
mamma
die snykant van die liefde is so dun dit glip ongesiend tussenin die fynste lem kerf die diepste wond los ‘n dooie letsel word seer gesond
0
Mar 20, 2019
Mar 20, 2019 at 1:36 PM UTC
snykant