"gesig" poems
Gebroke sit ek
my hart vol emosies
my gesig uitdrukkingloos
Di masker groei vas-
almal **** ek glimlag
maar my hart skree van pyn
my siel staan snikkend
en my glimlag verlore!
ek wonder oor liefde
ek wonder oor haat
wnt in hierdi eensame wereld
gryp ons almal na hoop
verwagtend di antwoord le daaragter
ek verlang na jo stem
ek mis jo oe op my
en ek wil nt luister *** j asemhaal
wnt sonder jou voel ek leeg!
So hier staan ek mt my hart in my hande...
hopend jy gee wel 'n bietjie om...*
Oct 10, 2013
Oct 10, 2013 at 3:50 PM UTC
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval
Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?
Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!
Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.
Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;
Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.
My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.
Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...
Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.
Amen
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
Jy hou van die manier waarop sy jou naam troosvol uitgespreek het na 'n swaar dag wat jy gehad het.
Jy is lief vir *** sy jou bekommernis verlig met elke woord wat sy sê dat jy nie presies kan vind *** sy daarin slaag om dinge wat jy nie kan uitdruk nie, uit te druk.
Jy hou van *** haar teenwoordigheid jou op jou reënerige dae troos en warmte gee.
Jy hou van haar klappergeur wat in jou kar hang nadat sy saam jou iewers heen gery het.
Jy hou daarvan om die geluid van haar lag te **** wat die leegheid van jou wêreld vul, soos simfonie jou uit die leemte haal.
Jy is lief vir *** sy gedigte geskryf het wat jy altyd weggevoer het, *** hulle gewys het hoeveel sy jou liefgehad het.
Jy hou van die manier *** haar klein vingers met joune verbind is, *** dit jou laat voel het dat jy die is wêreld waarna sy draai.
Jy is lief vir *** hierdie woorde die helderheid van die sterre diffundeer en *** hulle in die konstellasies hierbo vervang.
Jy hou van die manier waarop sy haar lippe saggies die besonderhede van jou gesig spoor soos 'n veer wat sy tydelik in die golwe van die wind laat dryf.
Jy hou van die geluid van elke strook van die potlood wat sy gemaak het toe sy die kruiswoorde wat jy op jou tafel gelos het, opgelos het, en besef dat dit nooit reg was nie, maar om na haar te kyk, was 'n antwoord self.
Jy is lief vir *** sy alles vir jou gemaak het, so erg dat dit jou laat verdrink het.
Jy is lief vir die idee van liefde wat hierin gevorm word.
Feb 24, 2019
Feb 24, 2019 at 5:11 AM UTC
dis amper vyf jaar later.
jy drink nog saam my koffie in my bed tydens ons stiptelike afspraak -
op nostalgiese Sondae aande
wanneer die wêreld stilraak,
kort voor die week weer sy stophorlosie
aanpas.
die herinneringe tog só aanskoulik,
maar stééds kan ek myself nie bring om
jou stem te herroep nie!
voor ek jou kan vasgryp, weer saam jou kan lag
óf
my gesig sag teen jou bors kan vasdruk,
verdwyn jy,
en Skuld neem jou plek in tussen die lakens,
klink die koppie teen myne
gee ‘n grynslag
en sluk my heel in.
Jul 21, 2019
Jul 21, 2019 at 1:47 PM UTC
trek jou kos uit
die modder
druk jou wortels
donkerdiep
suig jou lewe
uit die lig
reik jou takke
tot die bloue niet
drink alles om jou in
en draai dit tot groei
rig jou gesig na die son
tot jy bot en bloei
dis hier waar jy staan
tot hier het jy gekom
hier is ‘n kans
‘n plek om te blom
Apr 13, 2022
Apr 13, 2022 at 12:27 PM UTC
Verlate gebroke hart
haar gesig staar verlam
net die liefde
hou vlam
tot-dan wag sy
in
vergange woude
gegrond op verlange.
Broken-hearted alone
her face a-glare of tragedy
a
slave to love
waiting on tinder
in
forests of decay
grounded on cinder.
Jan 7, 2023
Jan 7, 2023 at 4:53 PM UTC