"deur" poems
Opgedra aan ‘n kind wat gebliksem moet word.
Deur: Desperaatheid en vrees
Jy klim in en uit die ***** van bestaan,
beide die rede vir liefde en
die kind wat sy baar.
Jy is ‘n drievoud van godelike hervertellings
, want wie kan regtig liefde
in ‘n enkel sin verhaal?
Geminag , die seun van liefde en haat
- jou einste bestaan ,van die vroegste
paradoksale meesterstukke.
Verewig , verewig tot ‘n kind
tussen die Groottes wat
blindlings onder jou boogpunt swik.
Vir elke nasie ‘n ander droom
Vir elke geloof ‘n ander naam en
Vir elke mens ‘n ander god.
Amor , oh Amor!
Die sinnebeeld van liefde
wat die mendsom verbly
, maar Eros jou ramkat
jou hupse hygelbek!
Jou erotiese aanraak!
(die begeer ek)
En ek?
Met my koker van lig en van goud,
wat hulde blyk en bou en bring
maar bestorwe le voor my Laurel
oor ‘n lood-stomp pylpunt vir haar ‘n treuerlied sing!
Amor, Amor word wakker!
My son le liefdeloos in my bros hart
, wat instaan teen logika
– sterk op die oorlogspad!
Jy wat na my heuning reik
-met honger hande vieslik gryp
en ek wat jou met angel steek
in desperaatheid jou nat vel breek…
“Oh moeder”, roep die wetter na bo
vir die planete om aan te ****
“Oh moeder, Oh liefde “ ,spat die sot se treur,
“ *** kan so bietjie , so klein – so seer!”
En die heumel druis soos die moeder lag
haar humor eg , maar haar woorde sag:
“ My naakseun, my hinksperd
My fallus met vlerke!
Jy ,nog ‘n roosknop.
gaan ook so te werke!
Aanvaar die poëtiese justitie
Stil nou liefstetjie
Lamtietie Damtietie …”
Amor, Amor!
Weerstaan tog skoonheid se wieggelied
en wees my genadig!
Begunstig my ten einde laaste
, selfs vader tyd is verveeld
met die son se enkelpad!
*** lank nog wil jy sluimer?
Amor, Amor!
Tel weer op jou leisels
en bring liefde op die wind
my wereld lê in afwagting
vir die dolfyn en sy kind!
Wees my genadig, Amor!
Deurboor my leemte met goud,
,want die bringer van lig is slapeloos
en my hart is droewig en koud.
Oh Amor, Amor!
Ek weet jys nog jonk,
maar *** speel jy dollos met lewe se vonk…
Amor, Amor!
Word wakker!
Amor…
Dec 22, 2014
Dec 22, 2014 at 2:56 AM UTC
My hart klop groen vir groei
en ander goed
en pomp van hormone
en suurtof ryke bloed
dit was liefde
met eerste oog opslag
dis net jammer my oe staar blind
teen die mes in jou hand
wat op my kaal rug wag.
Dis 'n gan an soort klop
die go-ahead van my kop
die alles sal reg wees
in jou glimlag
jou oe die mandaat
van 'n regte terg gees.
en ek gaan vir die groen
en silwer en goud,
vir al die goeie goed
vir die land sonder fout.
Maar my hart is die
Andries Hendrik Potgieter
van my boere bloed
wat waarsku teen jou
met alle moed.
My heldersiende hartklop
wat my weg probeer lei
van nog 'n ou grappie
en nog 'n bietjie seerkry.
Nou klop hy rooi
hy klop bloed
hy klop stop.
Maar soos 'n GP kar
vermy ek die tekens
in my haas vir jou mond.
Voel die lem deur my ribbes gly
dood, nog voor die grond.
en my hart, wil lag,
maar skree verwoed.
Nou kook die boerebloed!
Jou simpel, jou wetter
jou bogsnuiter kind!
Snou my hart my toe,
nou is hy stil en
gee my die silent treatment.
Jun 17, 2014
Jun 17, 2014 at 6:18 PM UTC
Jou intrieke detail
En fokus, riem deur
Jou werk soos are...
En ontmitologiseer die
Twyfel rondom ń
Onbetwyfelde meesterstuk...
Jou woorde is die huid
Van ń poëtiese mens
Wat sy stem verhef
Oor die onbenullighede
Wat my begaan , en
My fyn moed,
So breekbaar soos ma
Se porselein goed...
Raak jy verlore of
Raak jy aan my hart.
Raak jy dalk moeg
Vir die bleeksiel wat
Vêr verlore raak in jou
Oneindige insig.
Want jou woorde spoel
Oor die blaai in ń
Vloedgolf van misverstand,
soutwater smart streel
Jou alliterende liefde
Wat verby my rym...
Ons was nog altyd ń klug.
Verlief op ń digter.
Onbenullig, die metafoor.
Tussen die lieflike lyne
-Sal ek myself verloor.
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:05 PM UTC
Al wat jy my wys gemaak het is dat seer die selfde voel
Maak nie saak van watter oord dit spoel
Ek en pyn ken mekaar al jare
Jy het my niks nuuts laat ervaar
Daar is geen onderskeid binne my tussen jou seer en syne
Dit le nou als binne my, dis als nou myne
So wat bly oor van jou sogenoemde goeie intensies, wil ek weet
Binne n jaar of wat het jy als hier vergeet
Die bietjie wat ek gehad het, het ek met jou gedeel
Dit was nie wat jy wou he, my hart het jou verveel
Ek was net n goeie tyd wat jy op gedress het en liefde genoem
Terwl ek lee hande daar gestaan het en jou met my hele hart gesoen
Ek wens ek het harder probeer en jy het net geluister
Toe ek hard en saggies, en aanhoudend nee, nee, nee deur jou soene fluister
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 10:24 PM UTC
In die asemdroogtes van die nag
Word ek gebombardeer deur die warrelwinde van my ongesproke woorde
Wat ten laaste my hart van dolomiet versag
Skrapnel vlieg rond in die inner ruimtes van my gesonder verstand
In die geweldadige debat tussen die skynbare sinneloosheid van die Woord
En die gevoel van jou hand in myne
In geheim bou ek ń koningryk van lugkastele
Waarin jou beeld in elke kamer pronk.
Maar selfs díe verdwyn in die wasige misgordyn van dade
Waarvoor ek self nog swyg
Ten slotte:
Ek smag na jou...
-kammeraaddkap
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:09 PM UTC
En soms in die vroee oggend ure **** ek steeds jou stem...
wanneer ek sukkel om te slaap,
maar my lyf deuretrek is van moegheid
, voel ek nog jou sagte aanraking.
Dan ***** jy by my soos die neurie van 'n lang vergete wiegelied in die agterkop,
of
die weergalming van ons gegillende stemme deur die lang gange van die lewe...
dis dan wanneer die hartseer my tref.
Dit vul die l e e m t e s wat gelaat is deur die s p a s i e s waar jou vingers altyd so
perfek
In myne gepas het,
in die dooie gevoel,
oor al die plekke waar net jou aanraking
soms
genoeg was om elektrisiteit op te wek
wat my nog vir weke speelvol geprikkel het.
Dan vorm dit saam in die [kamers] van my hart,
waar jou n.a.a.m,
jou < liefde 3
en jou ~legende*
vir altyd sal bly
... en stroom deur die vensters van my siel...
sodat ek weer 'n gesonde uitkyk op die lewe kan he.
Soos 'n magtige rivier
loop dit by al die voue af,
maar altyd met grasie...
en ek huil
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 6:42 PM UTC
Ek het die siek gewoonte om oog op te slaan
en die nagprag te aanskou met digters-oog
wat 'n ster van elke mens wil maak
en elkeen wil bekoor, maar
selfs al span ek al my mag in
is daar een ster hoog verhewe...
Daar sit die ster op 'n tuinstoel troon ,
oe betowerer deur die vuur
andag gestrek deur die ganse heelal
- orals behalwe hier,
waar ek soos 'n straatbrak honger kyk,
aan die voete van 'n ster
*** almal bietjie aandag eis
*** almal van jou kry
maar ek soos 'n een aand wonder
uitteer aan jou droewe stilswy
My slapelose nagte
maak my van die drome vry
want in realiteit, al kyk ek vir die sterre,
kyk hulle soms verby.
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:44 AM UTC
die wolke word swart
en vol water
tot hulle bars
met donder en
weerlig
ek staan in die reen
van die storm
papnat
ek lag
ek huil
ek dans
deur die storms
van die lewe
the clouds
become black
and full of water
they burst
with thunder and
lightning
i stand in the
rain of the storm
soaking wet
i laugh
i cry
i dance
through the storms
of life
Dec 15, 2011
Dec 15, 2011 at 2:17 AM UTC
Dis stasie was stil
en donker gelaat.
Die nag kwyn in lig
en die dag kry sy wraak.
Die spore le koud
verdwyn op die horison,
en ek wag vir 'n stoomtrein
wat nooit sal kom.
Karre jaag die lewe
in die stad duskant die spoor aan
en 'n sateliet voer ons inligting
vanuit sy ordinere wentelbaan,
maar ek verspeel my tyd
deur hier langs die spoor te staan.
My soeke vir liefde
was waar liefde ontbreek,
soos om te wag vir 'n stoomtrein
of om vir kos te smeek.
Ek soek nou vir liefde
op die verlate stasies
van die vandag se tyd
, maar al wat ek kry is 'n taxi
en die wereld lag my uit.
Ek wag vir my trein.
Ek wag vir jou.
Jun 19, 2014
Jun 19, 2014 at 7:36 PM UTC
My kinderjare was
Soetsappige drome
En ek het weggesluimer
Agter suiwer onskuld,
Met ń krag van geloof
Wat my oortuig het dat
My God ook jou God is...
Dat elke pad ń onnodige
Veiligheidsgordel verg
Dat elke beursie ń oneindigheid van R20
Note besit het en dat
Elke graf leeg was na die derde dag
Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde
Uiltjies knip wat my
Tot die meerderheids
Besef van addolosensie gebring het.
Selfs al het ek teen ń
Eksponensiële spoed
Ń volwasse begrip ontwikkel
,Was my redenasie oor die
Hiernamaals nog vaag
Met slaap in die oog
Eers toe daar een
langs my Val
En tien aan my sy
Het die drakoniese deun
Van die doodswek my
Uit my snoesige slaap geruk.
Met elke groef wat nuwe
Paaie teer vir my trane,
Elke silwer randjie wat
Lostrek van die donker wolke
En op my hoof kom rus
Soos die koue staal
Van ń koningin se swaard
Wat my inlyf in die
Sidderende realiteit van grootword en lewe
Nou is die droom verby
Nou staan ek op
En vrees om plat te val...
Ek oes en saai
Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai...
Nou word paaie ń lang gebed
Ter beskerming van my hart
Wat ek so maklik uitdeel
En beursies ń kommoditeit
Wat skree van die honger
Soos die mense van ń land
Wat al sy geloof verloor het...
Nou brand die sand my voete
En die seesout droog my vel...
Nou word wraak ń amp
En liefde ń kombinasie
Van gifte en giwwe
, maar ek sal nooit weet
Wanneer is dit wat nie...
Nou word lewe ń gebed.
Ek het ophou my
Kinder rympies sê,
Nou bid ek pynlik swaar
En hoop dat God
Nog genade vir my en
vir jou Sal hê
Amen
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
**** jy die **** van yster-gordyn wat val en die aarde omhels ten laaste sy afwaartse versnelling.
Dit maak seer mamma...
Gewere word neergelê as ń universiële teken van hoop en vrede , maar verlang na ń lid van die geledere.
Dit maak seer mamma...
Ons was almal naïef; in ons drome was daar plek vir twee,
Ń eindelose see waar ons kon wegvaar van die ontbindinde spoke van gister, waar ons ons hande in soutwater-poele kon was iewers langs die kus van versoening...
Dit maak seer...
Niemand sou kon raai dat die jare se snellertrek en loopgraaf grawwe jou eens sagte vel kon magnetiseer nie... *** kon ek voorsien dat jy ń bietjie van die geweld gaan steel het om vir jouself te hou nie. *** sou ek weet dat jou vingers jeuk sonder die dooie staal wat dit streel nie...
Een skoot
Twee skote
Drie skote
Ń eenman vuurpelaton reën op my neer en dring deur my ope arms...
Jy het nog altyd ń plek in my hart gehad, maar nou het jy dit beset met lood en alle onskuld uitgerook met brandende kruit...
Dit maak seer...
Dele van jou hang nog swaar op al die plekke wat saakmaak en seermaak en trek my af grond toe...
Eina...
Liefde ek het altyd geweet ons het mekaar se ruë gehad... ek hey net nie geweet jy was besig om ń rooi kruis vir jou fissier op myne te verf nie...
Dit maak seer mamma...
Koebaai
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:48 PM UTC
Daar was g'n tyd vir bybelversies nie
, want die brood van lewe was te duur
En wie wil nou regtig wag om ring
As die manne vir jou hoogliedere sing.
Aan die begin was daar niks nie
Maar hyt gepraat met sy hande
En toe was daar lig en oh die gode
Dit was goed! Dit was goed!
Maar hy was aleen in n wereld met als
En almal was sonder naam
, toe hy sy laaste een gee en ek
Deur bloed en been vir hom geskep is.
Dit was goed, dit was goed
En ek huil snot en trane van seer
Maar die appel proe soet
Of jy hom in die hemel of die hel hap...
Jy is die fontein van lewe,
Ek drink van jou en raak dors
Vir meer as net een aand van sterrevolg.
Mag ek dronk raak op jou wyn?
Of is jy my een reeds voor!?
En ek kan.nie kerk toe hol nie
En die Bybel vloek my skel
Want jou lyf voel soos die Hemel
Maar Hy se jy is die Hel.
Mag ek langs jou bed op kniee neersak
En jou hand in myne neem??
Kom ons raak besope...
Genoeg om liefdesliede
vir mekaar te kreun.
More bid ons om vergifnis
En vergeet wat sonde is
Tot die vlees te veel begeer
En die lewenslig so bietjie blus.
Dit is *** die liefde werk,
Dis my lewe dié
Die struikelblok wat my versmoor
Van n vel religie.
Feb 15, 2015
Feb 15, 2015 at 5:50 PM UTC
Die môre groet jou met ń nat soen
En ontplooi haar goue gloed
Oor jou fynbos en Olifants-oor
Die wind ween oor die rykdom
Wat jy deur jare van sweet en bloed, vir jouself terug geëis het
, maar streel deur jou grashalms
Met die harmonie van hoop wat deur jou are pols...
Pols, wanneer 4x4 en ossewa spoor oorkruis!
Hier timmer jy aan my
- lê die hoeksteen van ń graniet gebou
Ek sal strewe om jou te eer.
Suid-Afrika , ń ode aan jou.
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:06 PM UTC
Jare van hartseer, jare van pyn.
Eendag sal dit verdwyn en die lewe sal wees ja, makliker om te leef.
Dag vir dag stap ons deur die woude van gedagtes en *** ons dan herrinder word deur die vlaktes van daai gedagtes.
Dan onthou ons die goeie ou dae van vreugde en menigte liefde en so verander ons dag na dag ons lewens van hartseer vlaktes na wonderlike gedagtes. 2016/01/05
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:52 AM UTC
ek is deurskykend, transparant, deurmekaar
opsoek na my vrede, my mensweesm my wees
ek voel so secondhand, so op gebruik, so klaar
bid vir verlossing, a trade in vir n nuwe vlees, nuwe gees, beter wees
my oe hoop op vol trane on gehuil
ek slaan lelike kolle uit in my sogenoemde persoonlikheid
maar dis alles ek, ek wat my vervuil
ek wat my eenkant hou, ek wat my uit smyt
ek wat ja se al wil als binne my nee skree
ek wat bly staan terwyl ek moes weg hardloop
ek wat myself wou uitvee
ek wat myself vir cheap thrills verkoop
maar hirdie ek is te oud om te kniel
hierdie ek word te oud om te glo
so ek staan waar ek staan en verniel
en ek bly staan sonder n tree en verloor
kyk dis ek wat hier staan, te sad om te bid
te seer om te huil, versteen deur my toedoen
daar is geen hande vat en aansit
maar ek dra dit met n smile want dis my skoen
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 11:42 PM UTC
'n lewe in konstruksie...
dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf...
ons bou en bou en bou,
en toets dan die produk.
Maar aan die einde, as ons klaar gebou het...
wat is dan daarvan te kom.
'n Lee huis...
'n stil pad...
en wat het ons van onself geleer?
En wat leer ons van die wereld en mense om ons
, vasgevang in die stryd teen tyd...
niks nie.
Ons het net voor onself uitgekyk
na die vaal stene
en die slukkerige sement.
Watter vreugde het dit vir ons gebring.
Niks nie.
Nee,
ek weier.
Ons is tog hier geplaas met vrye wil.
En iewers langs die pad,
raak almal die pad duister...
en word dan deur die samelewing verdoem.
Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word...
In daardie oomblikke is God meer vergete
deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...
die wat lag en vinger wys...
die wat klippe gooi,
as deur die wat die prentjie aanskou.
Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,
om die lig rerig te verstaan...
Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,
voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur.
Daar le wysheid in die donker,
want dit is in die donker waar jy aleen is,
met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.
Net die wind om jou siel te sus,
die stilte om jou uit te rus...
en niemand wat jou god kan wees
of sy woorde
en planne
vir jou kan uitmessel nie.
Die pad het die gevaar geraak.
Dis koud en korrupt.
En ons is dankbaar,
dat ons die kans gekry het om dit te sien,
terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's
en wegsmelt in die donker...
want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...
ons is die gelukkiges...
en hulle loop op die pad na verdoemtenis
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 7:12 PM UTC
Dorslip en droogkeel huig ek
in die donker van terg gees middernag
vir die soet nektar name
waarna hierdie barslip hunker.
Skimletters vorm elke klinker
net so ryk soos 'n paar gisters terug.
Pype weerhou om die klank deur te laat,
wat finaal n skerwestorting bring.
Is ek aan n groter soeke om woorde te smee-
wat getuig van verlange en ander leed
,of aan jou invloed die pryseer te gee.
**** jy in heimwee ook dan aan my,
dit is al wat ek wil weet
of het jy ten einde my liefde by n ander gaan kry?
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 11:57 AM UTC
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer
als wat goed is in die lewe;
saam met die suur melk uitgemoer
al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas
, ek hunker na n glasie brandewyn
om die herrinneringe mee weg te was.
Want Vader al val 'n duisend aan my sy
en tien duisend hier langs my
vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby.
Ek is moeg vir alleen wees
moeg vir bang wees
vir koue voete
koue hande en
'n hart wat altyd koud sal wees.
waars die liefde en genade
waarvan ons in ******
en die Bybel lees.
Waars my stukkie hemel.
Waars my engelkoor.
Is dit ook tussen my suur melk...
of het ek dit deur bottervingers verloor?
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:46 PM UTC
ervaring het my beindruk experience has impressed me
en die fyn lyne and the fine lines
is op my vel on my skin
ingedruk pressed
as ek die lyne streel if i caress the lines
om hulle te laat to make them
verdwyn disappear
word ek bekalm i become calmed
ontspanning loer in relaxation peers in
soos 'n kleintjie like a young child
wie 'peek n boo' who plays
speel 'peek n boo'
drome spoel dreams spill
soos die trek van like the pull of
die getye the tides
'n hele oseaan a whole ocean
van lewe of life
in die verlede in the past
en 'n hele oseaan and a whole ocean
wat voor my le lies before me
niemand kan voorspel no one can predict
wat sal gebeur nie what will happen
die lyne in my lewe word getrek the lines in my life are drawn
deur die kunstenaar by the artist
deur die digter by the poet
deur die tuinier by the gardener
Apr 20, 2012
Apr 20, 2012 at 8:28 AM UTC
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval
Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?
Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!
Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.
Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;
Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.
My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.
Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...
Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.
Amen
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
niemand behalwe ek ken die krag van jou hartklop van binne. dus die eerste ding wat ek gehoor het. dit het my gekalmeer en gese moenie bekommerd wees nie ek is hier, altyd. gevolg deur 'n rustige stem wat die wind kalmeer. die het gesing en gebid oor my. gesondheid was die meeste gevra. die stem het baie gepraat. dit was goeie tye vir my. al wat ek graag vergeet is die tye wat jy en die ander stem gestry het. dan het jou stem verander na hartseer en bedroef. trane het jou wange gevul terwyl jou arms my omvou het. al stywer en stywer. so belangrik was ek.
die groot dag, jy het gese jy gaan jou hare eers was, maar toe versnel die hartklop en dinge gebeur wat ek nie begryp het nie. jy het ernstig siek geword en nog alleen by die huis. jou arm om my hospitaal toe. ek is gebore saterdag 25 mei 1985.
skielik was ek alleen en weg van my geliefde klop. jy was in 'n diep slaap. mense gehardloop om ons om als weer reg te maak. ai opwindende oomblik. Maar geen arms wat omvou en rustige stem wat bekend is nie. net vreemdheid.
Apr 3, 2013
Apr 3, 2013 at 2:06 AM UTC
Knuppeldik gaan slaap die stad
na 'n feesmaal van smaak en kleur
vloei die reuke deur die strate
in 'n Brown se beweging van geur.
Alle trommels , trommeldik maar maak 'n lee geraas
en in die donker , agterstrate begin die ander nou te aas
Kom die honger hande uit die sakke
en krap met rook-geel vingernael
soek die skummel in die swartsak
vir 'n laaste dissipelsmaal.
Maar jy is skille , jy is doppe
jy is alles wat laat gril
nie genoeg vir koningstafels maar vir my
net genoeg om die knaagdiere te stil.
Onerfare soos ek is , vat my hongerbrein ook mis
watter mens kan so dan lewe? watter mens kan so dan eet?
van die lykswa en die straatveers
het hierdie boemelaar vergeet.
Ek is mens en nie 'n vark nie,
(al moet 'n mens ook eet).
En stil vergaan die boemelaar
wat kieskeur ook wou wees,
nog 'n straatkind se ou lykie
nog 'n honger kinder gees...
ek wat was het mos gesien
*** kos op tafels lyk,
en het sodanig hart verloor
op kosse kleur en ruik.
Met 'n bord vol knubbels le die lykie
voor hom , onaangeraak.
Al was kos ook wat kos was daar
het hy te lief vir die droom geraak.
Eerder kwyn en dood verslaan
as om die droom te ruineer.
Eerder dood van honger,
as om hierdie kos , as sulks te eer.
Jan 14, 2015
Jan 14, 2015 at 10:37 AM UTC
Here gee my krag elke dag.
My pyn wil nie verdwyn.
My hart raak swaar want die jaar is net nog een van baie waar ek uit roep na U om hulp.
U genade is groot en ek glo dat U n plan berade het om my pyn te laat verdwyn.
My lewe is in U hande en ek weet U sal my bande los maak en my vry laat loop oop in n lewe van liefde en vrede.
*** wonderlik die oomblik van geen pyn, my gebede beantwoord en die pyn het verdwyn volmaak aan geraak en geseen deur n genesende hand van bo.
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:46 AM UTC
Liefde is:
om die langpad Kaap toe deur te dring met Afrikaans is Groot treffers omdat jy sien *** Pappa sy vingers teen die maat van die ritme tik.
Dis om te weet dat Mamma wel omgee al is sy soms te besig om na jou gunsteling gedigte te luister.
Dis om saam met Boeties rugby te speel al wil jou lyf al vir jare nie meer hardloop en rond gestamp word nie.
Liefde woon hier
Tussen die gee en kry,
Tussen die op offeringe,
Tussen ons almal.
Nov 28, 2018
Nov 28, 2018 at 2:05 PM UTC
Jy ry op die hanekraai
en kom le in my oor.
Jou tree 'n bekende geluid.
Jou teer drafstap deur my drome
maak my seerste monsters stil.
En sus my in 'n doodsluiterse rus.
Jou oe laat my handsaamslaan
op die lumier van meer as een.
Jou aansig maak van my gelowig.
Jou luim is 'n seestroom wat stoot en trek
en ek sit vasgekeer in jou rooi getui
en ek mik dieper , ek mik dood!
My liefste jou aanraak stuur gode
deur my dooie are en ruk my terug
vanaf die donker sluiers.
Jy is die maan, die sterre- nee
die nag! wat om my toevou
en my wieg wanneer my arms na niks gryp.
Jy is die openbaring waarna lewelose streef
en die anker waarna vryes verlang.
Bring my terug, na die gelykstreep,
voor die tyd ons invang.
Ek wil jou prys met woorde
wat God se toorn op my sal bring
maar dit hang aan my lippe
soos ek wag vir more se son om jou te besing.
Dit is my vroegoggend gedagtes,
van my lieflike laatslaper,
wie ek nooit akkuraat sal kan prys nie
, want ek is maar net 'n versotte ou dinkgaper.
Dec 25, 2014
Dec 25, 2014 at 7:21 PM UTC