Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"dalk" poems
Was dit my sonde om te droom, te wens? Was dit wreed om te verwag dat jy my iewers in jou soet woorde sou vind? Kyk ek dalk na jou met die oorhoofse afwagting van 'n kind? Sal jy met sjarme my kan vermaak of is teaterkuns 'n masker vir jou haat? Ek smag na jou taal, jou moedertong in my uitgehongerde mond. Oh die beeld- wat ons met sulks silwer stem kan skep! *** sal jou brief my vind? Sal daar 'n tuin ontstaan as ek jou antwoord naslaan? Se jy sal bly, net vir my! Se my brandewyn asem het jou inner kind bevry! Se net jy is lief vir my- en ons sal saam die tonnel-oog wereld met soet liefde en dronkmans woorde verlei. Skryf saam met my in hierdie silwertong, en kyk *** die wereld in afwagting verstar. Die liefde wil blom wanneer twee skrywers bymekaarkom. Die wereld raak nat, met die geuiter, van ons silwer tong.
0
Jul 14, 2014
Jul 14, 2014 at 2:50 PM UTC
Maak liefde in woorde
Jou intrieke detail En fokus, riem deur Jou werk soos are... En ontmitologiseer die Twyfel rondom ń Onbetwyfelde meesterstuk... Jou woorde is die huid Van ń poëtiese mens Wat sy stem verhef Oor die onbenullighede Wat my begaan , en My fyn moed, So breekbaar soos ma Se porselein goed... Raak jy verlore of Raak jy aan my hart. Raak jy dalk moeg Vir die bleeksiel wat Vêr verlore raak in jou Oneindige insig. Want jou woorde spoel Oor die blaai in ń Vloedgolf van misverstand, soutwater smart streel Jou alliterende liefde Wat verby my rym... Ons was nog altyd ń klug. Verlief op ń digter. Onbenullig, die metafoor. Tussen die lieflike lyne -Sal ek myself verloor.
0
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:05 PM UTC
Digterlike liefde
As ek snags in ons bed met my koue voet jou warm kniekuil kry dan voel ek die ewige geluk ook al is môre dalk alles verby
0
Oct 13, 2017
Oct 13, 2017 at 6:03 AM UTC
Bejaardes
Jou boodskappe die sonstrale wat elke nou en dan my dag wil maak en ook soms 8 minute vat om by my uit te kom maar gee lig en lewe in my donker wereld al is jy miljoene bietjies weg van my af is jou liefde n warm drukkie wat ek moeiteloos in elke donker nag om my bang lyf kan vou jy wat agter die horison jou eie horison sien en dalk self die maan met my deel ,van n ander kant af, dra ek na aan my hart... soos n tietie sonder nippels of n bangmaak boek sonder sy stippels.... is my lewe net plein en puntloos sonder jou. Jy is my duisend-myle-weg , maar altyd daar, chill-jou-guava maaitjie wat my weghol hart bedaar. Familie buite stam en bas bloedloos dalk , maar hegte vas grenslose vriende oor die wereld heen... God se grootste seen. - aan al my vriende wat ver weg bly , maar meer beteken as my eie asem en wat ek dierbaarder ag as my virginity ;) ek is so ongelooflik baie lief vir julle. Carinda du Toit. Aldridt Koltzow. Marli Roux. Tarryn Forster. Frederik Rudolph van Dyk. en al die ander...
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:51 AM UTC
Million-miles awayers
Dit is die trane wat niemand sien nie Die seer wat niemand voel nie Dit is die koue gevoel in jou hart wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag Dit is die eensaamheid op naweke Die stilte wanneer jy skree Dit is die afwesigheid van n warm hand Die oorblyfsels van n gebroke sielsband Dit is die spasies tussen jou vingers Elkeen n herinnering van n tekortkoming Dit is die koue winters alleen Die somers spandeer onder skaduwee Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies Dit is al die gebroke beloftes Die "liefde met voorwaardes" Dit is die idee van *** alles moet wees Wat keer dat jy gelukkig is Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag Om jou te herinner van jou seer se mag Dit is die donker aande sonder sterre Jou dood stille foon op die moeilikste tye Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde Die "gaan nie eers probeer" nie's Omdat jy voel niemand sien jou raak En skielik is gelukkig wees, n verbode taak Maar dit is die leemte in my hart Die swaarte krag van al die vrae Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart" Wat die hartste praat Dit is die gewoonte om te voel jy misluk Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
0
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
legkaarstuk
En wanneer hou ons piekniek op die maan - daar waar die son nie meer skyn nie, kan ek jou donker toevlug wees as die dag se hitte steek? en sal jy 'n skadu gooi oor my en my lieflike hart ons kan saam met strome swem as die branders oor ons breek. Voor vrees jy weer oortrek en my noodloos in die noodlot agter laat in 'n eensame straat, van drome en ander herrennerings wat by my ***** van liefde en so ook my verlede wat jy veronderstel was om te tem. En in die gaap van stilte tyding waar die wysers ons vermy, sing ek my eensaam lied en vra vir jou... **** jy die golwe huil vir die koeelronde maan? Sien jy die spore op die strand? Waar vat die pad van verdwaaltenis my, anders as na Jonker se hand. Vanaand is ek verslae. Die maan se kind trek pêrels en rol hulle oor die hartseer berge. Vanaand le ek en dryf, terwyl ek kyk na die maan, en die sterre... sal jy my wolkombers wees , my glimlag pille vir kersfees, want ek is dalk te arm , maar ryklik met jou geseen. Sal jy my korrel sand , my rooikruis , my boei want my hart is reeds verweer , keur my voor ek ook in die see uitbloei.
0
Jan 6, 2015
Jan 6, 2015 at 3:41 PM UTC
Red my
Dig silwer linte dans na die maan in wolkpluime wat na die strerre toe maan ek is weer hartseer weer stukkend gebreek daarom nog 'n siggaret toestaan an my mense bestaan ek beaam my met die kwale van 'n ongebonde wereld wat pleit om liefde en genade wat soene soek in suikersoet wat drome droom so swart soos roet wat binne die lyne bly en so ook verlossing by hul neuse in lei want meisies is net slette as hulle saam die verkere perd saal of die slippie laat val na hul vir die aborsies betaal en seuns is net moffies as hul sukkel om 'n rugby bal te vang vergeet van die agsteman wat gretig na die flank se balle verlang vloek en laster bring God se toorn werk an jou eie vokken balk en los my doring dalk is jou masker meer heel as die van my... maar met elke krakie... is ek darem 'n krakie meer vry - as jy
0
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:19 PM UTC
Vryheid in die krake
Dis nou die tyd om te babbel En my mond verby te praat , want hulle sê mos A drunk man's words is A sober man's thoughts... En wie weet dalk vind ek Die antwoorde in ń diep gesprek met myself... Sien ek is nie een van daardie AA lappies wat skeinheilig Sit en slukkies suip om Geluk onder in die bottel Op te spoor nie. Ek rook skaamteloos en Omhels die intense stank Van 10 jaar se lewe wat ek Mors en longkanker, want Dit herrinner my an oupa se Skoot en *** veilig ek was In daardie asbak woonstel Waar ek soos white-trash eers my brood moes inspekteer vir Indringer kokkerotte wat ook Maar net teen ons kompeteer het Vir ń krummeltjie kos. Ek babbel, want wat anders kan mens doen as vrees jou aangryp as die koue staal jou hande brand - En nee ek praat nie van lemme en inspuitings nie, Want lemme maak merke waarvan ek reeds te veel het wat nou oor my polse uitgesprei lê en my herrinner *** swak ek was, maar *** sterk ek was... en inspuitings los ek vir die dokters en susters en die bloeddiens Wat my leeg wil tap om een of ander sad case se lewe te red met bloed van ń bloedjie wat self nog in die verdoemtenis rond dwaal. Ek babbel, want dis social anxiety en scary stuff om in ń kring te sit en Russian roulette te speel met al 5 van die mense wat ander van jou verwag om te wees. Want wat gebeur as ek myself in hierdie hoerasie van persoonlikhede raakskiet. *** weet ek watter een is ek as elke een die sneller swaar trek en hoop en bid vir ń blank... *** weet ek. Kliek... Kliek... Kliek... Kliek... Bang!! En nou babbel ek maar weer ... Want ek het so pas agtergekom ek weet ook nie juis *** dit voel om dood te wees nie. Wie is ek... *** sal ek weet Bang! Bang! Bang! ... Ek weet.
0
Apr 26, 2014
Apr 26, 2014 at 8:23 PM UTC
Tyd om te babbel
Dis nou die tyd om te babbel En my mond verby te praat , want hulle sê mos A drunk man's words is A sober man's thoughts... En wie weet dalk vind ek Die antwoorde in ń diep gesprek met myself... Sien ek is nie een van daardie AA lappies wat skeinheilig Sit en slukkies suip om Geluk onder in die bottel Op te spoor nie. Ek rook skaamteloos en Omhels die intense stank Van 10 jaar se lewe wat ek Mors en longkanker, want Dit herrinner my an oupa se Skoot en *** veilig ek was In daardie asbak woonstel Waar ek soos white-trash eers my brood moes inspekteer vir Indringer kokkerotte wat ook Maar net teen ons kompeteer het Vir ń krummeltjie kos. Ek babbel, want wat anders kan mens doen as vrees jou aangryp as die koue staal jou hande brand - En nee ek praat nie van lemme en inspuitings nie, Want lemme maak merke waarvan ek reeds te veel het wat nou oor my polse uitgesprei lê en my herrinner *** swak ek was, maar *** sterk ek was... en inspuitings los ek vir die dokters en susters en die bloeddiens Wat my leeg wil tap om een of ander sad case se lewe te red met bloed van ń bloedjie wat self nog in die verdoemtenis rond dwaal. Ek babbel, want dis social anxiety en scary stuff om in ń kring te sit en Russian roulette te speel met al 5 van die mense wat ander van jou verwag om te wees. Want wat gebeur as ek myself in hierdie hoerasie van persoonlikhede raakskiet. *** weet ek watter een is ek as elke een die sneller swaar trek en hoop en bid vir ń blank... *** weet ek. Kliek... Kliek... Kliek... Kliek... Bang!! En nou babbel ek maar weer ... Want ek het so pas agtergekom ek weet ook nie juis *** dit voel om dood te wees nie. Wie is ek... *** sal ek weet Bang! Bang! Bang! ... Ek weet.
Continue reading...
43
Die ou kniee knak en kraak en maak geraas , maar sal sukkel-sukkel teen die rand hou om jou te dra. **** *** ek kriekbeen, in die laatnag na jou vra. My ribbes is marimbas, uitgehonger vir die hokmaak van 'n antieke snaardrom hart. Wat nou met mening elke been se noot raak slaan en hammer asof opnuut gevorm en gespeen. En tog die kop raas soos basyn geskal en bomval, want binne woed die stryd van goed teen kwaad. Ek speel vir jou 'n simfonie: Die lirieke dalk af, maar tog op maat. Ag ek's sommer simpel, dis die liefde wat so praat...
0
Sep 5, 2014
Sep 5, 2014 at 7:14 PM UTC
Simfonie (Vir Snoekie)
My bed verlang na ewewig En kantel as ek lê, My arm kweek ń onwrikbare Verlange na ń glimlag wat Daarteen druk en Selfs nou en dan Speels byt. Die ysere Koue wat Dwing om In my oop Arms te Kom rus. My kat spin hard op my bors, Duidelik in haar skik met die Wete dat sy, vir nou Op jou geresserveerde kussing Kan lê En met Daardie Wete Verlekker Sy haarself In my Ellende Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly En giggel Want ek Wag vir Iets wat Dalk nie Kom nie Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie Van dromme Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog Meer leeg As ooit Tevore En sou My contact List net Soos my bed Geraak het... Die wind wat deur my hartskrake seifer, Fluister jou naam En flankeer met My gevoelens.... Hiers ń spasie oop Spesiaal vir jou... Mnr _. -ń tipofrafiese voorbeeld Van digterlike vryheid Verwar vir menslike Eensaamheid...
0
Apr 22, 2014
Apr 22, 2014 at 2:40 AM UTC
waar lê jou...
So word ons wakker in ons tent en dit reen...aggenee!! Maar dis koel en ons voel gelukkig. Ek is vuil, so amper dat ek wil huil, maar huil van lekker soos n krekker want dis vakansie tyd!! My hare is so waar deur mekaar, maar wat maak dit saak want niks gaan my keer om vir n gogga te wys *** deur mekaar ek rerig kan weesie... Tanne geborsel en room half gesmeer, laat die dag begin want dis ons en ons ford bakkie die keer...alweer... Kies n rigting en so voeter ons daarin... Saans kom ons by die kamp moeg geploeg die bosse in om nou rustig te raak met n koeldrank in ons hand. Dan word n vuurtjie gemaak deur die braafste ou ini land om n vleisie te braai vir die fraaiste meisie, hand aan hand. Mens voel gou dankbaar vir klein dingetjies soos n stort... n warme een, die oop velde of selfs die digte bosse, die veld blommetjies so geel of die gras so lank en groen, die voels so mooi volle kleurrig en die jakkals so skaam maar nuuskirig. En wanneer dit donker word le daar baie voor soos die uile se geluide, die sonbesies wat hulle vlerkies saam klap of dalk n hihena wat na oorskied kom krap. So geniet ons die bos vol avontuur gepos net vir ons en ons se dankie aan ons Skepper vir n skepping net vir ons. 2016/03/14
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:32 AM UTC
Ons avontuur...
Jy wys nie die son vir 'n blinde wat weer kan sien nie. Dis mos nou kinders-kry dan trou , 'n priem baba se : Ek is lief vir jou. Verby nog voor dit begin het. Of is my hart nou wiegiedood wat doodluiters my eie galg om die baba hang. Breek ek die glas-skoen? voordat die lewe dit kan breek? Of het ek nou maar oulaas 'n manier om al die goeie goed - uit vrees van stapel te stuur? Ek kan jou volg... sal jou volg; sou jou volg tot waar die wind ons waai en saam jou kan ek... sal ek sou ek heeldag rondomtalie en tiekiedraai, maar *** gaan ek die onbekende in as dit tussen my en die horison le? My hartklop eikehout in die gang, hy klop nog koud , maar hy klop nou! En jy praat van altyd en van later en van dan: verder selfs as wat my sig durf reik! Jy is my nou. Jammer dat ek more jou gister gaan wees; probeer verstaan, ek verlang nog silwer en plooie en die wereld is my lapdoek en die lewe is my lee papier en ek wil groei. Ek kan nie die trouring dra nie ,as hy nog koud aan my vinger kleef... my hart is dalk nog prematuur , maar ek wil graag uitgan en die koue skouers en spervure vir my self gaan beleef. Moet my nie die son wys nie Ek leer nou eers *** om te sien... en moet nie se jy is lief vir my nie, want more is dit verby nog voor dit begin het. En dan hang ek die priem.
0
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:42 AM UTC
Stilgebore
Hipnotiseer die liggies jou, As die reuk van karnivaal kos jou in gekarameliseerde geluk toe vou ? Vlieg jy ook tydelik op die grootste ferris wiel? So vry soos ņ voël, Vleg deur die liggies en sterre Ontsnap weer jou kinder siel. Deel in die tyd van jou lewe, Saam jou vriende (En dalk ń bietjie bier). Welkom by die skou! Ons is bly jy's ook hier.
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:38 PM UTC
Welkom by die skou
Ek die lieplapper Fladder in die wind Soos ń herfs betaste blaar Wat in die dwarrelwinde Tolbos en die reels Van swaartekrag verag My kop is op ń blok gesit Soos die twee vir ń stywers Wat inner kompaste volg Na waar die hart mag lei Sterk oppad na iewers Maar word deur nikse En nerense verlydelik gefly My V formasie vervorm , vlieg vêr vooruit Tot waar ek sig verloor Van veilige jolheid. Ek verkoop my vryvlieg siel Aan die voëlwip en sy wag Onbewus van die somer Wat oor die waters op my wag. Ekt my siel verkoop aan Die winterson... Prysgegee, môre se geluk Die stofwolk op die Horison Môre trap jy oor my Windverstrooide oorblyfsels En neurie ń afskeidslied In jou binnenste. Jy koester dalk ń traan Of twee. Vir die gees van ń herfsblaar lieplapper Wat in selfverwyt besterwe
0
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:09 PM UTC
Lieplappers in die herfs
Vat ń slukkie verdriet En ontnugter jou verstand Tot dit niks meer As net ń spookdorp is Wat tolbos oor Jou silwerdoek-lewe nie Jy voed op energie , maar in ń moeë wêreld Teer jy jouself uit Totdat honger straatkinders Jou ribbes speel soos marimbas Vir net ń laaste trek. Dalk is vandag Net een van dáárdie dae , waar jy my sou red En jou skouers my vertroosting sou wees- Jou lippe my spiersalf Vir ń hart wat seer geklop is. Een van daardie dae , maar jy is nog een van Dáárdie mense... Een van mý dae... Iets wat jy nie is nie- Myne
0
Apr 23, 2014
Apr 23, 2014 at 2:33 PM UTC
Al een ; aleen
Op hierdie aarde, groen en blou Met torings wat die lug uit grou In elke huis waar mens dalk bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In wye winkels en krom kerke In nommers en vergete merke Waar ryk sweef en arm lei Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In stede, woude, see en woestyn In alles, geen, grof en fyn In luuks, skaars, bont en plein Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In winter, lente, somer, herfs Met albei vuur en skadu bederf Waar ook al maan en son mag skyn Sal ek nooit weer iemand kry soos jy Waar sterre sing en sonne lag Omring met komberse van die nag Waar ou gode en planete gly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In ou legendes en sprokies verhale In dooie sang en in lewende tale In woorde wat die hart oop sny Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In gister se groot verlate vlug In môre se onmeetbare sug In die nou wat ons so graag vermy Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In slaap te dig en drome swart In die wandel en wonder van die hart In seer, troos, kwaad en bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
0
Aug 4, 2019
Aug 4, 2019 at 5:17 PM UTC
Iemand soos jy
Hey staan stil vir een sekonde. Mamma kyk na my wonde Dis nie wonde nie my kind Jy mag dalk net so **** maar Baie meer het al baie meer verloor As ek haar meer kon mis. Het ek gedisintegreer. **Hey, stand still for a second Mom looks at my wounds It's doesn't hurt my child You may just think so Many more have lost much more If I could miss her more** Did I disintegrate.
0
Dec 16, 2018
Dec 16, 2018 at 11:27 PM UTC
Gedisintegreer/Disintegrate