Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"daai" poems
Jare van hartseer, jare van pyn. Eendag sal dit verdwyn en die lewe sal wees ja, makliker om te leef. Dag vir dag stap ons deur die woude van gedagtes en *** ons dan herrinder word deur die vlaktes van daai gedagtes. Dan onthou ons die goeie ou dae van vreugde en menigte liefde en so verander ons dag na dag ons lewens van hartseer vlaktes na wonderlike gedagtes. 2016/01/05
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:52 AM UTC
Vlaktes van gedagtes...
Ek het iewers langs die pad My onskuld verloor , maar ek **** dis op ń special By die bottelstoor. Dis nou jammer ek is platsak Sonder geld, sonder naam Onthou my soos ek was In ma se fotoraam. Wie sou my kon waarsku dat Beloftes en my maagdlikheid So maklik soos vetkruit breek. Of dat al daai candy cigarettes My kon leer om ñ Marlboro Aan te steek. Vroeg ryp vroeg vrot, Op dominee se eer Verloor al jou onskuld en En probeer maar weer Om iewers ń Heer te kry Wat nog omgee vir my. Terwyl jy sukkel om jou daily bread Op die tafel te kry. My pelle gaan dood , word ryk Besoek die tjoekie Word groot ,word fake En kry STD's en kinders En ander goed wat hul nie soek nie. Nou loop ek ń pad van plooie En grys hare en taxes Waar Yolo jou nie verder bring Van die kussies nie... Face it. Ons was almal jonk , was al almal dronk En ń wyse man weet... Grootword is nie vir sussies nie.
0
Jul 13, 2014
Jul 13, 2014 at 12:05 PM UTC
Ode aan die oude
Die donker dans in daai kind se oe kyk *** die duiwel om hom draai en walts met die doodsdonker nag op die ritme van sy swak hart. Die kind se swak hart natuurlik bosluis die duiwel hom toe op die bloedjie se bloed tot sy are net gal spoeg. Tant San se hy speel met vuur... en sit op die doringdraad tussen hierdie span en die ander wie hy altwee lelik speel. Oom Jaap se hy snuif hom slim die gom is maar om sy hart weer aanmekaar te plak en die spirits vir die graffiti op sy spirit en sy soul maar mens praat nie so van God se kind nie die laaitjie praat met engele en gaan eerder hemel toe as jy... want geen mens gan tweekeer hell toe nie. Hy wag net om te dooi... Sjame , die arme kind.
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:53 AM UTC
Daai mooi kind veroordeeld
As jy weer in jou dagboek skryf Onthou Dat daar rede genoeg is Om te bly vashou Die goue blaar in die somerson, En die blou moederkappies Hulle wag nog steeds vir jou Teen tafelberg Waar onskuldige bloed nog steeds Vermeng is met die sout see water Daai water wat ons voorouers gedra het naar hierdie land van prag en praal Het jou bevry en weggedra naar n plek ver hier vandaan Ook al is ek en jy deur afstand en tyd geskei Hou ek daai oop bladsy Van jou treurigheid Langs my sy
0
Oct 28, 2023
Oct 28, 2023 at 7:12 PM UTC
Ingrid Jonker
Hier is ek, vyf en vyftig jaar oud, met geen antwoord hoekom is ek hier en waarheen gaan ek na die dood wat het my lewe nou eindelik beteken; en wie is bevoeg om daai som te bereken? is daar n hel en n hemel, reinkarnasie of nirvana al die interaksie, die gesukkel, die daaglikse drama christen, moslem, boedhis, ateis of jood almal soek iets om aan te roep in hul nood wie is reg en wie is verkeerd; hoekom weet ons so min duisende gedagtes, geen tyd om die rede te ontgin soms huiwer die antwoord vir n oomblik waar my diepste gedagtes woon en net voor ek dit kan aangryp en verstaan vervaag dit soos in n droom en los my met niks, die eindelose sirkel, om en om en die dooies is stom
0
Jun 1, 2021
Jun 1, 2021 at 7:17 AM UTC
Hier is ek