Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Die donker dans in daai kind se oe
kyk *** die duiwel om hom draai en
walts met die doodsdonker nag
op die ritme van sy swak hart.

Die kind se swak hart
natuurlik bosluis die duiwel hom
toe op die bloedjie se bloed
tot sy are net gal spoeg.

Tant San se hy speel met vuur...
en sit op die doringdraad
tussen hierdie span en die ander
wie hy altwee lelik speel.

Oom Jaap se hy snuif hom slim
die gom is maar om sy hart weer
aanmekaar te plak en die spirits
vir die graffiti op sy spirit en sy soul

maar mens praat nie so van God se kind nie
die laaitjie praat met engele
en gaan eerder hemel toe as jy...
want geen mens gan tweekeer hell toe nie.

Hy wag net om te dooi...
Sjame , die arme kind.
Siska Gregory Dec 2016
Jare van hartseer, jare van pyn.
Eendag sal dit verdwyn en die lewe sal wees ja, makliker om te leef.
Dag vir dag stap ons deur die woude van gedagtes en *** ons dan herrinder word deur die vlaktes van daai gedagtes.
Dan onthou ons die goeie ou dae van vreugde en menigte liefde en so verander ons dag na dag ons lewens van hartseer vlaktes na wonderlike gedagtes. 2016/01/05
I miss you...
Ek het iewers langs die pad
My onskuld verloor
, maar ek **** dis op ń special
By die bottelstoor.
Dis nou jammer ek is platsak
Sonder geld, sonder naam
Onthou my soos ek was
In ma se fotoraam.

Wie sou my kon waarsku dat
Beloftes en my maagdlikheid
So maklik soos vetkruit breek.
Of dat al daai candy cigarettes
My kon leer om ñ Marlboro
Aan te steek.

Vroeg ryp vroeg vrot,
Op dominee se eer
Verloor al jou onskuld en
En probeer maar weer
Om iewers ń Heer te kry
Wat nog omgee vir my.
Terwyl jy sukkel om jou daily bread
Op die tafel te kry.

My pelle gaan dood , word ryk
Besoek die tjoekie
Word groot ,word fake
En kry STD's en kinders
En ander goed wat hul nie soek nie.

Nou loop ek ń pad van plooie
En grys hare en taxes
Waar Yolo jou nie verder bring
Van die kussies nie...

Face it.

Ons was almal jonk
, was al almal dronk
En ń wyse man weet...

Grootword is nie vir sussies nie.
Kris Pretorius Oct 2023
As jy weer in jou dagboek skryf
Onthou
Dat daar rede genoeg is
Om te bly vashou

Die goue blaar in die somerson,
En die blou moederkappies
Hulle wag nog steeds vir jou

Teen tafelberg
Waar onskuldige bloed nog steeds
Vermeng is met die sout see water

Daai water wat ons voorouers gedra het naar hierdie land van prag en praal
Het jou bevry en weggedra naar n plek ver hier vandaan

Ook al is ek en jy deur afstand en tyd geskei
Hou ek daai oop bladsy
Van jou treurigheid
Langs my sy
Corna Badenhorst Jun 2021
Hier is ek, vyf en vyftig jaar oud, met geen antwoord
hoekom is ek hier en waarheen gaan ek na die dood
wat het my lewe nou eindelik beteken;
en wie is bevoeg om daai som te bereken?
is daar n hel en n hemel, reinkarnasie of nirvana
al die interaksie, die gesukkel, die daaglikse drama
christen, moslem, boedhis, ateis of jood
almal soek iets om aan te roep in hul nood
wie is reg en wie is verkeerd; hoekom weet ons so min
duisende gedagtes, geen tyd om die rede te ontgin
soms huiwer die antwoord vir n oomblik waar my diepste gedagtes woon
en net voor ek dit kan aangryp en verstaan vervaag dit soos in n droom
en los my met niks, die eindelose sirkel, om en om
en die dooies is stom

— The End —