Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
Die donker dans in daai kind se oe kyk *** die duiwel om hom draai en walts met die doodsdonker nag op die ritme van sy swak hart. Die kind se swak hart natuurlik bosluis die duiwel hom toe op die bloedjie se bloed tot sy are net gal spoeg. Tant San se hy speel met vuur... en sit op die doringdraad tussen hierdie span en die ander wie hy altwee lelik speel. Oom Jaap se hy snuif hom slim die gom is maar om sy hart weer aanmekaar te plak en die spirits vir die graffiti op sy spirit en sy soul maar mens praat nie so van God se kind nie die laaitjie praat met engele en gaan eerder hemel toe as jy... want geen mens gan tweekeer hell toe nie. Hy wag net om te dooi... Sjame , die arme kind.
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:53 AM UTC
Daai mooi kind veroordeeld

pieter-andries-christiaan
Written by
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:53 AM UTC
Request permission to use this poem