Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"begryp" poems
Is moeilik om te begryp, en nie rerig mooi nie. Dis 'n spoegspat soos 'n herrie- 'n gemmors wat langs die kar staan en bedel. Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine. Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig. Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar 'n metafoor. Vir wat? Se jy my! Jy wat my analiseer en dissekteer... want daar is geen meer sterre wat pyn nie, die woorde wat rym ennie ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry in my agterkop waar dit donker is soos 'n land waar hoop 'n feeverhaal is. Dis te donker om nou te rym, maar te donker om in te hou... so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit en bloei nonsens-ink op die blaai. Aan die einde is dit nie net die gedig nie. Dis die ganse wereld wat rym. Elke herrie en spoegspatter elke gerookte ster en hartseer kokkedoor ek , jy - ons almal is 'n gedig. Ons almal rym... ons is net te moeilik om te verstaan en nie altyd mooi nie.
0
Jun 9, 2015
Jun 9, 2015 at 5:07 PM UTC
Gebroke rym
niemand behalwe ek ken die krag van jou hartklop van binne. dus die eerste ding wat ek gehoor het. dit het my gekalmeer en gese moenie bekommerd wees nie ek is hier, altyd. gevolg deur 'n rustige stem wat die wind kalmeer. die het gesing en gebid oor my. gesondheid was die meeste gevra. die stem het baie gepraat. dit was goeie tye vir my. al wat ek graag vergeet is die tye wat jy en die ander stem gestry het. dan het jou stem verander na hartseer en bedroef. trane het jou wange gevul terwyl jou arms my omvou het. al stywer en stywer. so belangrik was ek. die groot dag, jy het gese jy gaan jou hare eers was, maar toe versnel die hartklop en dinge gebeur wat ek nie begryp het nie. jy het ernstig siek geword en nog alleen by die huis. jou arm om my hospitaal toe. ek is gebore saterdag 25 mei 1985. skielik was ek alleen en weg van my geliefde klop. jy was in 'n diep slaap. mense gehardloop om ons om als weer reg te maak. ai opwindende oomblik. Maar geen arms wat omvou en rustige stem wat bekend is nie. net vreemdheid.
0
Apr 3, 2013
Apr 3, 2013 at 2:06 AM UTC
net ek
Hoeveel keer gaan jy my hart nog breek? Jy het belowe jy sal dit nooit doen nie Ek weet ek het nie jou liefde hanteer soos ek moes nie Ek was nie gereed nie en jy weet dit nou meer as ooit Maar dat ek jou lief gehad het, en steeds het, is sonder twyfel Ek weet ek het dit nie gewys in die maniere wat ek moes nie Ek weet ek moes jou buckets vol maak Ek het getry Maar vandag is n ander storie Vandag kan ek sê dat ek geleer het Ek kan sê dat ek verstaan wat mens moet gee Ek begryp die betekenis van liefde Ek verstaan wat ń soulmate beteken En tog weereens smyt jy my weg soos ń ou lap Ek ken nie die mens wat jy nou is nie, jy is harteloos, verdwaal, onbekend En so ken jy my nie meer nie "You don't know the new me, I put my pieces back differently"
0
Jun 1, 2017
Jun 1, 2017 at 9:56 AM UTC
Wie is jy?
geselsies oor stomende boere troos kombuis warm gekuier stemme weerkaats sagkens van mure my verlore jong meisie dae as ek maar kon weet woorde aan die wind wys en syd versprei soos die skerwe van my hart onherroepbaar weg , stof bedek die inuitputbare gemis geen ander skaduwee kan begryp tyd heel niks jy leer leef in leemte en skerwes huis met krake en gebreuke tot als in tuimel soet versoening tot dan siels kreute, hallelujah
0
Jun 6, 2014
Jun 6, 2014 at 4:24 AM UTC
2014.06.05