"bedoel" poems
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval
Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?
Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!
Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.
Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;
Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.
My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.
Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...
Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.
Amen
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
Is liefde ñ keuse
of is liefde ñ gevoel
En *** moet ek dan voel om liefde
te voel...
So sê my
is daar iemand vir my bedoel
of is liefde
net nie vir my bedoel
En het jy dan al so gevoel
Want miskien en net miskien
is ek
en jy
vir mekaar bedoel
nie deur keuse, maar deur gevoel...
Nov 6, 2017
Nov 6, 2017 at 1:54 AM UTC
Bo op 'n berg
Met my bobbejaan gedagtes wat terg
Die eggo van my mania skree terug
Wat soek jy hier?
Ek drink uit die rivier
Ek sink my oë in die rooi son
Ek **** alweer
Die donker wolke
Die reën wat kom
Ek laat my gedagtes so dans
Plek tot plek
Gras van Kees
En mens en vlees
Sny deur my
Woede en naaktheid
Die lag van 'n sekere malheid
En die sagtheid van jou moeder ken
En dan meer bring ek twee
Van my na die tafel in 'n oop gesprek
Met my leemtes en my onbeheerbare
Soeke na wat ek herken binne my donker gate
Ek dwaal verlate
In riviere van die samelewing
Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn
In die strate van spoed en bloed
Die woorde uit die bek van die dier
Die ongetemde kwaad van primate
Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles
Tot hy verval en wegkwyn
Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre
Waarheid en verlossing
Waar vind ek die antwoord vir alles?
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
🧭Ik kan me niet meer voorstellen
met welke fout het begon.
Maar ik weet wel dat ik het
met mijn eigen krachten overwon.
🧭Maar nu weken later
denk ik echter.
Doe ik het nou zo beroerd
of ben ik gewoon niet zo'n vechter.
🧭Want steeds stapje voor stapje
tikt de klok mij aan.
Het is zo verwarrend
hoe laat de zal wijzer slaan.
🧭Ik begon in het Nederlands
maar toen ging ik echter plat.
naar blijken is ruw zijn
nog veel erger als glad.
🧭En welke taal ik ook spreek
of welke ik niet kan verstaan.
Er is op dit moment gewoon
geen ene bal meer aan.
🧭Over ballen gesproken
Rond, groot en klein.
Maar waarom rolt de mijne niet?
Het zal wel een ovale zijn.
🧭Of ligt het aan de wind
en waait hij continue naar west.
Of hier in het noorden
werkt dat dan niet best.
🧭Ik kan honderd dingen denken
maar schijnbaar niet dat ene ding.
Want waarom val ik in de put
als ik er daarnet nog boven hing.
🧭Ik denk dat ik een gokje wagen kan:
het is de innerlijke kracht.
Ik was overtuigd dat ik sterk was,
word ik daarom neer gebracht?
🧭En toch ben ik wel overtuigd
dat ik vol zit met wil en moed.
Maar dat ik toch nog twijfel
niet over een ander maar wat ik zelf doet.
🧭Waarom is het in het oosten
niet zoals in het westen.
En waarom zijn er boeren
die zo onlogisch gaan bemesten.
🧭Het hele doel is toch
om het land goed te maken.
Waarom zul je dan zonder duidelijkheid
je mede mens afkraken.
🧭Wat heb ik toch zo fout gedaan
dat de wereld toch zo doet.
Nee absoluut ik deed ook fout
maar, momenteel bedoel ik goed.
🧭Hoop toch dat de mens nu ontdekt
dat ik veel goed wil doen.
Maar nogmaals ik begrijp het niet
waarom is het ineens anders als toen.
🧭Ik bedoel, ik ben ook maar mens
Iedereen maakt toch weleens een fout?
Of ben ik de enige
zonder peper of zout?
🧭Had graag willen weten
wat de echte reden was.
Maar waar ik ook woon, merk ik
dat ik leef zonder duidelijk kompas.
🧭With full heart: Diegó. P. Siemsen.🧭
Apr 11, 2020
Apr 11, 2020 at 8:31 PM UTC
Zoals elke dichter zou ik
één woord willen schrijven
waarvan iedereen zegt
dàt bedoel ik
en dan kijkt naar z'n lief
en zegt zo ben jij
Maar al wat ik zeg
er was ergens wel
iemand die het eerder
of zachter
of prachtiger zei
Dec 4, 2018
Dec 4, 2018 at 8:24 AM UTC