"agter" poems
Jou boodskappe die sonstrale
wat elke nou en dan my dag wil maak
en ook soms 8 minute vat om by my uit te kom
maar gee lig en lewe in my donker wereld
al is jy miljoene bietjies weg van my af
is jou liefde n warm drukkie wat ek
moeiteloos in elke donker nag
om my bang lyf kan vou
jy wat agter die horison jou eie horison sien
en dalk self die maan met my deel
,van n ander kant af,
dra ek na aan my hart...
soos n tietie sonder nippels
of n bangmaak boek sonder sy stippels....
is my lewe net plein
en puntloos sonder jou.
Jy is my duisend-myle-weg
, maar altyd daar,
chill-jou-guava maaitjie
wat my weghol hart bedaar.
Familie buite stam en bas
bloedloos dalk , maar hegte vas
grenslose vriende oor die wereld heen...
God se grootste seen.
- aan al my vriende wat ver weg bly , maar meer beteken as my eie asem en wat ek dierbaarder ag as my virginity ;) ek is so ongelooflik baie lief vir julle.
Carinda du Toit. Aldridt Koltzow. Marli Roux. Tarryn Forster. Frederik Rudolph van Dyk. en al die ander...
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:51 AM UTC
En wanneer hou ons piekniek op die maan
- daar waar die son nie meer skyn nie,
kan ek jou donker toevlug wees
as die dag se hitte steek?
en sal jy 'n skadu gooi
oor my en my lieflike hart
ons kan saam met strome swem
as die branders oor ons breek.
Voor vrees jy weer oortrek
en my noodloos in die noodlot agter laat
in 'n eensame straat, van drome
en ander herrennerings wat by my *****
van liefde en so ook my verlede
wat jy veronderstel was om te tem.
En in die gaap van stilte tyding
waar die wysers ons vermy, sing
ek my eensaam lied en vra vir jou...
**** jy die golwe huil vir die koeelronde maan?
Sien jy die spore op die strand?
Waar vat die pad van verdwaaltenis my,
anders as na Jonker se hand.
Vanaand is ek verslae.
Die maan se kind trek pêrels en rol hulle oor die hartseer berge. Vanaand le ek en dryf, terwyl ek kyk na die maan, en die sterre...
sal jy my wolkombers wees
, my glimlag pille vir kersfees,
want ek is dalk te arm
, maar ryklik met jou geseen.
Sal jy my korrel sand , my rooikruis , my boei
want my hart is reeds verweer
, keur my voor ek ook
in die see uitbloei.
Jan 6, 2015
Jan 6, 2015 at 3:41 PM UTC
My kinderjare was
Soetsappige drome
En ek het weggesluimer
Agter suiwer onskuld,
Met ń krag van geloof
Wat my oortuig het dat
My God ook jou God is...
Dat elke pad ń onnodige
Veiligheidsgordel verg
Dat elke beursie ń oneindigheid van R20
Note besit het en dat
Elke graf leeg was na die derde dag
Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde
Uiltjies knip wat my
Tot die meerderheids
Besef van addolosensie gebring het.
Selfs al het ek teen ń
Eksponensiële spoed
Ń volwasse begrip ontwikkel
,Was my redenasie oor die
Hiernamaals nog vaag
Met slaap in die oog
Eers toe daar een
langs my Val
En tien aan my sy
Het die drakoniese deun
Van die doodswek my
Uit my snoesige slaap geruk.
Met elke groef wat nuwe
Paaie teer vir my trane,
Elke silwer randjie wat
Lostrek van die donker wolke
En op my hoof kom rus
Soos die koue staal
Van ń koningin se swaard
Wat my inlyf in die
Sidderende realiteit van grootword en lewe
Nou is die droom verby
Nou staan ek op
En vrees om plat te val...
Ek oes en saai
Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai...
Nou word paaie ń lang gebed
Ter beskerming van my hart
Wat ek so maklik uitdeel
En beursies ń kommoditeit
Wat skree van die honger
Soos die mense van ń land
Wat al sy geloof verloor het...
Nou brand die sand my voete
En die seesout droog my vel...
Nou word wraak ń amp
En liefde ń kombinasie
Van gifte en giwwe
, maar ek sal nooit weet
Wanneer is dit wat nie...
Nou word lewe ń gebed.
Ek het ophou my
Kinder rympies sê,
Nou bid ek pynlik swaar
En hoop dat God
Nog genade vir my en
vir jou Sal hê
Amen
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
-Ek en my geraamtes het soms ook 'n uitval
Verdoem deur drome van 'n wakker oog
gee ek in tot die eindelose gekarring.
Waaroor die ophef van 'n silwerdoek beeld
die trane en inspirasie , aangemeld -
en saamgesmelt in elke belydenis?
Ek spaar toe maar my knieë en sak neer
voor die rekenaar en fynkam
die intrieke sydrade van ons spinnerakke
Vergrootglas die letters, opsoek na:
'n Gebed vir - 'n Gebed vir hom...
NEE MY!
Toe speel my storie... Ag ek meen
Sy outobiografie af en ek's aleen.
Elke nou en dan en dan en wan
vee ek oor die rekenaar skerm en
skrik as ek sý gesig sien.
Hy wou dit nie aanvaar nie!
- ek wou regtig nie!
Hy wou verander!
-ek wou regtig graag verander...
ek... - ek bedoel hy;
Ons ma's was swertsend selfs
godslasterik lief vir ons en
haar stickynotes het ons oral vasgekeur
, want Levitikus!!!
Levitikus sê NEE...
Ma sê die Bybel sê:
"Ons is dood".
Ma se sy wil ons nie verloor nie.
Kom sy nie agter dat ons in
haar geweierde woorde versmoor nie.
My knieë is lank genoeg gespaar.
Na 90 minute se snikke en trane
val ek neer voor die Heer en
almal wat nog wil luister.
Ware ellende stort uit perelpoele
en plas neer op die koue wereld.
Uiteindelik bid ek vir hom, maar
my gebede is te laat - met so
dertig jaar of wat -.
Ek hoop iemand bid vir my...
ek hoop die gebede vind my
- maar vir my , betyds-.
Want ek sit met VIGS van die
siel. 'n Tipe kanker op sy eie 'n
lifelong companion om die eufemisme
mooi te stel...
Ek is Hy.
Hy is ek.
Ons is ons eie tipe mens.
Amen
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:12 PM UTC
Jou eierbeloftes word
In mooi woordjies
En trane spoortjies
Toegedraai
En ingelyf
In die raadsale
Van my helderheid
En my bekwaamdheid
Oor gesonde redenasie
Uit legio self disintigrasie
Ek bêre dit knus
In my eie kluis
Te midde my huis
Ń yspaleis
As ek dit bewaar
Teen die donker gevaar
Wat dreig uit elke
Oordeelsdag
Wat op al die ponde
en onse wag
Elke "ek het vasgeval in verkeer"
Elke "jou wanvertroue maak my seer"
Elke kode woord
Agter die slot op jou skerm
bly jou sondeval verstoord!!
Jou eierbelofte is ń kuikenmoord!!
Dan hardloop ek terug
En kyk na die dop
Wat my toe snou
As ek dit net stywer toevou
, minweted salmonella
En bylepes
Skuil in die amnion
En wurg die blou driehoek
Op ń voortrekkervlag
Eet ek daarvan sal die dood op my wag
Jou eierbeloftes
Jou akkideskak eer
Jou asyn rein liefde
Sal ek bly trotseer
Vergewe my tranedal
Want blykbaar is
Ek net verlief
Op my eie terugval
Apr 12, 2014
Apr 12, 2014 at 10:26 AM UTC
Gister se tragedie
En tranedal
Skuil agter vandag
se hartseer verhaal
Ja gister se monumentale prag
Lê aan vervalle en ondermyn Sy gesag
Vandag se kuns
Bewys geen guns
Aan die brandebde hande
Wat swoeg om hul wins
Gister se weenlied neurie dit sag
Ontlok vermaak uit die jeug van vandag
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:52 PM UTC
Vrees,
vir die geordende paar letters wat jou naam uitspel.
Vrees,
want jy bedreig my geluk soos 'n dors parasiet.
Vrees,
vir die monster wat jy in staat is om te wees.
Angs,
jy maak my bang, jou kaarte is onvoorspelbaar
en jy speel satireis sonder reels, grense of stippellyne vervaag
tussen wat joune is en wat bly eintlik myne.
Angs,
jy vat en gee dinge wat moes bly,
jy kom en gaan en verwoes
ons bly agter, 'n stukkie gronderosie
hou op,
want ek is nou moeg.
Angs,
want jou griewelike vure brand helder warm,
ek is bedek met die paraffien wat jy oor my uitgestort het.
Leuens,
jy wat gevul id met ongesonde nyd
raak jy nooit moeg,
om so vieslik te verwoes?
'n Onverdiende tug
beloon my met somber wanhoop
Ons almal nodig nou 'n bietjie rus,
die leemte wat jy vul sal ons nie maklik mis.
Sep 10, 2012
Sep 10, 2012 at 5:53 PM UTC
*** praat jy met 'n nagmerrie stem
waar jou uitroeptekens soos 'n slu foks-stem
in 'n koue marmer gaap besterf?
*** druk ek my ore toe
as my hande agter my rug gebind is
met drade van sielsdiep verse?
7 biljoen stemme , maar joune rys uit:
'n metaal orkes in 'n wereld van vyandlike vriende
en godslasterlike psalm-gesange.
*** droom ek stukke van jou op
in al die gifte van 'n barmhartige maan
wat my geliefde aan die bitterbessie bosse hang?
Ek probeer verwoed om my monsters
soos silwer gekwaste honde te verdrink
, maar selfs in die beursie-tapper lawaai water
is hul swem tegniek onverbeterlik.
Vergewe my stilswye en klapperwoorde
, maar ek sukkel om my drome te deel
met klaasvakie kerels wat hulle
voetspore ongeskonde laat
en liederlike drome aandra.
Ek bevraagteken soms die vraagtekens
en die puntlose stellings wat
tenstrydig die onbeperkte moontlikhede kortknip...
Soms wonder ek...
soms droom ek...
soms hoop ek...
-maar ek skrik altyd wakker
, altyd.
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:35 PM UTC
Albatros , albatros
verstik aan my tong
, begrawe geheime
agter die bitterbessie bos,
Waar my geliefde swaai
aan stilswy se galg.
Weenlied van die Albatros.
Ek wortel my moed
in rooigrond en klei
, maar berre my binnegoed
in n blinde man's boek.
Wees vry , wees vry
jou sondes bely
, maar stommemans kreet
oor die liefdesoek.
Albatros , albatros
skree in die waak.
Verslenter jou naam
in die buurt se stil slaap.
En die wraak van die
doodstong sal
jou nietig verlaat.
Deel jou bitter bessies , want
dit was gister reeds te laat.
Jun 6, 2014
Jun 6, 2014 at 1:10 PM UTC
Die arendgod was reeds verswelg
Agter sleepvoet trapsietjies
Wat met motreen sy voetspoor laat
Menigte kleure het deurmekaar gedreun
Om hul water afhantlikes met 'n bulderende
Brander van stemme te dra
En die skerts wat dans oor hulle skouers
Dan af traan om met hulle verwante menigte te vereenselwig
Die gedreun van stemme bereik 'n stilte vol antisipasie
Die bekoordes vind hul ligging ...
Op hul merke...
Gebore vir die oomblik...
Kneukels raak wit van koue en klou...
Iewers flits 'n meganiese weerligstraal...
En ons swem rugslag in die sproeireen
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:38 PM UTC
Jou woorde is ń vlak graf
Wat doodluiters
Op my pad gevly lê
En wag en lê en lag.
Ek wat onder daglig dommel
, verlore in die uitspansel
Wat uit jou hoop lumier,
Val vinnig vir jou vangwip.
Verval in die verkeerde tydstip.
Thenatos, finato , finaal.
Jy wou nog altyd agter
Jou swart kuil wegkwyn,
En die waarheid en seerkry
En skande ontduik.
Bely jy jou donker aan my?
Ag timmer tog jou naam
In my steun en vergeet nie
Jou pedantriese woorde nie.
*** anders dan nou sal ek
Met engelstem die
Uitloop besing van pederastie.
Onthou my vir my
Donquichoterie,
Want jy is nie regtig
Lief vir my nie.
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:06 PM UTC
Kom ons wees oppervlakkig
Kom ons verbeel ons dit was niks
, 'n nag vol stampe en stote
dis al , - dis al
Kom ons wees naief
en jonk en dom
, en ... ag ek weet nie
ons leef mos net eenkeer?
Kom ons wees koud en
hard, soos die plaiveisel
en die mure waarteen jy my
vasgedruk het as ons soen!
Kom ons bou vir maande
aan iets en verloor dit
in jou hortende stem
wat soms die sprong
oor die berge kon maak,
maar nou wegkwyn in
kuberstiltes -stiltes -stiltes
waar jou ***** se echo
in die verlede verdwyn.
Waar is jy nou?
Nou dat my are al
lintend- swerwend in
die wind agter jou wapper
en my hart knus in jou
glas bottel le...
nog 'n glas bottel,
was al wat jy werklik wou he.
Kom ons wees verlief
Depressief
Agressief
Neem inisiatief en
vergeet van my...
,want diep binne
het ek jou
nog eintlik lief...
Hello Genisis
Kom ons wees oppervlakkig...
Jun 3, 2014
Jun 3, 2014 at 6:10 AM UTC
Gister se tragedie
En tranedal
Skuil agter vandag
se hartseer verhaal
Ja gister se monumentale prag
Lê aan vervalle en ondermyn Sy gesag
Vandag se kuns
Bewys geen guns
Aan die brandebde hande
Wat swoeg om hul wins
Gister se weenlied neurie dit sag
Ontlok vermaak uit die jeug van vandag
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:20 PM UTC
Bo op 'n berg
Met my bobbejaan gedagtes wat terg
Die eggo van my mania skree terug
Wat soek jy hier?
Ek drink uit die rivier
Ek sink my oë in die rooi son
Ek **** alweer
Die donker wolke
Die reën wat kom
Ek laat my gedagtes so dans
Plek tot plek
Gras van Kees
En mens en vlees
Sny deur my
Woede en naaktheid
Die lag van 'n sekere malheid
En die sagtheid van jou moeder ken
En dan meer bring ek twee
Van my na die tafel in 'n oop gesprek
Met my leemtes en my onbeheerbare
Soeke na wat ek herken binne my donker gate
Ek dwaal verlate
In riviere van die samelewing
Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn
In die strate van spoed en bloed
Die woorde uit die bek van die dier
Die ongetemde kwaad van primate
Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles
Tot hy verval en wegkwyn
Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre
Waarheid en verlossing
Waar vind ek die antwoord vir alles?
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
Die son het geskyn oor die more
van ons mense,
terwyl die mis stilletjies inbeweeg oor hierdie toe nog rustige waters,
Ja wit skuim soos 'n skim
was met duisende
jare van ons voorvaders se rus en vrede verwelkom.
Met bloed van verwoerd het die wit skuim en die skim gesien hierdie paradys is vir hulle baie goed en met 'n spieel en versteekte dolk en drank
agter die kraag
ons"primatiewe volk" se gehee
sistematies
vertraag, belieg, omgekoop
verslaaf
verkrag
vermoor
ultemiet
ook
soos 'n dwaas
heeltemal
verplaas.
.
Die son skyn oor die more
van ons mense terwyl die mis
stilletjies uitbeweeg oor hierdie
onrustige waters, honderde jare
van marteling kan jou brein so
KONDISIOENEER,
om te luister na die valse profeet wat vir jou
dan!!
met
hulle leuns
BEKEER
en
REGEER.
Skrik wakker my mense
dit het tyd geword
om braaf terug te veg vir ons
EER,
want "hierdie pyn"
is van ....lankal af
SEER
.
Jy is eintlik sy baas
Dit gaan oor waar jy jou kruisie plaas,
BRUINMENS
stem!!!
EG
hierdie plek gewaarborg
deur geskiedenis
is
eintlik
JOU
geboortereg.
Sep 7, 2021
Sep 7, 2021 at 2:29 PM UTC
Daar's 'n plek in ons siele,
War die seer nie kan inkom nie.
Maar waar is hierdie punt,
Waar lê dit binne ons?
In die diepte van ons harte,
Agter die mure wat ons bou,
Kan ons kyk tussen die krake,
En vind 'n Sleutelsteen
Wat ons heel hou?
'n Klein onbreekbare IETS
Waarin ons vergete hoop nog slaap?
'n Picture van wat ons is
Voor die ligte uitgaan
Maar wat sou ons dit noem,
As ons dit selfs kon vind?
Sou ons dit selfs kon herken,
As dit ons in die oë sou staar
En sê: „Ek bestaan“?
Sou ons daarna kon luister,
As ons dit selfs kon **** —
As ons selfs kon onthou
*** om sy taal te praat?
'n Klein onbreekbare IETS
Waarin ons vergete hoop nog slaap
'n Picture van wat ons is
Voor die ligte uitgaan
Daar's 'n plek in ons siele,
Waar die seer kan nie inkom nie.
Oct 19, 2020
Oct 19, 2020 at 9:40 PM UTC