Altyd ’n grappie of ’n storie,
keer op keer het jy jouself neergelê,
sodat ander kon lag,
sodat ander kon leef.
Met ’n gebreekte hart perdjie-perdjie gespeel,
met ’n komplekse psige jouself gedeel.
Keer op keer vir klein kindertjies se lag,
jy — die gebreekte spieël van jou lewe,
stukkies van die donker nag,
stukkies van onvergeetbare pret.
In die groter prentjie — ’n kunswerk,
fragmente van jou liefde diep geanker
in ons harte.
’n Man sonder krag,
wat oor en oor en oor
stukkies van homself gegee het.
Aug 20, 2025
Aug 20, 2025 at 7:02 AM UTC
Altyd ’n grappie of ’n storie,
keer op keer het jy jouself neergelê,
sodat ander kon lag,
sodat ander kon leef.
Met ’n gebreekte hart perdjie-perdjie gespeel,
met ’n komplekse psige jouself gedeel.
Keer op keer vir klein kindertjies se lag,
jy — die gebreekte spieël van jou lewe,
stukkies van die donker nag,
stukkies van onvergeetbare pret.
In die groter prentjie — ’n kunswerk,
fragmente van jou liefde diep geanker
in ons harte.
’n Man sonder krag,
wat oor en oor en oor
stukkies van homself gegee het.
