Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
Jy
0
Apr 25, 2017
Apr 25, 2017 at 4:09 PM UTC
Untitled
Jy
Waar is jy vanaand? Waar kom hierdie emosie vandaan so onbeskaamd? Waarom kan ek jou nie vergeet nie? Waarom kan ek jou teenwoordigheid nie breek nie? Waarom hou jy my drome gevange? Waarom bring jou oë die hunkering in my verlange? Ek het aangegaan, ek het vergewe Ek het ophou wonder en begin lewe Ek wens ek kan jou ophou soek Ek wens ek kan ontslae raak van die vloek Ek verlang na jou lag, jou mond en gevlekte tande Ek verlang na jou reuk, jou stap en jou mooiste hande Ek verlang na jou arms, jou drukkies en stywe spiere Ek verlang na jou lyf, jou vashou en jou oulike maniere Dalk sal dit eendag weggaan Dalk kan ek my hart weer verloor onder die maan
tanyad1
Written by
Apr 25, 2017
Apr 25, 2017 at 4:09 PM UTC
Request permission to use this poem