trek jou kos uit
die modder
druk jou wortels
donkerdiep
suig jou lewe
uit die lig
reik jou takke
tot die bloue niet
drink alles om jou in
en draai dit tot groei
rig jou gesig na die son
tot jy bot en bloei
dis hier waar jy staan
tot hier het jy gekom
hier is ‘n kans
‘n plek om te blom
Apr 13, 2022
Apr 13, 2022 at 12:27 PM UTC
trek jou kos uit
die modder
druk jou wortels
donkerdiep
suig jou lewe
uit die lig
reik jou takke
tot die bloue niet
drink alles om jou in
en draai dit tot groei
rig jou gesig na die son
tot jy bot en bloei
dis hier waar jy staan
tot hier het jy gekom
hier is ‘n kans
‘n plek om te blom
