Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
seethroughme
seethroughme
45/F/South African
'n blouvalk les dors waar my watertenk lek dit wat gebreek is het steeds 'n plek al is dit gekraak al maak dit 'n vlek een se wond is 'n ander se lek
0
Nov 2, 2024
Nov 2, 2024 at 4:54 AM UTC
lek
party van ons sit buite tyd sweef bo die pad wat net een kant toe kyk party van ons sien sirkel pleks van lyn leef die ewige siklus sonder om te kwyn
0
Dec 16, 2022
Dec 16, 2022 at 1:45 PM UTC
buite tyd
glimmende harde wit lig rol polsend waar die grond voor die lug swig
0
Sep 11, 2022
Sep 11, 2022 at 4:57 AM UTC
songolf
fyntjies fyntjies dans op ‘n lem hou die pyn uit jou stem liggies liggies oor donker water dobber vlak bo-op sink saggies later en dan duik diep deur die duister fluweel van die sagte nagsee gaan terug  na wat jy is swem deur die seer anderkant die doop sal alles dieselfde wees behalwe jy blaas jou eie vlam   smee  jouself vry
0
Aug 18, 2022
Aug 18, 2022 at 12:59 PM UTC
smeltkroes
as the world empties of your icons and dreams old, now, and dying the actors you know on screen the musicians and poets that stitch up the scenes of your life flowing ahead of you in the stream spirits blown forward in the wind
0
Jun 6, 2022
Jun 6, 2022 at 12:04 PM UTC
the stream
i’ve known you longer than i haven’t the weight of time is lighter as we carry it together our bond is not a chain it’s a light strong tether
0
May 27, 2022
May 27, 2022 at 11:50 PM UTC
dear friend
nóú is alles dit verdwyn of jy laat los of klou glip deur jou geheue as jy gryp na die moes en sou dis die vegeetbare rituele die nietighede wat ons op ons voete hou vou jou wasgoed voer jou kinders koester jou kleinood onthou om te onthou
0
May 13, 2022
May 13, 2022 at 11:01 PM UTC
oomblik
ek is ‘n honger wese my lyf verslind alles wat kan verteer my brein smag altyd na meer en meer niks is sover genoeg nie my keel bly oop ek drink diep en weer aan die kelk van die lewe ‘n dors geles is ‘n oop deur na ‘n nuwe smagting ek bly ‘n honger wese my ewige lus is die soetste geur die beste sous vir alles wat ek so swaar leer dis die poort na dit wat ek begeer
0
May 6, 2022
May 6, 2022 at 11:58 AM UTC
ewige honger
trek jou kos uit die modder druk jou wortels donkerdiep suig jou lewe uit die lig reik jou takke tot die bloue niet drink alles om jou in en draai dit tot groei rig jou gesig na die son tot jy bot en bloei dis hier waar jy staan tot hier het jy gekom hier is ‘n kans ‘n plek om te blom
0
Apr 13, 2022
Apr 13, 2022 at 12:27 PM UTC
blom waar jy staan
alles wat ek nog ooit wou gehad het het klaar deur my vingers gevloei alles waarvoor ek nog ooit gevra het is gekry en voor gebloei alles wat ek nog ooit gegee is se waarde het aanhou groei al wat ek kan sê is dankie soos die lewe deur my gloei
0
Mar 16, 2022
Mar 16, 2022 at 1:05 PM UTC
alles