Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Tekan Jan 2019
My klein Ouma
smeer haar liefde
soos botter

Sy smeer van kant tot kant
en gee liefde orals,
wat langsaam versmelt in die deug
van haar sagte brood

My klein Ouma se liefde
vul al die gate in die warm brood

“Niks is beter as brood nie”
Is wat Ouma altyd se

En tog, is sy verbasend klein …
Sy eet net die krummels
en gee vir ander
haar gebotterde brood
so gesond
so lekker

My klein Ouma
Vol liefde gesmeer
An Afrikaans poem written for my gran
Blom In Blou Jul 2020
Kleurlose reënboog draai binne diepste
Ongesiene vanuit donkerste draai vanuit swart
Sonder om te verfraai word sowaar eers minste
Volkleurspektrum vloei langsaam oppad na hart
Briljante rooi illumineer oranje geel en groen
Kannie wag vir die skitter verskyn *** van goud
Bestraal spier deur die verhewe wit spektraal
Hierdie krag straal mag maak klein benoud
Kannie begin verwoord minder vertaal
Vertrou die vloei maak bloei onstoflik stout
Besig om jou verlede en toekoms te herskryf
Einste imponderabele elektriese, elektriese spiraal!

— The End —