Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Tekan Jan 2019
My klein Ouma
smeer haar liefde
soos botter

Sy smeer van kant tot kant
en gee liefde orals,
wat langsaam versmelt in die deug
van haar sagte brood

My klein Ouma se liefde
vul al die gate in die warm brood

“Niks is beter as brood nie”
Is wat Ouma altyd se

En tog, is sy verbasend klein …
Sy eet net die krummels
en gee vir ander
haar gebotterde brood
so gesond
so lekker

My klein Ouma
Vol liefde gesmeer
An Afrikaans poem written for my gran
met nat oë en stem rasper-hees
sal sy my eers
met kaneel en gemmer genees
met swaar lyf en kop wat klop
salf sy my eers
met heuningwoorde gesond

en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei
bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei
met die seer wat nog so rou in haar talm
bid sy eers die onrus in my kalm

en ek weet saans ween en woed
onverbiddelike storms
in haar gemoed
en dan soggens uitgespoel en broos
is sy nooit te swak om haar kroos
eersmaal te troos
vir speelgrond wond of hart wat breek
terwyl daar dubbeltjies soveel dieper
in haar insteek

die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het
vir elke afvlerkkind
die lyntjies waar sy op die mooiste wyse
haarself met ander verbind
waar sy soveel ander se seer verberg
ten spyte van alles wat dit van haar verg

hier sit ek stil en verwonder my
aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
Poem in my mother tongue(Afrikaans) dedicated to my mother.
seethroughme Mar 2019
die snykant
van die liefde
is so dun
dit glip
ongesiend tussenin
die fynste lem
kerf die diepste
wond
los ‘n dooie letsel
word seer gesond

— The End —