"wyse" poems
Ek het iewers langs die pad
My onskuld verloor
, maar ek **** dis op ń special
By die bottelstoor.
Dis nou jammer ek is platsak
Sonder geld, sonder naam
Onthou my soos ek was
In ma se fotoraam.
Wie sou my kon waarsku dat
Beloftes en my maagdlikheid
So maklik soos vetkruit breek.
Of dat al daai candy cigarettes
My kon leer om ñ Marlboro
Aan te steek.
Vroeg ryp vroeg vrot,
Op dominee se eer
Verloor al jou onskuld en
En probeer maar weer
Om iewers ń Heer te kry
Wat nog omgee vir my.
Terwyl jy sukkel om jou daily bread
Op die tafel te kry.
My pelle gaan dood , word ryk
Besoek die tjoekie
Word groot ,word fake
En kry STD's en kinders
En ander goed wat hul nie soek nie.
Nou loop ek ń pad van plooie
En grys hare en taxes
Waar Yolo jou nie verder bring
Van die kussies nie...
Face it.
Ons was almal jonk
, was al almal dronk
En ń wyse man weet...
Grootword is nie vir sussies nie.
Jul 13, 2014
Jul 13, 2014 at 12:05 PM UTC
met nat oë en stem rasper-hees
sal sy my eers
met kaneel en gemmer genees
met swaar lyf en kop wat klop
salf sy my eers
met heuningwoorde gesond
en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei
bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei
met die seer wat nog so rou in haar talm
bid sy eers die onrus in my kalm
en ek weet saans ween en woed
onverbiddelike storms
in haar gemoed
en dan soggens uitgespoel en broos
is sy nooit te swak om haar kroos
eersmaal te troos
vir speelgrond wond of hart wat breek
terwyl daar dubbeltjies soveel dieper
in haar insteek
die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het
vir elke afvlerkkind
die lyntjies waar sy op die mooiste wyse
haarself met ander verbind
waar sy soveel ander se seer verberg
ten spyte van alles wat dit van haar verg
hier sit ek stil en verwonder my
aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC