Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"waai" poems
Die fluister van my hart... Ek raak stil en luister *** fluister my hart. Die liggiese geklop in my keel maak my bly oor die lewe wat ek voel. Myne praat van die ope lug so blou, ek hou dit vas, en van die wind wat vry waai sonder om toestemming hoef te vra. Van die son wat vroeg oggend goud op kom met die begin van nog n nuwe dag, wat warm bak teen jou rug as jy dit die minste verwag. Van harde hande werk in die kombuis na die tuin wat vra vir bietjie liefde en gesels. So is die lewe vol lewe, vol kere vir lekker lag. Ja dit gee mens krag om die mooi te sien, in elke dag. 2016-11-28
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:19 AM UTC
Die fluister van my hart...
Blompen ; dompen My pen lè los in my hand , Bibberend soos 'n straatkind in die kou; Net so blinkoog - net so hol, Vol drome wat in die agterkop brou Maar die ink loop hortend oor die blou Treinspore, mompelend soos 'n man Wat die vreemde dialek van opgee praat En sy laaste vloek op die hemel inspan *** sku sluip die musa in die skemerson Waar net echoes van haar in die droewige letters lê En die gebeendere van hol woorde waai met die wind Tot waar sal net die uitgedroogde môre kan sê? My pen is nietigvaal teen die goudskrif teen die muur En hunker uit desperaatheid na 'n siggaret , want die ander het vere en woorde wat vlieg... *** skep ek 'n wereld met die dors pen wat ek het? My môre lyk puntloos en onvoltooid. My gemoed knak en splinter oor die papier. Die ink loop meer kunstig onder fisika As die hand van die skrywer, Die verlepte Angelier
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:41 AM UTC
Blompen ; dompen
Jy wys nie die son vir 'n blinde wat weer kan sien nie. Dis mos nou kinders-kry dan trou , 'n priem baba se : Ek is lief vir jou. Verby nog voor dit begin het. Of is my hart nou wiegiedood wat doodluiters my eie galg om die baba hang. Breek ek die glas-skoen? voordat die lewe dit kan breek? Of het ek nou maar oulaas 'n manier om al die goeie goed - uit vrees van stapel te stuur? Ek kan jou volg... sal jou volg; sou jou volg tot waar die wind ons waai en saam jou kan ek... sal ek sou ek heeldag rondomtalie en tiekiedraai, maar *** gaan ek die onbekende in as dit tussen my en die horison le? My hartklop eikehout in die gang, hy klop nog koud , maar hy klop nou! En jy praat van altyd en van later en van dan: verder selfs as wat my sig durf reik! Jy is my nou. Jammer dat ek more jou gister gaan wees; probeer verstaan, ek verlang nog silwer en plooie en die wereld is my lapdoek en die lewe is my lee papier en ek wil groei. Ek kan nie die trouring dra nie ,as hy nog koud aan my vinger kleef... my hart is dalk nog prematuur , maar ek wil graag uitgan en die koue skouers en spervure vir my self gaan beleef. Moet my nie die son wys nie Ek leer nou eers *** om te sien... en moet nie se jy is lief vir my nie, want more is dit verby nog voor dit begin het. En dan hang ek die priem.
0
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:42 AM UTC
Stilgebore
Daar is n lieflike gevoel in die wind. n Gevoel wat bind, n gevoel wat sink, sink diep in n mens se hart in. Hy praat met n mens soos n boek, n bladsy wat vertel van die Goddelike wind... So gaan die pad voor mens oop en raak gou vol hoop van goeie dinge wat voorle. En so verlang mens dan na iemand, iemand ver, ver weg en seg in jou hart: “Die lewe is soos die wind, die Goddelike wind wat verbind van een hart na n ander”. Want die waai deur mens se hare, die gevoel van koel, maar warm teen mens se wange en die verwaai van gras op plaas paaie is wat ek noem die Goddelike wind, wat bind… van een hart na n ander. 2016/01/21
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:38 AM UTC
Die Goddelike wind...
So ver ek loop ruik ek die droogte, die son se gebak, maar ja  ek loop met gemak, al vinniger en vinniger die pad langs. My droom het waar geword om n ver pad langs te stap en te gesels, met wie anders as met myself, die wind, die vertes en die mindere gebergtes. Die wind waai om my heen, dit kreun en steun, maar dit leen my n tyd vir alleen wees in my gedagtes, ag daar is net geen klagtes. Soos ek stap lag ek klip hard want my hart voel so vry, so vry soos die wind wat my verby kry. Dan haal ek die wind weer in en sing n lied van blydskap teenoor my Heer, my dapper Held en stap Maat. Soos die dae verby gaan en die vertes nader kom, verstom ek my aan my hart se gejubel van blydskap en geluk. My hart is vry so ver soos die oog kan sien, ek loop in vreugde en gemak, dag na dag  in n natuur so hard maar tog so sag. My hart smag na my liefde, die maat van my lewe, so ewe te vroeg weg gevat, maar stap, stap hy saam en ons hou net aan en aan tot ons weer by mekaar gaan staan in n veld van omhelsing en blye verwelkoming, hand aan hand net aan die Anderkant. Ja my hart is vry so ver soos die oog kan bedui..... 2017-11-08
0
Dec 3, 2017
Dec 3, 2017 at 7:55 AM UTC
My pad, pad langs.........