"vry" poems
Ek het die siek gewoonte om oog op te slaan
en die nagprag te aanskou met digters-oog
wat 'n ster van elke mens wil maak
en elkeen wil bekoor, maar
selfs al span ek al my mag in
is daar een ster hoog verhewe...
Daar sit die ster op 'n tuinstoel troon ,
oe betowerer deur die vuur
andag gestrek deur die ganse heelal
- orals behalwe hier,
waar ek soos 'n straatbrak honger kyk,
aan die voete van 'n ster
*** almal bietjie aandag eis
*** almal van jou kry
maar ek soos 'n een aand wonder
uitteer aan jou droewe stilswy
My slapelose nagte
maak my van die drome vry
want in realiteit, al kyk ek vir die sterre,
kyk hulle soms verby.
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:44 AM UTC
Dig silwer linte dans na die maan
in wolkpluime wat na die strerre toe maan
ek is weer hartseer
weer stukkend
gebreek
daarom nog 'n siggaret toestaan
an my mense bestaan
ek beaam my met die kwale
van 'n ongebonde wereld
wat pleit om liefde en genade
wat soene soek in suikersoet
wat drome droom so swart soos roet
wat binne die lyne bly
en so ook verlossing by hul neuse in lei
want meisies is net slette
as hulle saam die verkere perd saal
of die slippie laat val
na hul vir die aborsies betaal
en seuns is net moffies
as hul sukkel om 'n rugby bal te vang
vergeet van die agsteman wat gretig
na die flank se balle verlang
vloek en laster bring God se toorn
werk an jou eie vokken balk en los my doring
dalk is jou masker meer heel
as die van my...
maar met elke krakie...
is ek darem 'n krakie meer vry
- as jy
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:19 PM UTC
Die fluister van my hart...
Ek raak stil en luister *** fluister my hart.
Die liggiese geklop in my keel maak my bly oor die lewe wat ek voel. Myne praat van die ope lug so blou, ek hou dit vas, en van die wind wat vry waai sonder om toestemming hoef te vra.
Van die son wat vroeg oggend goud op kom met die begin van nog n nuwe dag, wat warm bak teen jou rug as jy dit die minste verwag.
Van harde hande werk in die kombuis na die tuin wat vra vir bietjie liefde en gesels.
So is die lewe vol lewe, vol kere vir lekker lag.
Ja dit gee mens krag om die mooi te sien, in elke dag. 2016-11-28
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:19 AM UTC
Here gee my krag elke dag.
My pyn wil nie verdwyn.
My hart raak swaar want die jaar is net nog een van baie waar ek uit roep na U om hulp.
U genade is groot en ek glo dat U n plan berade het om my pyn te laat verdwyn.
My lewe is in U hande en ek weet U sal my bande los maak en my vry laat loop oop in n lewe van liefde en vrede.
*** wonderlik die oomblik van geen pyn, my gebede beantwoord en die pyn het verdwyn volmaak aan geraak en geseen deur n genesende hand van bo.
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:46 AM UTC
dit reen altyd iewers in kaapstad
en altyd iewers in my hart
branders golf diep binne my
nes jy is hulle altyd vry
jy weet ek haat jou nog partykeer
net so tussen die branders se golf en kom weer
hou my vas en ek sit waar ek sit en jy weet
van die dinge wat ek nie kan vergeet
so hier sit ek en sug
en onthou van die diep merk op my gewrig
en weet van die rede
hoekom ek hier sit en maak vrede
met myself en met jou
wat my nie meer vashou
Jul 13, 2015
Jul 13, 2015 at 12:49 PM UTC
Somewhere in Cape town it always rains
And in some part of my heart the rain always stays
Waves crash deep within me
Like you, they are always free
You know sometimes I still hate you
Just in between the waves build up and break through
Hold me tight and I sit where i Isit and you know
Of all the things I cannot let go
So here I sigh and sit
And remember the deep scars on my wrists
And we remember the reasons
Why I sit here quietly and let peace in
Peace for myself and I'm letting you be
You who no longer hold onto me
Ek en jy
dit reen altyd iewers in kaapstad
en altyd iewers in my hart
branders golf diep binne my
nes jy is hulle altyd vry
jy weet ek haat jou nog partykeer
net so tussen die branders se golf en kom weer
hou my vas en ek sit waar ek sit en jy weet
van die dinge wat ek nie kan vergeet
so hier sit ek en sug
en onthou van die diep merk op my gewrig
en weet van die rede
hoekom ek hier sit en maak vrede
met myself en met jou
wat my nie meer vashou
Jul 13, 2015
Jul 13, 2015 at 3:47 PM UTC
Albatros , albatros
verstik aan my tong
, begrawe geheime
agter die bitterbessie bos,
Waar my geliefde swaai
aan stilswy se galg.
Weenlied van die Albatros.
Ek wortel my moed
in rooigrond en klei
, maar berre my binnegoed
in n blinde man's boek.
Wees vry , wees vry
jou sondes bely
, maar stommemans kreet
oor die liefdesoek.
Albatros , albatros
skree in die waak.
Verslenter jou naam
in die buurt se stil slaap.
En die wraak van die
doodstong sal
jou nietig verlaat.
Deel jou bitter bessies , want
dit was gister reeds te laat.
Jun 6, 2014
Jun 6, 2014 at 1:10 PM UTC
Hipnotiseer die liggies jou,
As die reuk van karnivaal kos jou in gekarameliseerde geluk toe vou ?
Vlieg jy ook tydelik op die grootste ferris wiel?
So vry soos ņ voël,
Vleg deur die liggies en sterre
Ontsnap weer jou kinder siel.
Deel in die tyd van jou lewe,
Saam jou vriende
(En dalk ń bietjie bier).
Welkom by die skou!
Ons is bly jy's ook hier.
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:38 PM UTC
Die velde en berge le honderde myle ver, oop tot by die horison.
Al wat ek sien is gras, klippe en bome, en drome van n lewe so vry ver in die valley, groen van reen en geen besoedeling van die besige lewe so ewe of dit al is wat ons het…
Die vlaktes bring my gedagtes na n rustigheid.
Ek kan ver sien so asof ek my lewe kan sien, die rustigheid wat dit verdien.
Ek sien die klein dingetjies raak soos die veldblomme wat blom met n glimlag dag na dag, n lady bug op die tak, die springkaan op die blaar, die miere wat trots hulle kos by mekaar maak vir swaar dae.
Doudruppels vroeg oggend net so na die sonsopkoms…
Dan voel ek dankbaar, dankbaar vir n lewe wat gegee is sonder vrae
Danbaarheid vir n Skepper van mens en natuur. 2016/01/24
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:40 AM UTC
So ver ek loop ruik ek die droogte, die son se gebak, maar ja ek loop met gemak, al vinniger en vinniger die pad langs.
My droom het waar geword om n ver pad langs te stap en te gesels, met wie anders as met myself, die wind, die vertes en die mindere gebergtes.
Die wind waai om my heen, dit kreun en steun, maar dit leen my n tyd vir alleen wees in my gedagtes, ag daar is net geen klagtes.
Soos ek stap lag ek klip hard want my hart voel so vry, so vry soos die wind wat my verby kry.
Dan haal ek die wind weer in en sing n lied van blydskap teenoor my Heer, my dapper Held en stap Maat.
Soos die dae verby gaan en die vertes nader kom, verstom ek my aan my hart se gejubel van blydskap en geluk.
My hart is vry so ver soos die oog kan sien, ek loop in vreugde en gemak, dag na dag in n natuur so hard maar tog so sag.
My hart smag na my liefde, die maat van my lewe, so ewe te vroeg weg gevat, maar stap, stap hy saam en ons hou net aan en aan tot ons weer by mekaar gaan staan in n veld van omhelsing en blye verwelkoming, hand aan hand net aan die Anderkant.
Ja my hart is vry so ver soos die oog kan bedui.....
2017-11-08
Dec 3, 2017
Dec 3, 2017 at 7:55 AM UTC
In die hart van Afrika se suidegrond,
Styg ’n taal, sterk en bond.
Diep in son en sand,
Stemme dra oor hierdie land.
Afrikaans, die taal van hart en kin,
Gevleg met stories van waar ons was en bin.
Van boereveld tot stad se straat,
Sy ritme sterk, sy klank hard.
Woorde wat van berge hoog weerklink,
Stories oud, na die hemel gesink.
Met elke “sê,” ’n belofte gegee,
Van erfenis wat nooit sal verdwyn.
Ons taal sing van lag, van trane en vrees,
Van stryde gewen en drome geheg.
Al verander die tyd, al rol die gety,
Afrikaans bly staan, sterk en vry.
So hef jou stem, laat dit luid wees,
’n Lied van trots, ’n taal om te lees.
Want in elke frase, elke woord en rym,
Dra ons ons Afrikaans, deur elke tyd.
Nov 5, 2024
Nov 5, 2024 at 1:54 PM UTC
don't know where m i going
don't know what i have been searching for
the path m following
is it made for me
regardless of what my heart says
m jsst walking
i jsst want to arrive on my destination
i want to be on a path where i want to be
people say u can't
bt no1 answers why
i have lost all i have
the hurdles in the way might end
the people who broke me up might come back apologizing
the destination is vry near
wao i achieved it..
bt m i happy?
have i struggled for wht i wanted?
most importantly where m i in this whole story
what i have been searching for still remains a question
i faced it . yes i did
i answered it..
yes it's me that i have been searching for..
i lost myself in the darkness..
yes i did
Jan 4, 2015
Jan 4, 2015 at 4:18 PM UTC
fyntjies fyntjies
dans op ‘n lem
hou die pyn
uit jou stem
liggies liggies
oor donker water
dobber vlak bo-op
sink saggies later
en dan
duik diep
deur die duister fluweel
van die sagte nagsee
gaan terug na wat jy is
swem deur die seer
anderkant die doop
sal alles dieselfde wees
behalwe jy
blaas jou eie vlam
smee jouself vry
Aug 18, 2022
Aug 18, 2022 at 12:59 PM UTC
Y wr brn wth prps
Whts yr prps
Whts yr rsn
Wht hv y dn
Why r y hr
Vry thng hppns fr rsn
Yr prps, yr lf
Yr hps, yr drms
B hppy, b yrslf
Dec 27, 2018
Dec 27, 2018 at 9:03 AM UTC