Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"vriende" poems
Jou boodskappe die sonstrale wat elke nou en dan my dag wil maak en ook soms 8 minute vat om by my uit te kom maar gee lig en lewe in my donker wereld al is jy miljoene bietjies weg van my af is jou liefde n warm drukkie wat ek moeiteloos in elke donker nag om my bang lyf kan vou jy wat agter die horison jou eie horison sien en dalk self die maan met my deel ,van n ander kant af, dra ek na aan my hart... soos n tietie sonder nippels of n bangmaak boek sonder sy stippels.... is my lewe net plein en puntloos sonder jou. Jy is my duisend-myle-weg , maar altyd daar, chill-jou-guava maaitjie wat my weghol hart bedaar. Familie buite stam en bas bloedloos dalk , maar hegte vas grenslose vriende oor die wereld heen... God se grootste seen. - aan al my vriende wat ver weg bly , maar meer beteken as my eie asem en wat ek dierbaarder ag as my virginity ;) ek is so ongelooflik baie lief vir julle. Carinda du Toit. Aldridt Koltzow. Marli Roux. Tarryn Forster. Frederik Rudolph van Dyk. en al die ander...
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:51 AM UTC
Million-miles awayers
*** praat jy met 'n nagmerrie stem waar jou uitroeptekens soos 'n slu foks-stem in 'n koue marmer gaap besterf? *** druk ek my ore toe as my hande agter my rug gebind is met drade van sielsdiep verse? 7 biljoen stemme , maar joune rys uit: 'n metaal orkes in 'n wereld van vyandlike vriende en godslasterlike psalm-gesange. *** droom ek stukke van jou op in al die gifte van 'n barmhartige maan wat my geliefde aan die bitterbessie bosse hang? Ek probeer verwoed om my monsters soos silwer gekwaste honde te verdrink , maar selfs in die beursie-tapper lawaai water is hul swem tegniek onverbeterlik. Vergewe my stilswye en klapperwoorde , maar ek sukkel om my drome te deel met klaasvakie kerels wat hulle voetspore ongeskonde laat en liederlike drome aandra. Ek bevraagteken soms die vraagtekens en die puntlose stellings wat tenstrydig die onbeperkte moontlikhede kortknip... Soms wonder ek... soms droom ek... soms hoop ek... -maar ek skrik altyd wakker , altyd.
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:35 PM UTC
Puntlose vraagtekens
Hipnotiseer die liggies jou, As die reuk van karnivaal kos jou in gekarameliseerde geluk toe vou ? Vlieg jy ook tydelik op die grootste ferris wiel? So vry soos ņ voël, Vleg deur die liggies en sterre Ontsnap weer jou kinder siel. Deel in die tyd van jou lewe, Saam jou vriende (En dalk ń bietjie bier). Welkom by die skou! Ons is bly jy's ook hier.
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:38 PM UTC
Welkom by die skou
ek glo nie, maar vanaand bid ek, nie vir wat of wie, maar vir wat ooit was, vir my onskuldige jeug, toe ek plesier kon haal uit pakkies swiets, toe ek nie geweet het van oud word nie, ek glo nie, maar vanaand is ek op my knieë, want iewers het ek my onskuld verloor, my plesier word nie meer geput uit sondag oggend cartoons, of met vriende speel na school, met vrees in my hart sluit ek my oë, en verdwaal in hierdie jongere drome, vanaand is daar geen hallelujahs, en geen amens
0
Jun 18, 2020
Jun 18, 2020 at 7:02 PM UTC
ek glo nie
Skryf poësie in die sand Dis altyd soeter deur jou hand Sien *** die letters smelt as die gety inkom Dis nou te laat om weer huis toe te kom Kom ons hardloop in die nag Wilde harte is op jag Vasgedruk hier in mekaar se arms Lê ons veilig, bly en warm Ek wil jou vra, kan ek soen jou op die bek Soos ons gedoen het toe ons nog verliefdes was Om vriende aan die einde van dit als te bly Was wat ons wou, maar dit gee geen vrede nie
0
Apr 17, 2023
Apr 17, 2023 at 12:35 AM UTC
Vriende aan die Einde