"vriend" poems
Met boeke vol helde, soos ek en jy
Potgieter, Trichardt, Smuts, Kruger selfs De LaRey
Almal met die doel, om hul volk te bevry,
Die Afrikaner, uit te brei
Om hul families, van leiding te bevry
Selfs, De LaRey
‘n Lafhart, wou eers nie beklei
Later die held, wat die boere, verder wou lei
Familie man, vader seun broer en gesant
Ja, die mense was ook bang
Maar met passie,
Met drang
Met dit wat slange vang
Het hulle als aangevang
Kyk na jou vriend
Kyk na jou maat
Kyk na die, anderkant die straat
Dis jy, wat hul toekoms baat
Dis jy, wat hul vereen, ou maat
Die Afrikaners, was plesierig
Dit, kan julle glo
Nou gevul, net met gierig
En al hul misnoe
Ja, dit kan julle glo
Waar is ons eendrag
Waar is ons mag
Waar is die dae, toe ons nog lekker kon lag
Waar is ons helde, van vandag
‘n Held, in elkeen wat die taal verstaan
Elkeen, wat n weg vir Afrikaans wil baan
Elk, wat sy man wil staan
vir die taal, wat min verstaan
‘n Kultuur, wat net ons verstaan
‘n Kultuur, so ryk aan helde soos ek en jy
Helde, wat die Afrikaner wil bevry
Helde, wat nie bang is om te baklei
Helde, soos ek en jy!
Oct 23, 2010
Oct 23, 2010 at 2:36 AM UTC
Sitting here
Where your body lies
Your heart deafened
Your life gone by
As the birds chirp
And life chatters away
I hear you
Loud and clear on this day
Your life beckons
Full
And dear
I miss you Ouma
My partner in crime
My maat
My beste vriend
Ek mis ons gesprekke
In Afrikaans
Ek mis jou lag
Jou Rooi rosige wange
Jy
En Ek sit hier
Sonder jou
I haven't felt myself since you've been gone
I've been empty
Waiting
For someone to help this yearning
This longing in my heart
I sit beside your grave
Tears clenched in my eyes
Holding back my own life
I miss you Ouma
I miss you so
And forever I will be empty
Without you
As I am
Yearning
For you so.
Jan 2, 2017
Jan 2, 2017 at 5:29 AM UTC
Tot die dood ons skei… so berei ek my toe voor… vir n lewe saam met jou my ou, jy is my hero.
Jy is my alles en dit sal jy altyd wees.
Jy is my steun pillar, my altyd daarm my lewe en my vreugde.
Vir my is jy n vriend wat net die beste verdien.
Jy is sterk, gevestig in jou werk om vir my te gee vir wat ek altyd nodig sal kry.
Jy is my krag en ek weet ek verwag altyd te veel van jou, maar tog spog ek met n man van staal.
My hero, die ou vir wie ek lief is…
Dis jy… en vir my sal jy vir ewig en vir altyd bly. 2016/01/19
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:44 AM UTC
Mijn Liefde,
Met het hart op de tong vraag ik U,
Waarom U mij wilt raken,
Met Uw in liefde doordrenkte woorden,
Welke het water zijn van mijn gedachte, mijn hart en ziel,
Opdat U op het eind vraagt naar hetgeen, waarover U mij Zèlf houderschap heeft geschonken.
Mijn Vriend, mijn Beschermer,
Zolang ik Uw woorden mag voelen,
Zolang ik naar Uw woorden mag luisteren,
Zolang ik Uw woorden mag aanschouwen,
Ben ik U meest dankbaar,
In de mate waarvan U mij hierover houderschap heeft geschonken.
Mijn Leiding,
Dwalend in het donker,
Zoekend naar hetgeen mijn dorst kon lessen,
Zoekend in zeeën van droogte; wereldse lessen,
Ik zag niet, U zag mij,
Gissen in het droge zand, is sindsdien voorbij,
Ik snap nu, U bent het licht waarnaar ik snakte,
U bent waardoor ik niet verder in de afgrond zakte.
U heeft mij houderschap geschonken in verschillende vormen en in ontelbare mate,
Hetgeen U mij houder van heeft gemaakt, Allah swt, houd ik in de gaten,
Zolang liefde van U, als water stroomt door mijn vaten.
Feb 2, 2021
Feb 2, 2021 at 6:55 PM UTC
Eina! Die prikkel van n naald
Gif vloei soos water in my lewens-strome
Val my liggaam aan met geweld
Die skeur en afbreek van my drome
Elkeen voel ek
Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld
Dis die knop wat als begin het, nee
Die trek van n kanker stokkie
Die waarskuwing op die boksie gee mee
My lus kon ek nie meer hou nie
'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn'
**** ek soos die rook diep in my longe verdwyn
***** is my voorland
Ek kan lankal nie meer op my bene staan
My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan
Ek is skaam, so so skaam
Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil
Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil
O dood, ou vriend
Vir my kan jy maar kom haal
Ek wag al maande vir jou,
Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal
Hy was erger, soveel erger as ek
Sy are het al begin kraak
Na Elke inspuiting, of behandeling
Het hy op alles gebraak
Ek is amper daar, ek voel dit aan my
Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC