Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Blompen ; dompen

My pen lè los in my hand ,
Bibberend soos 'n straatkind in die kou;
Net so blinkoog - net so hol,
Vol drome wat in die agterkop brou

Maar die ink loop hortend oor die blou
Treinspore, mompelend soos 'n man
Wat die vreemde dialek van opgee praat
En sy laaste vloek op die hemel inspan

*** sku sluip die musa in die skemerson
Waar net echoes van haar in die droewige letters lê
En die gebeendere van hol woorde waai met die wind
Tot waar sal net die uitgedroogde môre kan sê?

My pen is nietigvaal teen die goudskrif teen die muur
En hunker uit desperaatheid na 'n siggaret
, want die ander het vere en woorde wat vlieg...
*** skep ek 'n wereld met die dors pen wat ek het?

My môre lyk puntloos en onvoltooid.
My gemoed knak en splinter oor die papier.
Die ink loop meer kunstig onder fisika
As die hand van die skrywer, Die verlepte Angelier
Siska Gregory Jul 2017
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik tuis;
Tuis soos in n vreemde wereld wat juis net vir my gemaak is.
Die outydse geboue wat vertel van jare terug, die noue strate wat ver af le amper verby more, die klasieke fietse met klokkies wat "trieng" in die verby gaan na ander plekke, ook die french brode wat jou vertel van vandag en die krag van twee hande wat gebruik is om die smaak in jou gedagtes te laat verdwaal, om n storie te vertel.
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik bly;
Bly soos n kind wat haarself bevind in n lewe vol nuwe dinge, vol nuwe betekenisse soos n nuwe paar oe wat oop gaan om te sien en dan te verstaan.
Maar die lewe gaan aan met n lank terug en n more wat kom of n vandag wat verby gly na n elke dag;
Wat my vertel van n lewe van geluk en plesier om te geniet vandag, elke dag.
2016/07/17

— The End —