Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"vlieg" poems
In die asemdroogtes van die nag Word ek gebombardeer deur die warrelwinde van my ongesproke woorde Wat ten laaste my hart van dolomiet versag Skrapnel vlieg rond in die inner ruimtes van my gesonder verstand In die geweldadige debat tussen die skynbare sinneloosheid van die Woord En die gevoel van jou hand in myne In geheim bou ek ń koningryk van lugkastele Waarin jou beeld in elke kamer pronk. Maar selfs díe verdwyn in die wasige misgordyn van dade Waarvoor ek self nog swyg Ten slotte: Ek smag na jou... -kammeraaddkap
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:09 PM UTC
Geweërde liefde
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer als wat goed is in die lewe; saam met die suur melk uitgemoer al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas , ek hunker na n glasie brandewyn om die herrinneringe mee weg te was. Want Vader al val 'n duisend aan my sy en tien duisend hier langs my vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby. Ek is moeg vir alleen wees moeg vir bang wees vir koue voete koue hande en 'n hart wat altyd koud sal wees. waars die liefde en genade waarvan ons in ****** en die Bybel lees. Waars my stukkie hemel. Waars my engelkoor. Is dit ook tussen my suur melk... of het ek dit deur bottervingers verloor?
0
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:46 PM UTC
Noem my bottervingers.
Sprei jou vlerke My struikel-kind , want die berge se rante Steek skerp teen die wind Vlug vir jou onskuld Vlug na die son Vlieg weg van Gamora ontsnap van ***** Vlieg ver oor die wolke My struikel-kind Daars ń storm wat broei , maar hou jouself blind Want sere en blase Word gou-gou weer heel Maar geen pleister plak toe Die letsel van *** Honger hande neig Om jou kinderlikke onskuld van jou af weg te steel... Sprei oop jou vlerke My struikel-kind Want die berge se kranse Hang laag in die wind Kruip weg vir die hande Wat jou wil verslind En keer terug na jou kinderdae Om jouself weer te vind... Liefde... Van ń kaalvoet-kind
0
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:33 PM UTC
kaalvoetkind
Blompen ; dompen My pen lè los in my hand , Bibberend soos 'n straatkind in die kou; Net so blinkoog - net so hol, Vol drome wat in die agterkop brou Maar die ink loop hortend oor die blou Treinspore, mompelend soos 'n man Wat die vreemde dialek van opgee praat En sy laaste vloek op die hemel inspan *** sku sluip die musa in die skemerson Waar net echoes van haar in die droewige letters lê En die gebeendere van hol woorde waai met die wind Tot waar sal net die uitgedroogde môre kan sê? My pen is nietigvaal teen die goudskrif teen die muur En hunker uit desperaatheid na 'n siggaret , want die ander het vere en woorde wat vlieg... *** skep ek 'n wereld met die dors pen wat ek het? My môre lyk puntloos en onvoltooid. My gemoed knak en splinter oor die papier. Die ink loop meer kunstig onder fisika As die hand van die skrywer, Die verlepte Angelier
0
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:41 AM UTC
Blompen ; dompen
In die asemdroogtes van die nag Word ek gebombardeer deur die warrelwinde van my ongesproke woorde Wat ten laaste my hart van dolomiet versag Skrapnel vlieg rond in die inner ruimtes van my gesonder verstand In die geweldadige debat tussen die skynbare sinneloosheid van die Woord En die gevoel van jou hand in myne In geheim bou ek ń koningryk van lugkastele Waarin jou beeld in elke kamer pronk. Maar selfs díe verdwyn in die wasige misgordyn van dade Waarvoor ek self nog swyg Ten slotte: Ek smag na jou... -kammeraaddkap
0
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:58 PM UTC
ongegronde lugkastele
Hipnotiseer die liggies jou, As die reuk van karnivaal kos jou in gekarameliseerde geluk toe vou ? Vlieg jy ook tydelik op die grootste ferris wiel? So vry soos ņ voël, Vleg deur die liggies en sterre Ontsnap weer jou kinder siel. Deel in die tyd van jou lewe, Saam jou vriende (En dalk ń bietjie bier). Welkom by die skou! Ons is bly jy's ook hier.
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:38 PM UTC
Welkom by die skou
Ek die lieplapper Fladder in die wind Soos ń herfs betaste blaar Wat in die dwarrelwinde Tolbos en die reels Van swaartekrag verag My kop is op ń blok gesit Soos die twee vir ń stywers Wat inner kompaste volg Na waar die hart mag lei Sterk oppad na iewers Maar word deur nikse En nerense verlydelik gefly My V formasie vervorm , vlieg vêr vooruit Tot waar ek sig verloor Van veilige jolheid. Ek verkoop my vryvlieg siel Aan die voëlwip en sy wag Onbewus van die somer Wat oor die waters op my wag. Ekt my siel verkoop aan Die winterson... Prysgegee, môre se geluk Die stofwolk op die Horison Môre trap jy oor my Windverstrooide oorblyfsels En neurie ń afskeidslied In jou binnenste. Jy koester dalk ń traan Of twee. Vir die gees van ń herfsblaar lieplapper Wat in selfverwyt besterwe
0
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:09 PM UTC
Lieplappers in die herfs
Suutjies Daagliks die vrees om die tak te los Kyk op Arm man se baadjie moedig aan Vlerke al stompelend Maar skitter soos die maan ophys Soos die lewe Wie is jou son en laat jy die donker skitter?
0
Aug 26, 2017
Aug 26, 2017 at 6:22 AM UTC
Vlieg
Onder onze vleugels, ik neem je mee naar huis zachte schokjes aan de teugels, maar altijd welkom thuis. Ik ruim jouw rommel op, roep regelmatig stop, toch kan ik niet zonder, mijn lieve levenswonder. Door je eigen vleugels gedragen vlieg je door mijn levensboek. Ik durf het zelf haast niet te vragen, wanneer kom je nog eens op bezoek?
0
Dec 20, 2018
Dec 20, 2018 at 2:06 PM UTC
Project