"vlees" poems
Daar was g'n tyd vir bybelversies nie
, want die brood van lewe was te duur
En wie wil nou regtig wag om ring
As die manne vir jou hoogliedere sing.
Aan die begin was daar niks nie
Maar hyt gepraat met sy hande
En toe was daar lig en oh die gode
Dit was goed! Dit was goed!
Maar hy was aleen in n wereld met als
En almal was sonder naam
, toe hy sy laaste een gee en ek
Deur bloed en been vir hom geskep is.
Dit was goed, dit was goed
En ek huil snot en trane van seer
Maar die appel proe soet
Of jy hom in die hemel of die hel hap...
Jy is die fontein van lewe,
Ek drink van jou en raak dors
Vir meer as net een aand van sterrevolg.
Mag ek dronk raak op jou wyn?
Of is jy my een reeds voor!?
En ek kan.nie kerk toe hol nie
En die Bybel vloek my skel
Want jou lyf voel soos die Hemel
Maar Hy se jy is die Hel.
Mag ek langs jou bed op kniee neersak
En jou hand in myne neem??
Kom ons raak besope...
Genoeg om liefdesliede
vir mekaar te kreun.
More bid ons om vergifnis
En vergeet wat sonde is
Tot die vlees te veel begeer
En die lewenslig so bietjie blus.
Dit is *** die liefde werk,
Dis my lewe dié
Die struikelblok wat my versmoor
Van n vel religie.
Feb 15, 2015
Feb 15, 2015 at 5:50 PM UTC
ek is deurskykend, transparant, deurmekaar
opsoek na my vrede, my mensweesm my wees
ek voel so secondhand, so op gebruik, so klaar
bid vir verlossing, a trade in vir n nuwe vlees, nuwe gees, beter wees
my oe hoop op vol trane on gehuil
ek slaan lelike kolle uit in my sogenoemde persoonlikheid
maar dis alles ek, ek wat my vervuil
ek wat my eenkant hou, ek wat my uit smyt
ek wat ja se al wil als binne my nee skree
ek wat bly staan terwyl ek moes weg hardloop
ek wat myself wou uitvee
ek wat myself vir cheap thrills verkoop
maar hirdie ek is te oud om te kniel
hierdie ek word te oud om te glo
so ek staan waar ek staan en verniel
en ek bly staan sonder n tree en verloor
kyk dis ek wat hier staan, te sad om te bid
te seer om te huil, versteen deur my toedoen
daar is geen hande vat en aansit
maar ek dra dit met n smile want dis my skoen
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 11:42 PM UTC
ek kyk vir die girl in die spieel en wonder of sy weet
*** hard ek probeer om haar te help vergeet
ek se vir haar ek hou van *** sy lag
en *** hoog sy mense wat dit nie verdien nie, ag
sy sug en trek haar skouers op en af
"die lewe is te kort om almal te straf"
se sy terwyl stadig wegkyk
en nog n stukkie van haarself weg smyt
ek fluister sag "as jy so aanhou gaan daar niks oor wees"
antwoord sy " ons is niks meer as vlees en gees
wanneer more kom, beteken vandag nie veel
als verander en tog niks want die son bly geel"
nikseegende donker oe kyk terug na my
ek is bevrees die girl gaan leeg bly
Jul 8, 2015
Jul 8, 2015 at 12:10 AM UTC
Ek was die Suid Weste wind
wat jou wintermaande bring
, jou skimme van diepsee inwaai
om jou land ontsuimig te laat.
Ek was die ysige hand
wat jou sagte vlees knyp
en nakend onder my sagte streling
laat vries in die kou en sy ryp.
Die onaardse storm van skadu's
wat sonder ophou jou
uit jou midnag sliuimer ruk
as ek soos n besetene
in die vroegoggend aan jou deur kom pluk.
Watter vors sou jy, ag
tsja ~ so nietig
teen my kon inrig
*** sou jy kon staan
as ek my volle wendings op jou rig?
*** naief was ek om teen
jou te hammer en myself
keur op keur teen jou vas te gooi
, waar jy onomwonde staan.
Jy ~ vind ek ook toe uit~
die tafelberg van my ou bestaan.
Aug 19, 2014
Aug 19, 2014 at 11:08 AM UTC
Daar was n onheilspellende tog
naderende wuif in jou menswees
dit het my getrek tot by jou gees
Ongelukkig het my aanvanklike slegte humorsin
Jou nie genoeg bemin
nie
Daar was iets in jou
Iets misterieus
Iets dieper as vlees
Dieper as die horison
In die oorsprong van die son
Het jy my hart gevind
Aug 9, 2017
Aug 9, 2017 at 3:03 PM UTC
Bo op 'n berg
Met my bobbejaan gedagtes wat terg
Die eggo van my mania skree terug
Wat soek jy hier?
Ek drink uit die rivier
Ek sink my oë in die rooi son
Ek **** alweer
Die donker wolke
Die reën wat kom
Ek laat my gedagtes so dans
Plek tot plek
Gras van Kees
En mens en vlees
Sny deur my
Woede en naaktheid
Die lag van 'n sekere malheid
En die sagtheid van jou moeder ken
En dan meer bring ek twee
Van my na die tafel in 'n oop gesprek
Met my leemtes en my onbeheerbare
Soeke na wat ek herken binne my donker gate
Ek dwaal verlate
In riviere van die samelewing
Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn
In die strate van spoed en bloed
Die woorde uit die bek van die dier
Die ongetemde kwaad van primate
Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles
Tot hy verval en wegkwyn
Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre
Waarheid en verlossing
Waar vind ek die antwoord vir alles?
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
Vrees my duidelikste chom
X kni my lewe indink sonder vrees
So deel van my vlees en been
My motivering vi als
Gooi vure dood
Kry ni kans om te beplan
My heiland
My rots
**** my asb
Die vrees verteer my
Soos acid
Die pyn verskeer
My geloof hou
X weet net u kan my help n ****
Oct 25, 2017
Oct 25, 2017 at 3:14 AM UTC
Ik zie ze vallen, de vogels zijn bevroren.
*** kan een vorst zo snel bevriezen?
Vliegen naar de vrijheid richting verder.
Maar het noorden is koud en het zuiden verwoest.
Oost of west, thuis, draag ik een vest.
De kachel verliet mij. Waarom verliet hij mij?
Een heuvel probeert zijn piek te bevochtigen,
Maar niemand staat daar, dus hij blijft droog.
Alles rolt naar beneden, een diep en duister gat.
Wanneer krijg ik een reden? Mijn kin is nat.
Ik vraag mij af wanneer dooi zal wederkeren.
Ik vraag mij af wie er moet leren.
Zijn zij dood en leef ik voort?
Of is dit zoals het hoort?
Kleurenblind, dat ben ik, maar jij bent doof.
Jouw oren werken, graver des kloof.
Wil jij niet luisteren? Ben jij bang?
Laat mij jou koesteren met mijn gezang.
Jouw wonden, lik ze niet zo hard.
Voel je pijn, spreidt het vlees apart.
Ik ben daar, ik **** je kreet.
Jouw vervloeking, toch, ik grijp je beet.
Ooit op een dag, in verre tijd.
Mijn hart beantwoord; jouw spijt.
Open je ogen en druppel met mij mee
Vergiffenis en liefde, ons bootje op zee.
Mar 7, 2019
Mar 7, 2019 at 5:19 PM UTC
deur elke donker diepte
en oomblikke waar my kniëe wil vou
kan ek omdraai en weet:
ek het vir jou
my sonnestraal as die lig min raak
'n omgee hart en oog
wat altyd oor my waak
liefde was vir my onbekend,
deur die verlede geskend
maar elke oomblik saam jou
wys jy is my beter helfte
jy bring die mooi in my uit
en wys my *** pragtig ek is
ek het dit nooit aanvaar nie
maar dit kom met tyd
ek kyk na jou oë en weet
die wêreld kan maar van my vergeet
want in jou oë
sien my toekoms
ek sien my my geluk,
my swaarkry
ek sien my huis;
daar waar ek vir altyd wil bly.
woorde sal nooit genoeg wees
maar ek weet dit met siel en vlees -
my liefde vir jou oorskry
enige wetenskaplike reëls
of biologiese reaksies
vir nou,
vir jou,
vir altyd.
May 9, 2023
May 9, 2023 at 11:42 AM UTC