"vingers" poems
En soms in die vroee oggend ure **** ek steeds jou stem...
wanneer ek sukkel om te slaap,
maar my lyf deuretrek is van moegheid
, voel ek nog jou sagte aanraking.
Dan ***** jy by my soos die neurie van 'n lang vergete wiegelied in die agterkop,
of
die weergalming van ons gegillende stemme deur die lang gange van die lewe...
dis dan wanneer die hartseer my tref.
Dit vul die l e e m t e s wat gelaat is deur die s p a s i e s waar jou vingers altyd so
perfek
In myne gepas het,
in die dooie gevoel,
oor al die plekke waar net jou aanraking
soms
genoeg was om elektrisiteit op te wek
wat my nog vir weke speelvol geprikkel het.
Dan vorm dit saam in die [kamers] van my hart,
waar jou n.a.a.m,
jou < liefde 3
en jou ~legende*
vir altyd sal bly
... en stroom deur die vensters van my siel...
sodat ek weer 'n gesonde uitkyk op die lewe kan he.
Soos 'n magtige rivier
loop dit by al die voue af,
maar altyd met grasie...
en ek huil
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 6:42 PM UTC
Dit is die trane wat niemand sien nie
Die seer wat niemand voel nie
Dit is die koue gevoel in jou hart
wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag
Dit is die eensaamheid op naweke
Die stilte wanneer jy skree
Dit is die afwesigheid van n warm hand
Die oorblyfsels van n gebroke sielsband
Dit is die spasies tussen jou vingers
Elkeen n herinnering van n tekortkoming
Dit is die koue winters alleen
Die somers spandeer onder skaduwee
Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies
Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies
Dit is al die gebroke beloftes
Die "liefde met voorwaardes"
Dit is die idee van *** alles moet wees
Wat keer dat jy gelukkig is
Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag
Om jou te herinner van jou seer se mag
Dit is die donker aande sonder sterre
Jou dood stille foon op die moeilikste tye
Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde
Die "gaan nie eers probeer" nie's
Omdat jy voel niemand sien jou raak
En skielik is gelukkig wees, n verbode taak
Maar dit is die leemte in my hart
Die swaarte krag van al die vrae
Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart"
Wat die hartste praat
Dit is die gewoonte om te voel jy misluk
Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
**** jy die **** van yster-gordyn wat val en die aarde omhels ten laaste sy afwaartse versnelling.
Dit maak seer mamma...
Gewere word neergelê as ń universiële teken van hoop en vrede , maar verlang na ń lid van die geledere.
Dit maak seer mamma...
Ons was almal naïef; in ons drome was daar plek vir twee,
Ń eindelose see waar ons kon wegvaar van die ontbindinde spoke van gister, waar ons ons hande in soutwater-poele kon was iewers langs die kus van versoening...
Dit maak seer...
Niemand sou kon raai dat die jare se snellertrek en loopgraaf grawwe jou eens sagte vel kon magnetiseer nie... *** kon ek voorsien dat jy ń bietjie van die geweld gaan steel het om vir jouself te hou nie. *** sou ek weet dat jou vingers jeuk sonder die dooie staal wat dit streel nie...
Een skoot
Twee skote
Drie skote
Ń eenman vuurpelaton reën op my neer en dring deur my ope arms...
Jy het nog altyd ń plek in my hart gehad, maar nou het jy dit beset met lood en alle onskuld uitgerook met brandende kruit...
Dit maak seer...
Dele van jou hang nog swaar op al die plekke wat saakmaak en seermaak en trek my af grond toe...
Eina...
Liefde ek het altyd geweet ons het mekaar se ruë gehad... ek hey net nie geweet jy was besig om ń rooi kruis vir jou fissier op myne te verf nie...
Dit maak seer mamma...
Koebaai
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:48 PM UTC
Liefde is:
om die langpad Kaap toe deur te dring met Afrikaans is Groot treffers omdat jy sien *** Pappa sy vingers teen die maat van die ritme tik.
Dis om te weet dat Mamma wel omgee al is sy soms te besig om na jou gunsteling gedigte te luister.
Dis om saam met Boeties rugby te speel al wil jou lyf al vir jare nie meer hardloop en rond gestamp word nie.
Liefde woon hier
Tussen die gee en kry,
Tussen die op offeringe,
Tussen ons almal.
Nov 28, 2018
Nov 28, 2018 at 2:05 PM UTC
Jy hou van die manier waarop sy jou naam troosvol uitgespreek het na 'n swaar dag wat jy gehad het.
Jy is lief vir *** sy jou bekommernis verlig met elke woord wat sy sê dat jy nie presies kan vind *** sy daarin slaag om dinge wat jy nie kan uitdruk nie, uit te druk.
Jy hou van *** haar teenwoordigheid jou op jou reënerige dae troos en warmte gee.
Jy hou van haar klappergeur wat in jou kar hang nadat sy saam jou iewers heen gery het.
Jy hou daarvan om die geluid van haar lag te **** wat die leegheid van jou wêreld vul, soos simfonie jou uit die leemte haal.
Jy is lief vir *** sy gedigte geskryf het wat jy altyd weggevoer het, *** hulle gewys het hoeveel sy jou liefgehad het.
Jy hou van die manier *** haar klein vingers met joune verbind is, *** dit jou laat voel het dat jy die is wêreld waarna sy draai.
Jy is lief vir *** hierdie woorde die helderheid van die sterre diffundeer en *** hulle in die konstellasies hierbo vervang.
Jy hou van die manier waarop sy haar lippe saggies die besonderhede van jou gesig spoor soos 'n veer wat sy tydelik in die golwe van die wind laat dryf.
Jy hou van die geluid van elke strook van die potlood wat sy gemaak het toe sy die kruiswoorde wat jy op jou tafel gelos het, opgelos het, en besef dat dit nooit reg was nie, maar om na haar te kyk, was 'n antwoord self.
Jy is lief vir *** sy alles vir jou gemaak het, so erg dat dit jou laat verdrink het.
Jy is lief vir die idee van liefde wat hierin gevorm word.
Feb 24, 2019
Feb 24, 2019 at 5:11 AM UTC
My vingers jeuk om iets te skryf
My hart bloei storms
Maar my vingers jeuk
My gemoed eb en vloei
Maar my vingers jeuk om iets te skryf
My siel hammer verwoed teen my ribbekas
En my vingers jeuk om te skryf
My pen hunker om te vloek
Die swart ink wil die wit vel breek en skree
My polse wil huil
My longe wil verteer
En my nek wil omhels word met n tou
Maar my vingers jeuk om te skryf
Ék kan nie díe jeuk krap nie.
Dít klou aan mý wese
En dít krap mý verstand
En ek bloei waansin
En ek wil skree vir die maan
En ek wil vloek tenoor die son.
My vingers jeuk on te skryf
En ek gee in tot die demoon
Wat honger na n stem.
Iewers sal my woorde weer
N lee papier vind...
En dan kan ek sy lastergille tem.
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:53 PM UTC
Tussen my gesteelde fotos
En bekoorde akoorde
Verstik ek aan twyfel
In my verlies aan woorde
Ń Oorverdowende stilte
In die kuberruim
,Die koperkoord kletskamers
En bakkiesblad boodskappe.
Trek op jou neus vir
Die new-age kakkerlakke.
Tik my vingers stompies
Op die gladde skerm
Rook in die aande as
My gemoedsbekakkings kerm
Oor die stilte op die foon...
Rukkings deur my lyf
My harts onwrikbare toorn
Ek **** aan jou
Ek droom van jou
Ek wens en hoop op jou
, maar self met die masker
Van moderne tegnologie;
**** jy ook
*** raas die stilte nou?
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:37 PM UTC
Stilgebore in afwagting op
'n môreson uit die legendes.
Die hoopswyg net voor aanvarding
, wanneer selfs vader tyd verboureerd bly staan.
Die onvoldoende doods-uur
Tussen die hap van n gifgoue appel
En die val van onskuld en skoonheid.
Die tingel in die vingers
van die Engel in swart,
nóg genoeg om te gryp
-Nóg genoeg om te los
, net genoeg om in die huiwer te dros
Dus dood wat geduldig
die venster bewasem.
Trek drogbeelde uit skadu's
Soos n laaste asem...
Dis nog hier, nog daar-
Nog vals, nog waar
En ons almal is n kat in n doos
- wandelend in beide lewe en dood
, want die verskeie dimensies
Is maar eintlik grensloos.
Die paradoks van einste bestaan
Word gekonsentreer in n tydstip
Van alles verstaan.
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 12:00 PM UTC
Als een zoeklicht, opgericht
Naar een hemel vol sterren
Kruist ze lichtstralen, verhalen
En schiet verder in de nacht
Voor één moment, onbekend
Voor de lege eenzaamheid
Dan weer eindeloos, zwart
Een knipperlichtrelatie
Met de glinsterende maan
Stralend middelpunt
Van de nacht die zij zelf
Slechts bliksemsnel verlichten mag
Zij, kortstondig als de dag
En voor de maan niet anders
Dan de sterren
Die hij lichtjaren eerder
Al doven zag
De afstand onoverbrugbaar
Tussen haar en het donkerste licht
Vindt ze zichzelf
In het laatste kwartier
Terug aan de kust
De enige plek waar zijn vingers haar beroeren
Waar zijn passie in de golven
Haar op haar knieën dwingt
Waar de zwarte eenzaamheid
Haar niet langer van hem scheidt
Daar waar de maan
Het tij steeds weer keert
Apr 20, 2015
Apr 20, 2015 at 5:40 PM UTC
My rowe lê al spore
Op my palms wat klou
Aan die yster wat my brand
Ń vlam
In die droewe kou
Ingehok, binne my eie land
Tralie hart staan ongeweer
Teen vloedwater emosie
Wat verbeeldingloos probeer
Om te rebuleer teen die seer
In my terugslag verval
My moed. Ek sal dit
Bymekaarskraap
vir ń Volgende keer.
En my vingers trek nog
Lyne en koppel my
Sondag-oggend sins
En versprei my laaste
Bietjie dignity in
Die zoo se trash bins
Terwyl ek nietig gan confess
-"Oh Father I have sinned"
Kom Jesus more weer om
My in my verlore toestand te
Kom vind....
Koop maar ń seisoenkaartjie
Vir versoening en vatsoene.
More sin ek weer.
Eks mos die duiwel se kind
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:07 PM UTC
Natuurlijk ben ik niet bang
Angst ken ik niet
Ik heb de grootte van de hoogste boom
Heb een huid als een pantser
Ben sterker dan twintig beren
Hier komt niemand doorheen
Behalve jij
Jij
Met je lichaam als flatgebouw
Vingers gemaakt van laserstralen
En de sterkte van een-en-twintig beren
Jij gloop naar binnen
En ik krijg je er niet uit
Oct 21, 2018
Oct 21, 2018 at 5:51 AM UTC
alles
wat ek nog ooit
wou gehad het
het klaar deur my
vingers gevloei
alles
waarvoor ek nog ooit
gevra het
is gekry
en voor gebloei
alles
wat ek nog ooit
gegee is
se waarde het aanhou
groei
al wat ek kan sê is
dankie
soos die lewe
deur my gloei
Mar 16, 2022
Mar 16, 2022 at 1:05 PM UTC
Duizelingwekkende pijn vertrekt vanuit mijn rug,
mijn ogen staan op barsten
zienderogen
zou ik het noodlot tarten,
had ik mezelf voorgelogen,
ik zou het allemaal wel oplossen
later
maar de leegte keerde steeds weer terug.
Mijn tanden knarsten,
vingers bogen,
het zwarte scherm speelde me te parten
levenloos en leeggezogen
wie kan mij verlossen
van al wat ik mezelf heb aange-
Daan.
Oct 14, 2017
Oct 14, 2017 at 9:32 PM UTC
Mijn handen weten niet wat te doen
Mijn lippen zijn onervaren
Mijn ogen weten niet waar kijken
En mijn hart heeft nog nooit geslagen
Mijn voeten hebben de jouwe nog niet verwarmd
Mijn rug heeft nog nooit jouw warmte gevoeld
Mijn armen kennen jouw gewicht nog niet
En mijn schouders hebben nog nooit jouw tranen opgevangen
Mijn vingers raakten nooit verstrengeld in jouw vingers
Mijn oren kennen je stem nog niet
Mijn lippen kwamen nog nooit zo dicht bij de jouwe
En mijn ogen zijn nog nooit zo verblind geweest
May 12, 2020
May 12, 2020 at 11:40 AM UTC
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom;
onverwags en alles omver gegooi,
maar op 'n goeie manier.
ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag,
my hare deurmekaar los,
en
pizza eet sonder om te huiwer.
daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my.
ek is só bang dié goeie tyding draai
en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het.
so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad.
wat rooibruin merke aan my vingers laat
wanneer die noodlot jou probeer steel.
sommer ogiesdraad,
dat dit nie regtig is nie.
maar dat my hart kan rustig raak.
vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen
en ek sal weet - jy is hier om te bly.
Feb 6, 2023
Feb 6, 2023 at 3:23 AM UTC