"verwonder" poems
ek is moeg
en ek will alles
uitspoeg
al die omkraplikheid
al die stres
al die frustrasie
ek wil rus
op eilande
van verwonder
sade saai
met vrede
i am tired
and i want to spit
everything out
all the discomfort
all the stress
all the frustration
i want to rest
on islands
of wonder
sow seeds
with peace
Nov 4, 2011
Nov 4, 2011 at 8:55 PM UTC
met nat oë en stem rasper-hees
sal sy my eers
met kaneel en gemmer genees
met swaar lyf en kop wat klop
salf sy my eers
met heuningwoorde gesond
en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei
bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei
met die seer wat nog so rou in haar talm
bid sy eers die onrus in my kalm
en ek weet saans ween en woed
onverbiddelike storms
in haar gemoed
en dan soggens uitgespoel en broos
is sy nooit te swak om haar kroos
eersmaal te troos
vir speelgrond wond of hart wat breek
terwyl daar dubbeltjies soveel dieper
in haar insteek
die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het
vir elke afvlerkkind
die lyntjies waar sy op die mooiste wyse
haarself met ander verbind
waar sy soveel ander se seer verberg
ten spyte van alles wat dit van haar verg
hier sit ek stil en verwonder my
aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC