"vertel" poems
Die waarheid
In die nag se doodse donker
is selfs die krieke stil
, maar saam met honde huil
-Bloedstollend- weerklink haar gil
Die waarheid breek die stilte
die buurt slaap onversteurd
sy knaag weg aan my siel
... los my stukkend en verskeurd
Teen haar aanval is ek magteloos
, met net die wapens van die gees,
mens kan haar nie oorwin nie
want waar jy nog moet beskerm -
was sy alreeds gewees
Sy laat haar droewe spore
in die kamers van jou hart
en met vlymskerp, rooi vingernaels
los sy letsels van die smart
Teenstander. Díe is sy nie-
retireer vir geen swaard, nóg gebede
haar verwoesting : jou eie toedoen
slegs spoke van jou verlede...
Tog , selfs in waarheid lê daar leuens
-versprei in dit wat sy voorspel
, want die einde van jou storie
is joune om te vertel
ja...
*** droewig okal haar verhaal
bly dit jóúne om te bepaal
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:54 PM UTC
Daar is n lieflike gevoel in die wind.
n Gevoel wat bind, n gevoel wat sink, sink diep in n mens se hart in.
Hy praat met n mens soos n boek, n bladsy wat vertel van die Goddelike wind...
So gaan die pad voor mens oop en raak gou vol hoop van goeie dinge wat voorle.
En so verlang mens dan na iemand, iemand ver, ver weg en seg in jou hart:
“Die lewe is soos die wind, die Goddelike wind wat verbind van een hart na n ander”.
Want die waai deur mens se hare, die gevoel van koel, maar warm teen mens se wange en die verwaai van gras op plaas paaie is wat ek noem die Goddelike wind, wat bind… van een hart na n ander. 2016/01/21
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:38 AM UTC
In die nag se doodse donker
is selfs die krieke stil
, maar saam met honde huil
-Bloedstollend- weerklink haar gil
Die waarheid breek die stilte
die buurt slaap onversteurd
sy knaag weg aan my siel
... los my stukkend en verskeurd
Teen haar aanval is ek magteloos
, met net die wapens van die gees,
mens kan haar nie oorwin nie
want waar jy nog moet beskerm -
was sy alreeds gewees
Sy laat haar droewe spore
in die kamers van jou hart
en met vlymskerp, rooi vingernaels
los sy letsels van die smart
Teenstander. Díe is sy nie-
retireer vir geen swaard, nóg gebede
haar verwoesting : jou eie toedoen
slegs spoke van jou verlede...
Tog , selfs in waarheid lê daar leuens
-versprei in dit wat sy voorspel
, want die einde van jou storie
is joune om te vertel
ja...
*** droewig okal haar verhaal
bly dit jóúne om te bepaal
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:16 PM UTC
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik tuis;
Tuis soos in n vreemde wereld wat juis net vir my gemaak is.
Die outydse geboue wat vertel van jare terug, die noue strate wat ver af le amper verby more, die klasieke fietse met klokkies wat "trieng" in die verby gaan na ander plekke, ook die french brode wat jou vertel van vandag en die krag van twee hande wat gebruik is om die smaak in jou gedagtes te laat verdwaal, om n storie te vertel.
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik bly;
Bly soos n kind wat haarself bevind in n lewe vol nuwe dinge, vol nuwe betekenisse soos n nuwe paar oe wat oop gaan om te sien en dan te verstaan.
Maar die lewe gaan aan met n lank terug en n more wat kom of n vandag wat verby gly na n elke dag;
Wat my vertel van n lewe van geluk en plesier om te geniet vandag, elke dag.
2016/07/17
Jul 3, 2017
Jul 3, 2017 at 1:39 AM UTC
Er zijn van die momenten waarop je wereld instort
De grond davert onder je voeten
De lucht wordt uit je longen gezogen
En het wordt zwart voor je ogen
Op die momenten besef je dat je alleen bent
in een wereld vol mensen,
dat iedereen vooruit gaat
terwijl jij vastzit
En met elke stap die je probeert te zetten,
vertel je jezelf dat je bent waar je moet zijn,
dat je daar thuishoort
Maar toch blijf je hopen
dat iemand voor je zal terugkeren,
je bij de hand neemt
en je vooruit trekt.
Maar elke dag zak je iets dieper in de grond
Tot je helemaal wordt opgeslokt
May 12, 2020
May 12, 2020 at 11:13 AM UTC
Jy moet daardie swart hond binne jou beveg
Voordat hy oorneem
Staan teen hom op en wys vir hom wie is baas
Maar hy kan so oordonderend blaf sê jy
Met tye maak hy jou eie stem stil
Hy lieg baie vir jou
Vertel jou dinge wat jy vrees
Hy speel op jou gevoelens
Hy ken jou swakhede
Hy byt waar dit die seerste maak
Maak stil daardie verdomde hond
Jy gee hom te veel kos
Hy teer op jou gedagtes
Hy's deel van jou
Jy wil ontsnap
Maar net waar jy gaan
Daar is hy ook
Soos 'n skaduwee wat volg
Jou enigste wapen is jou gedagtes
Di's al wat jy het om hom te oorwin
Verander jou gedagtes
Verander *** jy ****
Verander dit nou
26-Sept-2024
Sean Achilleos
Sep 26, 2024
Sep 26, 2024 at 5:23 AM UTC